22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post Reply
Danie Lombard .243

22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Danie Lombard .243 »

HOKAAI KOKAAI!!!  :o :o :o :o STOP die kruiwa..........

Voor jy verder lees, hierdie is NIE 'n konflik plasing nie....Slegs 'n lekker geselsie oor die volksmond name vir kalibers en manne wat so bietjie kop vryf. Ek wil graag van jul manne hoor of jul weet van die volkname, veral die ouer geslag, oupas en hul oupas, wat en hoe het hul- hul ketties genoem. Gee tog paar insette.

Ek luister altyd te lekker om te hoor hoe die manne hul gewere se name en kalibers uitspreek, en daar is geensins niks fout daarmee nie. Jy kan mos jou goed noem wat jy wil, nie waar? En bietjie jou mede skut se effe vryf deur sy roer te noem, 24niks, 30nul kwes,30gat, kruppel twee 50 ens.

Jare terug, as kind toe ek begin belangstel in jag, gewere en al die lekker dinge wat met skiet gepaard gaan het ek gehoor van die grooter oompies praat van hul 222 50 gunne. Wat te duiwel was dit? Ek mysef het nog nooit van so 'n ding gehoor nie. Op daardie stadium was my kennis beperk tot .270  .303  .22 en 12boor haelspuit. Ek het later eers besef daar is meer kalibers. As kind het dit my vreeslik gefasineer die klomp kalibers. Al die nommers en wat dit beteken, en nog die klomp agtervoegsels ook. Op 'n dag sien ek 'n pakkie PMP patrone en daarop staan 22-250 Rem. Onmidelik was ek nuuskierig maar ook deurmakaar. "Oom, hier staan twee en twintig,streepie tweehonderd en vyftig rem. Wat beteken dit?" Al wat die oom gese het is dis sy koele vir sy "trippel twee vyftig". In my stilligheid het ek vir myself gese, oo nee, of die oom kan nie lees nie, of die oom maak of ek 'n aap is, of hy jok vir my.Dom en stupid. 'n Kind wil mos weet. So, vir jare wou ek weet. Vandag weet ek goed, en oom, jy het vir my nie twak nie maar bollie vertel.

VIR DIE WAT WEET VAN DIE ONSTAAN VAN DIE 22-250 REM, SKIP DIE GEDEELTE, VIR AL DIE ANDER, LEES SAAM EN GENIET.

Ek het my ammo en billistics boek vir 'n vriend geleen, dus gaan ek nie nou die geboorte datum van die 22-250 Rem gee nie, was ook te ly om dit te google en op te soek. Dit is al 'n redelike ou kaliber. Remington het 'n behoefte gehad om 'n .224 varminter kaliber te ontwikkel wat 40 tot 65gr punte lekker vinnig kon skiet.Ja, daar is nou meer gewigte beskikbaar. Hul moes dus 'n dop ontwikkel wat die toepaslike druk vlakke het om die .224 puntjie lekker vinnig te stoot.In die omgewing van 3800ft/sek. Nou wie wil 'n wiel uitdink as die wiel reeds bestaan. Hul loer toe na ander fabrikate se doppe en sien dat Savage arms 'n oulike kaliber nl. die 250 Savage besit. Dit was daai dae se 25-06. Het 'n .25 kal punt gegooi teen 3000ft/sek. In daai dae was dit 'n hot gun. Remington vat toe Savage se dop, die 250 Savage dop en nek hom af na .224 by die nek. Siedaar, nou is daar 'n 22 punt in 'n 250 dop wat geleen is by Savage en die ouens wat die trouery gedoen het was Remington. Dus sy naam, die 22-250 Remington.

DIE OU MANNE EN HUL GUNNE.

