Voor jy verder lees, hierdie is NIE 'n konflik plasing nie....Slegs 'n lekker geselsie oor die volksmond name vir kalibers en manne wat so bietjie kop vryf. Ek wil graag van jul manne hoor of jul weet van die volkname, veral die ouer geslag, oupas en hul oupas, wat en hoe het hul- hul ketties genoem. Gee tog paar insette.
Ek luister altyd te lekker om te hoor hoe die manne hul gewere se name en kalibers uitspreek, en daar is geensins niks fout daarmee nie. Jy kan mos jou goed noem wat jy wil, nie waar? En bietjie jou mede skut se effe vryf deur sy roer te noem, 24niks, 30nul kwes,30gat, kruppel twee 50 ens.
Jare terug, as kind toe ek begin belangstel in jag, gewere en al die lekker dinge wat met skiet gepaard gaan het ek gehoor van die grooter oompies praat van hul 222 50 gunne. Wat te duiwel was dit? Ek mysef het nog nooit van so 'n ding gehoor nie. Op daardie stadium was my kennis beperk tot .270 .303 .22 en 12boor haelspuit. Ek het later eers besef daar is meer kalibers. As kind het dit my vreeslik gefasineer die klomp kalibers. Al die nommers en wat dit beteken, en nog die klomp agtervoegsels ook. Op 'n dag sien ek 'n pakkie PMP patrone en daarop staan 22-250 Rem. Onmidelik was ek nuuskierig maar ook deurmakaar. "Oom, hier staan twee en twintig,streepie tweehonderd en vyftig rem. Wat beteken dit?" Al wat die oom gese het is dis sy koele vir sy "trippel twee vyftig". In my stilligheid het ek vir myself gese, oo nee, of die oom kan nie lees nie, of die oom maak of ek 'n aap is, of hy jok vir my.Dom en stupid. 'n Kind wil mos weet. So, vir jare wou ek weet. Vandag weet ek goed, en oom, jy het vir my nie twak nie maar bollie vertel.
VIR DIE WAT WEET VAN DIE ONSTAAN VAN DIE 22-250 REM, SKIP DIE GEDEELTE, VIR AL DIE ANDER, LEES SAAM EN GENIET.
Ek het my ammo en billistics boek vir 'n vriend geleen, dus gaan ek nie nou die geboorte datum van die 22-250 Rem gee nie, was ook te ly om dit te google en op te soek. Dit is al 'n redelike ou kaliber. Remington het 'n behoefte gehad om 'n .224 varminter kaliber te ontwikkel wat 40 tot 65gr punte lekker vinnig kon skiet.Ja, daar is nou meer gewigte beskikbaar. Hul moes dus 'n dop ontwikkel wat die toepaslike druk vlakke het om die .224 puntjie lekker vinnig te stoot.In die omgewing van 3800ft/sek. Nou wie wil 'n wiel uitdink as die wiel reeds bestaan. Hul loer toe na ander fabrikate se doppe en sien dat Savage arms 'n oulike kaliber nl. die 250 Savage besit. Dit was daai dae se 25-06. Het 'n .25 kal punt gegooi teen 3000ft/sek. In daai dae was dit 'n hot gun. Remington vat toe Savage se dop, die 250 Savage dop en nek hom af na .224 by die nek. Siedaar, nou is daar 'n 22 punt in 'n 250 dop wat geleen is by Savage en die ouens wat die trouery gedoen het was Remington. Dus sy naam, die 22-250 Remington.
DIE OU MANNE EN HUL GUNNE.
Vriend van my,oom Bertie,hy is nou 84 jaar oud.Sy pa en oupa was olifant jagters in Angola. Hul roere was 'n Lee Metford .303,(party ou mense het die Enfields ook Lee Metfords genoem) en 'n 8X57 muaser. Die ou oom het die 8X57 sy maaser genoem. Vandag wil die ouens olifante met kannone skiet. Ander omie wat oom Bertie my van vertel het, het naby die Etosha, blykbaar bure met Etosha, met bees geboer. Gereeld het van die leeus uit gekom en geplunder onder sy bees.Sy kettie wat 'n 9,3X62 mauser.Klomp leeus met die roer geskiet. Het altyd nader geloop waar die kat of katte vreet sodat een hom moet half storm,vir die sports het hy gese, en dan gamaklik gese" Uh, die katjie is kwaai vandag ne." Hy het slegs RWS ammo gebruik, want soos hy gese het,RWS weier nooit, en op 'n dag het die RWS se primer nie gevonk nie en die leeu het die oom verskeer. Morsdood, RWS en al.Hy het sy kettie sy nege drie genoem
Ander omie is duitswes het sy,hoop ek tik dit reg,manlicher? sy maan ligter genoem.
My eie oupa het van sy .303 gepraat as sy Lee Metford, en so het sy seun en almal die ding genoem. Ja, dit was ook maar 'n Lee Enfield.
Sien nou die dag in twee SA Jagters tydsktifte dat daar artikels was, een maand oor die .375 H&H en die volgende maand een oor die 9,3X62. Die manne gaan mekaar seker nog vat, sa vat hom, oor watter een nou eintlik die beste is. En wat van Land Rover vs Land Cruiser? Dit is seker goed en normaal dat volwasse mans mekaar se kragte meet oor wie sin nou eintlik beter is. Ramme, bulle, reun honde, ag alle manlike spesies is mos kopstamperig en meet mekaar. Met die nuwe wette mag ons mekaar ook nie meer MOER nie. So, kom ons stry dan oor die goed wat ons na aan die hart le, en so bly ons gesonde normale mans. My ouma het altyd gese die manne kyk nou wie se (EK GAAN DIT SE) stink die meeste.
Manne en maninne. Doen so voort. Stamp kop en behou die gees van samehorigheid.
Laat weet tog van nog volksname vir skiet geod en gunne, asook gebeurlikhede wat verband hou met skiet goed.
Sal jul volgende keer vertel van 'n volstruis, 'n highway en 'n 357 rewolwer
Ek lees graag jul reply's
Groetnis
Danie

