vossie wrote:
more almal
1 in dag loop jy mos in daglig veld toe so dus maklik om beste plek uit te soek vir roep,hoe maak mens in oggend as dit nog donker is?
2 tot hoe ver van plek af kan jy met bakkie ry?
3 watse geluide gebruik jy?
4 roep mens net op 1 plek en pak dan maar op?
5 as jy min of meer weet waar jakkalse is moet jy so naby as moontlik ann hul gaan of moet jy hul eerder probeer na jou toe roep
Vossie
Ek moes al heelwat skelm jakkalse in die dag skiet en sal probeer help met jou vrae
1 Jy merk jou roepplek met die gps n paar dae voor die tyd en maak vir jou n skietbank met klippe of tyres so 3 weke voor jy gaan
2 Jou bakkie moet buite sig verkieslik wees en windaf vanwaar die jakkalse gaan inkom en in die oggend meot jy weet waar is hulle jaggebied en verwag hulle van daar af
3 As huule ver is kry hulle nader met n jakkalsroep en ek roep nooit langer as so 30 sek met n jakkalsroep nie en net eenkeer. Daarna met lang stiltes van min 15min gee so nou en dan enige nood kosklank of jong jakkals distress en wees baie wakker en let op want as jy weer sien dan staan hy daar
4Jou plek moet so na aan hul dagle area wees as moontlik en jy doen net een roep . As jy laat middag roep moet jy weer op hul looppad probeer roep so 1km van hul dagleplek af
5 In die oggend naby hul dagle plek en in middag ver genoeg weg dat hulle jou nie kan sien inloop nie en naby genoeg op hul roete dat hulle jou kan hoor
Vossie maak seker jy sit so dat jou kop of enige iets wat beweeg nie teen die lug is nie maar dat daar plantegroei as agtergrond is en beweeg jou kop heeltyd stadig sover as wat jy kan sien
Hoop dit help bietjie
Groete Biker