Vriend van my,oom Bertie,hy is nou 84 jaar oud.Sy pa en oupa was olifant jagters in Angola. Hul roere was 'n Lee Metford .303,(party ou mense het die Enfields ook Lee Metfords genoem) en 'n 8X57 muaser. Die ou oom het die 8X57 sy maaser genoem. Vandag wil die ouens olifante met kannone skiet. Ander omie wat oom Bertie my van vertel het, het naby die Etosha, blykbaar bure met Etosha, met bees geboer. Gereeld het van die leeus uit gekom en geplunder onder sy bees.Sy kettie wat 'n 9,3X62 mauser.Klomp leeus met die roer geskiet. Het altyd nader geloop waar die kat of katte vreet sodat een hom moet half storm,vir die sports het hy gese, en dan gamaklik gese" Uh, die katjie is kwaai vandag ne." Hy het slegs RWS ammo gebruik, want soos hy gese het,RWS weier nooit, en op 'n dag het die RWS se primer nie gevonk nie en die leeu het die oom verskeer. Morsdood, RWS en al.Hy het sy kettie sy nege drie genoem 
Ander omie is duitswes het sy,hoop ek tik dit reg,manlicher? sy maan ligter genoem.
My eie oupa het van sy .303 gepraat as sy Lee Metford, en so het sy seun en almal die ding genoem. Ja, dit was ook maar 'n Lee Enfield.
Sien nou die dag in twee SA Jagters tydsktifte dat daar artikels was, een maand oor die .375 H&H en die volgende maand een oor die 9,3X62. Die manne gaan mekaar seker nog vat, sa vat hom, oor watter een nou eintlik die beste is. En wat van Land Rover vs Land Cruiser?  Dit is seker goed en normaal dat volwasse mans mekaar se kragte meet oor wie sin nou eintlik beter is. Ramme, bulle, reun honde, ag alle manlike spesies is mos kopstamperig en meet mekaar. Met die nuwe wette mag ons mekaar ook nie meer MOER nie. So, kom ons stry dan oor die goed wat ons na aan die hart le, en so bly ons gesonde normale mans. My ouma het altyd gese die manne kyk nou wie se (EK GAAN DIT SE) stink die meeste.

Manne en maninne. Doen so voort. Stamp kop en behou die gees van samehorigheid.
Laat weet tog van nog volksname vir skiet geod en gunne, asook gebeurlikhede wat verband hou met skiet goed.
Sal jul volgende keer vertel van 'n volstruis, 'n highway en 'n 357 rewolwer

Ek lees graag jul reply's
Groetnis ;)
Danie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by JACQUES BOTHA »

DAAN TIK
SOOS JY AGTERKOM HET AL DIE 243 MANNE N VREESAANJAENDE ANGSTIGEHEID OOR DIE BONZAI 243 WAT HULLE BROEKE LAAT BEWE EN SOOS JY WEET IS MY GROOT KALIBER N BONZAI 243 EN MY KLEIN KALIBER OOK N BONZAI 243.
SO DAAR BESTAAN NAME IN DIE VOLKSMOND EN DAN IS DAAR NAME IN DIE FORUMSMOND....BONZAI 243 EN MOET NIE DIE UGLY FISASIES  JAMMER SIR DIE ACKLEY 'S VERGEET NIE..EK WEET NIE WIE IS SKULDIG AAN DIE WALGWOORD UGLY VIR N ACKLEY NIE  MAAR DIT GLIP AL SOMS IN MY WOORDESKAT IN, MAAR DIS NIE ASPRIS NIE DIS OORLAT EK NIE KAN TIK NIE... EK HET MOS SO BONZAI DISLEKSIE AAN MY WAT EK SUKKEL OM AF TE SKUD....MAAR EK TRY OM DIT AF TE SKUD EN SO BIETJIE GEWIG OOK  JAA.......
DAnie die belangstellling na die jaareindskiet is tot nou toe net wieliewapper wat gese het hy sal kom.
Dit is soos die Bloemfontein jakkals jagters behalwe 2 het nog nie een gebel van die stad vir hulle stickers nie, maar van buite is daat al tientalle oproepe gewees en stickers wat ek moet aflewer en pos....So is die oorgrote meerderheid van ons bloemfontein se jakkals jagters,,,hulle het n vrees om op papier jakkals te skiet van hulle eie toerusting af voor mense -- ek dink daat kleef n kompetisie stigma aan papier teikens en hulle kyk die  saam gesels en saam skiet dis sosiale aspek en die saamwees  heeltemal mis of dit word oorskadu deur die sku-heid vir voor ander jagters skiet...of hulle het net bloot eenvoudig net nie die tyd nie. Of daar is dalk ander voor die hand liggende redes wat ek mis kyk. Self by die vrystaat jagters vereeniging en ek hoor self by bloemfontein tak sa jagters is daar n gevoel dat die belangstelling aan skiet oefening en saamskiet in klubverband nie goed ondersteun word nie.  Ek verneem darem die soutpan manne stel meer belang in die saamskiet as die outjies hier in bloem....
Vra bv vir terminator hoeveel daag op by n takskiet in bloem bv.. As net 10% vand ie lede hoeveel tyd en effort sit die manne in wat so iets reel sal hulle ook moeite doen om op te daag.
Nou moet ek ophou tik, ander word ek tik daan se tik vriend jacques..
groetnis
Seenwense
geluk vorspoed
en die wat  ry
MOOI RY --KOM VEILIG TERUG
EKKE

 
Shoot straight and tell the truth!
Danie Lombard .243

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Danie Lombard .243 »

Hi ou Jacques en al die manne.

Die beplande skiet wat jul wil aandied klink sommer great.

