meer inligting oor dag roep

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
vossie
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Fri May 06, 2011 8:38 pm

meer inligting oor dag roep

Post by vossie »

more almal


ek is n melkboer so die aand jag en melk elke oggend put my nogal uit.dus hoekom ek asb meer duidelikheid oor dagroep wil he by enige iemand wat kan help.ek het al sukses met middag roep gehad maar wil meer oor oggend roepe leer.hier is n paar plekke wat ek nie met bakkie kan jag so sal my baie help om meer in dag te kan roep.vra wat ek het

1 in dag loop jy mos in daglig veld toe so dus maklik om beste plek uit te soek vir roep,hoe maak mens in oggend as dit nog donker is?
2 tot hoe ver van plek af kan jy met bakkie ry?
3 watse geluide gebruik jy?
4 roep mens net op 1 plek en pak dan maar op?
5 as jy min of meer weet waar jakkalse is moet jy so naby as moontlik ann hul gaan of moet jy hul eerder  probeer na jou toe roep?

jammer oor al die vrae maar ek glo ek sal al die antw kry en nog meer :)


groete en lekker jag
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: meer inligting oor dag roep

Post by Biker »

vossie wrote: more almal

1 in dag loop jy mos in daglig veld toe so dus maklik om beste plek uit te soek vir roep,hoe maak mens in oggend as dit nog donker is?
2 tot hoe ver van plek af kan jy met bakkie ry?
3 watse geluide gebruik jy?
4 roep mens net op 1 plek en pak dan maar op?
5 as jy min of meer weet waar jakkalse is moet jy so naby as moontlik ann hul gaan of moet jy hul eerder  probeer na jou toe roep
Vossie
Ek moes al heelwat skelm jakkalse in die dag skiet en sal probeer help met jou vrae
1 Jy merk jou roepplek met die gps  n paar dae voor die tyd en maak vir jou n skietbank met klippe of tyres so 3 weke voor jy gaan
2 Jou bakkie moet buite sig verkieslik wees en windaf vanwaar die jakkalse gaan inkom en in die oggend meot jy weet waar is hulle jaggebied en verwag hulle van daar af
3 As huule ver is kry hulle nader met n jakkalsroep en ek roep nooit langer as so 30 sek met n jakkalsroep nie en net eenkeer. Daarna met lang stiltes van min 15min gee so nou en dan enige nood kosklank of jong jakkals distress en wees baie wakker en let op want as jy weer sien dan staan hy daar
4Jou plek moet so na aan hul dagle area wees as moontlik en jy doen net een roep . As jy laat middag roep moet jy weer op hul looppad probeer roep so 1km van hul dagleplek af
5 In die oggend naby hul dagle plek en in middag ver genoeg weg dat hulle jou nie kan sien inloop nie en naby genoeg op hul roete dat hulle jou kan hoor

Vossie maak seker jy sit so dat jou kop of enige iets wat beweeg nie teen die lug  is nie maar dat daar plantegroei as agtergrond is en beweeg jou kop heeltyd stadig sover as wat jy kan sien
Hoop dit help bietjie
Groete Biker
Last edited by Biker on Sat May 14, 2011 3:04 pm, edited 1 time in total.
vossie
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Fri May 06, 2011 8:38 pm

Re: meer inligting oor dag roep

Post by vossie »

dankie biker ek gaan sommer nog in die week probeer

lekker dag
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: meer inligting oor dag roep

Post by basie »

Biker en die ander slim manne.

Ek het ook 'n paar vrae oor laatmiddag roep. 1. Tot hoe laat roep mens in die middag/aand? Moet ek voor donker al padgee?
                                                              2. Wat maak ek as die jakkalse begin praat nog voordat ek beginne roep het?
                                                              3. Watter spesifieke klanke gebruik jy asb.?
                                                              4. Dink jy mens kan aangaan met die bakkie en weer terug gaan daarnatoe as dit heel donker is?
Ek wil graag weet watter klanke om te gebruik, want ek was vanmiddag uit en voor ek nog kon roep toe begin hulle praat so +- 1.5 na 2 km van my af.
Ek moet net noem dit is jakkalse wat al deur baie manne se roepers kom. Ek het hulle nie eers weer gehoor nie en hulle het ook nie ingekom nie.
Help tog asb. want die jakkalse maak ernstig skade.  ??? >:( ???

Groete
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: meer inligting oor dag roep

Post by Biker »

basie wrote: Ek het ook 'n paar vrae oor laatmiddag roep. 1. Tot hoe laat roep mens in die middag/aand? Moet ek voor donker al padgee?
                                                              2. Wat maak ek as die jakkalse begin praat nog voordat ek beginne roep het?
                                                              3. Watter spesifieke klanke gebruik jy asb.?
                                                              4. Dink jy mens kan aangaan met die bakkie en weer terug gaan daarnatoe as dit heel donker

Groete
Basie
Basie
1. Die tyd van jaar is ek al 15.00hr op my plek. Ek speel my laaste klank sodat daar nog 30min lig oor is om in te skiet. Jy kan voor donker padgee. Het laas naweek n groot kat 16.45hr ingeroep en geskiet en was op my stand van 15.00 af.
2. As hulle praat omdat hulle jou gesien inkom het moenie roep nie. Maak seker jou roete is blinde grond -jy moet weet waar hulle bedags omtrent le.
3.Ek gebruik kort harde enkel jak roepe met 20min tussenposes en wissel af met vreemde klanke soos baby pig en ook n jakdistress.
4.Ek kan dink dat jy afgelaai kan word vroeg middag en dan sorg dat hulle jou nie sien loop nie. Jy kan maar jou roepplek so km van hulle kerngebied af maak en net soos met nagroep is staanplek baie belangrik.
As my middagroep onsuksesvol was sal ek eers klomp weke wag maar gelukkig kan jy gou weer n oggend roep probeer.

Basie verder is dit maar net son en wind en goeie konsentrasie wat sukses beteken. As jy wil kan jy urine of bloed gebruik om hulle in te kry. Hoop dit help want dit het al vir my gewerk. As hulle so skelm is en n roeper klank ken probeer  n fluitjie.
Groete by jou huis - Biker
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: meer inligting oor dag roep

Post by basie »

Dankie Biker.

Ek glo nie hulle het my gesien inkom nie, want ek het in 'n duik geloop tot daar en 'n rukkie gesit al voor hulle begin skree het. Amper heeltemal windop. Ek het so omtrent half vyf eers daar gekom, maar ek het heeltemal te laat eers daar geloop( moes ongelukkig flits gebruik toe al). Waar kry jy daai varkie geluid en is dit moontlik dat jy hom vir my kan stuur asb. duvenage@karoomail.co.za Die enkel jak roepe, is dit nou jakalleen en jakhuil of watter klanke gebruik jy?

Dankie vir jou hulp.
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: meer inligting oor dag roep

Post by Biker »

Basie
Ek gebriuk jakhuil of jakblaf of eerste deel van mooihuil. Jong ek het nie in die IT era groot geword nie so moenie my vra om vir jou n klank te stuur nie. Daardie varkie skreeu kom gewoonlik met foxpro saam , maar enige vreemde klank wat jy nie in die aand gebruik nie en wat lekker intresant klink sal innie dag kan werk. Hulle kom loer nogal na so iets en gooi sommer so bietjie kraai by.
Wees net wakker vir daai skimme
Groete
Post Reply