Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hein22 wrote:Enige persoon wat sy scope beskikbaar stel wat binne daai twee kategorieë geplaas kan word sal op die lys gesit word. Jacques is die man om dalk te probeer reel vir so FFP rudolph, hy het mos 'n agentskap. Wat se jy Jacques?
Arnold, gaan jy ook hier wees vir die toets? As jy more begin ry sal jy betyds hier wees...
JacquesT (Stompe) wrote:Ok Manne die 2 datums is 18 Maart of 25 Maart te Delmas. Laat weet waste een pas julle die beste.
Jacques, ek stel voor die 25ste Maart. Gee ons darem genoeg tyd om die die toets mooi te beplan en al die scopes op die wenslysie te probeer reel. As almal wat huidiglik op die lys is wat scopes bring asb net kan bevestig dat dit reg is met hulle.
Hein22 wrote:Enige persoon wat sy scope beskikbaar stel wat binne daai twee kategorieë geplaas kan word sal op die lys gesit word. Jacques is die man om dalk te probeer reel vir so FFP rudolph, hy het mos 'n agentskap. Wat se jy Jacques?
Arnold, gaan jy ook hier wees vir die toets? As jy more begin ry sal jy betyds hier wees...
Ok. Ek het met stompe gereel. Ons gaan die datum vasmaak op die 18de - finaal. Dan kan ons nou die vx 3 bysit en kry ons sommer ook z6, razor, z8 en kahles by hoggernaut.
Dit is great. As iemand nou net vir ons 'n Lynx LX3 kan voorsien anders sal ons maar vir Michael by lynx moet nader en ook 'n scope bedel.
Van die manne het my gevra, verkieslik soek ons die scopes op gewere ouens want dan kan ons die tracking toets doen. Elke man gaan sy eie geweer skiet en gaan so 10 rondtes nodig hê. As die scope dan nou nie op 'n geweer is nie, maak nie saak nie, bring hom asb in elkgeval saam.
Ek hou van hierdie inisiatief. Ek het egter n versoek. Dalk is dit n derde kategorie of moet dit dalk by die tweede kategorie ingegooi word vir interessantheid.
Ek merk op dat daar scopes is met massiewe vergrotings bv 10-50 en dan word hierdie scopes in selfde sinne gebruik as bv "target" of "F-class" of "competition" ens, maar dat hierdie scopes goedkoper is as bv 'n 3-18 vergroting. Ek het die vraag al elders op die forum gevra, maar eks nog nie 100% tevrede dat ek dit reg verstaan nie. Ek gaan 3 name bygooi en hoop daars iemand wat so n scope kan ingooi in die pool vir evaluasie.
Hanieslim, As iemand so scope het is hulle welkom om hom te bring, ek sal hom op die lysie sit.
Ek sal in volgende week met so paar manne wat kom konfedereer en dan sal ons die toetse wat ons gaan doen op die dag en die klasse waarin die scopes gedeel gaan word hier kom beskryf.
Hein22
EK weet nie of die versoek al gevra is maar kan jy die gemiddelde ouderdom van die manne op daai dag se ouderdom opsit wat die scopes toets, sien dat almal se oë verskil met ouderdom.
Charles.308 wrote:Hein22
EK weet nie of die versoek al gevra is maar kan jy die gemiddelde ouderdom van die manne op daai dag se ouderdom opsit wat die scopes toets, sien dat almal se oë verskil met ouderdom.
Sien uit na resultate
30-40 jaar oud. Maar glo daar is genoeg mense watse oe almal verskil. Ek self dra bril. Maar met die diopter verstelling stel mens mos maar die scope dat hy vir jou oe werk.
Ek dink dit is n baie goeie toets van die teleskope en ek wens ek kon daar wees.
Wat dink julle om n oog toets kaart ook te gebruik op n sekere afstand. Druk die oog toets kaart op n A4 of A3 bladsy uit en kyk met watter teleskoop jy tot op watter lyn kan lees...
More almal ek wil net by julle hoor ek skiet Sightrons en Leupoldt VX3 scopes op my gewere ek het nou vir my n Hawke Sidwinder gekoop en ek moet se ek is heel verbaas met hom, wat dink julle van so een in die mix gooi hy is vir my baie duideliker as my en n vriend se VX3's ?
375 Ruger Howa
308 BSA Bisley
260 Tikka CTR
.22 BRNO
.223Norinco
12BR CBC
Glock27
.38sp
Michael van Lynx optics het goedgunstig ingestem om vir ons 'n LX3 met 'n stel 34mm warne ringe te leen om te gebruik vir die toets. Baie dankie Michael!
Last edited by Hein22 on Wed Mar 08, 2017 3:10 pm, edited 1 time in total.