Kom manne kom. Niks om oor skaam te wees nie. Ons gaan nie kyk hoe lyk jul ROERE nie, net kyk hoe die goed skiet. En dit alles gaan oor die lekker gees van die skiet. Ek het so geniet om nou die dag te lees van die lid, kan nie sy naam onthou nie wat 'n behoefte het aan 'n mede jag skiet maat daar in sy wereld. Mooi man. Staan saam en skiet saam en help mekaar. GOOD STUFF, ZEER GOOD JA!
Wie worry nou eintlik oor die eerste plek. Mag die beste man met sy roer wen. En as jy wil wen en bang is jy kom dalk 2de, 5de of laaste, so what. En jy, ja jy, jy wat altyd wen of wil wen,( ;D LAG LAG, ;) ek het nie 'n idee wie's jy nie, grap sommer net) en dalk nie wen nie, maak gebruik van die neederlaag en verbeter. En ons gaan beslils nie skiet tot jy wen nie.
Dink net hoe boaring gaan die PARRIS DAKAR (ons moet eenkeer hier die PARYS na DE AAR aanbied landie vs cruiser, en al die ander veld ry goed) wees as die manne ry tot die een wen wat hul besluit het moet wen. Gids, hul sal maande jaag, en ek, jy en ons het nie tyd vir sulke sports nie.
By die SA Jagters vereniging in die toegewyde jagters eksamen is daar 'n vraag wat lees, wat is 'n toegewyde jagter/toegewyde sportskut?  JA man ek weet dis 'n ou wat baie baie baie gunne wil he vrek sterk van die goed hou en erg woes jag ;D
JA dit is waar, maar entlik is dit 'n ware heer en 'n sportman wat konstant daarna streef om sy jag en skiet vernuf optimaal te verbeter en respek het vir God se skepping wat in ons hande geplaas is om te vertroetel, te bestuur en oordeelkundig te gebruik.

Nou ja manne, kom ons verbeter ons skiet vernuf optimaal en neem deel in die beplande skiet wat Jacques en sy span manne en vriende van die forum wil aanbied. En dan kan ons sommer loer hoe lyk almal, lekker blad skut en na afloop ons boeppensies vul met egte boere afrikaner traktasies soos jul weet wat. En al die ingelse is ook welkom. As dit nie vir jul ouens was wat gekom oorlog maak het teen onse boere nie sou ons steeds die dakke vol pampoene gepak het. Ek hoor jul ouens het vir ons boere kom wys hoe lyk spykers. :D
'n Regte boepensbende kuier besigheid. Al die manne, en bring jul vroue (STOWE) ook saam. Die anties gooi net so lekker soos die omies.

Jacques, laat waai met die reeling, ek dink die manne gaan dit geniet.

Ons manne wat egte vlekkies en papier vlekkies hier skiet in die omgewing, en ou wilie waps, sal graag wil deelneem aan die lood gooi besigheid.

Voorwaarts.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Foxcreek »

Daanman

So gepraat van ander volksname vir gunne. Ek het 'n ou maat wat sy 9 mm 'n haasboud noem. Hy het dit by sy oorlede oupa gehoor en praar nou nog so.

So gepraat vannie khakies wat hier kom skiet het, my oorlede oupa het ook as 'n jong seun in daai skiet kompetiese geskiet. Op 'n keer het hy en sy broers weg gejaag van die khakies na 'n slag naby Jagersfontein, en is sy oudste broer van agter innie hakskeen geskiet. Hy het kruppel geloop tot sy dood toe.

Die oupa van my het altyd gepraat van Engelse rieme. Ek was altyd nuuskierig oor die s?-ding en het hy my verduidelik, hulle het altyd os rieme gebruik om goed op die plaas vas te maak. Die khakies kom toe skiet kompetiese toe met bloudraad en daar doop die boerseuns die bloudraad "engelse rieme".

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Monrique (SJ) »

Manne is daar dalk nog n paar name wat in laaste tyd bygekom het waarvan julle weet.

Weet ook die manne praat van die .27niks!! ;D ;D

Groetnis
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Hein M. »

Die .22Lr gewere wat 'n "Saloen" genoem word is seker die bekendste.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Robert »

Wat van die naam Saloontjie vir 'n .22 enkelskoot

R
Oorwining deur opleiding
Johanswarts

Re: 22-250 Rem vs 222-50?? en ander volksname vir gunne en kalibers

Post by Johanswarts »

Danie, jy moet n blog begin, hou van jou skryf styl.

Soos jy se die wereld van LR vs LC gevegte, maar nog een waaroor ons pelle baie stry is tussen die 30-nul-kwes en die 3-nul-. Net omdat dit lekker is om bietjie te stry want ek is ewe lief vir albei kalibers.

Groete
Post Reply