My Howa .243, loop baie mooi met sy John Deere kolf op die baan, maar vir algemene jag en veldskiete is hy te swaar en sy voorgreep, hopeloos te wyd. Die rede vir die breë voorgreep was om stabilieteit te waarborg, aangesien die kolf uit soliede hout gemaak is.
Ek het hard na die GRS Beserk gekyk en sy prys was baie aanloklik. Ek het egter die Archangel kolf van "Promag" op 'n ander draad raak gesien en nes Martin begin navraag doen, maar niemand kon my sê wie die plaaslike agente is nie.
"The Shooting Guy's" het ook 'n foto vn 'n kliënt se geweer geplaas en ek het by hulle navraag gedoen.
Kurt het binne 'n half uur op my epos gereageer en beskikbaarheid en 'n prys bevestig.
Ek sou egter nog 'n bietjie moes spaar om die kolf en die vervoer koste uit Durban te bekostig.
Ek stap toe gister middag by Guns and Bows in Bellville in en daar staan wraggies 'n swart Archangel kolf teen dieselfde prys as wat Kurt my kwoteer het.(Jammer Kurt, ek het geswig
Teen R 8500 moes ek hom net vat.
Terug by die huis het ek die aksie uit die ou kolf gehaal en in die Archangel ingeglip. Hy pas asof hy ge-glasbed is.
Terugskop nok vas teen die kolf met die aksieskroewe se gate wat 100% oplyn. Vasgedraai soos per die ingeslote instrusies en afgesit baan toe.
Ek was maar bra skepties oor die uitvoubare tweepoot, maar het maar aangestoot. Dit vou onder die voorgreep in na agter en is effens veerbelaai. Met die ontsluiting daarvan, spring dit omtrent 10 mm uit en van daar swaai dit uit na voor. Dit sluit positief in die oop posisie en is nogal stewig met omtrent 2 grade se kantel wat toegelaat word na elke kant. Die tweepoot kan "gelaai" word deur in die kolf in te leun. Die onderkante van die pote is geruit en is nie met rubber bedek nie.
Die snellerbeul is in een stuk gegiet saam met die kolf en die skede vir die magesyn steek onder die kolf uit en is skuins na binne afgewerk.
Die ProMag, 10 skoot magesyn gaan maklik in en sluit positief. Ek het 10 rondtes gelaai en al tien het telkemale seepglad gevoer, alhoewel my 243 se kamer oorgesny is na 'n .243 Ackley. Die magesyn is self 'n briljante stukkie ontwerp. Dit is 'n dubbel-stapel magesyn met 'n tuit aan die bokant wat die boonste patroon senter en mooi oplyn met die kamer. Die magesyn is dus amper dieselfde lengte as ander 5 skoot magesyne!
Die magesyn val egter nie vry wanneer dit ontsluit word nie en moet fisies uitgetrek word. Die knip sit tussen die snellerbeuel en die magesyn, soos dit hoort en sal nie maklik aan iets vashaak nie.
Daar is een gat, voor op die punt en twee agter aan weerskante van die kolf, vir QD hegpunte om 'n draband te akommedeer.
Die wangstuk se hoogte is verstelbaar dmv. 'n draaiknop wat positief "haak". Die treklengte kan op dieselfde manier verstel word. Ek het die kolf binne minute opgestel om my te pas en die "amphidexteres" gans-nek greep sal vir sommiges effens skraal voel, maar die palm-swel vergoed daarvoor.
Ek is heel in my skik met die kolf en dit lyk vir my na beter waarde vir geld as van die ander opsies. Ek sal wel metter tyd die twee poot vervang met 'n Harris maar soos die meegaande foto toon, doen die uitvou model sy werk.
So lyk die eerste drie skote op 100m, na ek die teleskoop weer op korrel gekry het.
....en so lyk my HOWA met sy nuwe baadjie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170706/efa925aaf4deaff455946fc9f6d371e4.jpg
Amper vergeet ek.
Daar is 'n flap aan die onderkant van die greep wat as bêre plek vir Allen sleutels, 'n "Bore snake" of self 'n paar ekstra patrone kan dien.
Ek sal in die week nog foto's plaas.
