Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post Reply
Gerard

Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Gerard »

;D

Daar is baie ouvroustories en verkeerde konsepte rondom ballistiek, herlaai en vuurwapens.  Dit is waarskynlik omdat ons die goed wat gebeur meet teen die raamwerk wat ons ken en wat in "normale" tyd gebeur.  Met gewere werk ons met supersoniese snelhede en drukvlakke wat baie ver buite die normale raamwerk van ervaring is en, dit wat ons oor dekades aan gewoond geraak het, is dikwels doodeenvoudig nie waar nie. 

Baie vervaardigers het terme en konsepte gebruik wat verkeerd is om die ingewikkeldheid meer verstaanbaar gemaak te maak.  Daardie verkeerde opvattings het so ingeburger geword, dat die meeste mense wat met die goed werk nie eers probeer om die beginner te begin leer nie.  Dit is soos om vir iemand wat aan die Flat Earth Society (http://en.wikipedia.org/wiki/Flat_Earth_Society) behoort te vertel die aarde is rond.  Soos om vir GFSA te vertel vuurwapens in privaatbesit is 'n integrale deel van persoonlike veiligheid, wildbewaring en sport.

Byvoorbeeld:

Ons vergelyk vier kalibers. 

'n 30-06 met 'n loopspiraal van 1:10"
'n 264 Win Mag met 'n loopspiraal van 1:9"
'n 1969 Remington 700 243 met 'n loopspiraal van 1:9
'n pasmaak 243 met 'n loopspiraal van 1:8"

Die vrae: 
Watter geweer het die stadigste spiraal?
Watter geweer het die vinnigste spiraal?
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by 222 »

Kom ek try:

Stadigste 1:10 (is mos een draai in 10 duim)
Vinnigste 1:8  (is mos een draai in 8 duim)


Slaag/Dop
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by JACQUES BOTHA »

manne en maninne
Die stagiste is die 30-kwes  want hy gaan net 2 keer in die rondte draai voor hy by die loop uitgaan en dan gaan hy uit revolusies uithol voor hy by die teiken kom en dan slaat daai projektiel daai teiken plankdwars so verdubbel hy sy slaankrag oppervlakte per vierkante duim...en dis hoekom so baie ouens kwes met hom....of mis skeit daar maak ek weer n danie 243 foutjie skiet....
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek dink die strik gedeelte kom in met daai '69 Rem 243. Hulle het dalk die goed anders gemeet.
Jacques
SIES! ;D Daai is nou LASTER! ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Danie Lombard .243

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Danie Lombard .243 »

HE HE!  Mis skeit is vars moeiikheid (soos en ek JB dins aand) LOL! ;D

JB  Ek is gaande oor jou .30-0 kwes se ballistiese verduideliking.

Hier is my antwoord op die strikvraag

1 in 8 duim is die vinnigste
1 in 10 duim is die stadigste  t.o.v. die vraag.

1 in 14 duim is die stadigste wat ek van weet en 1 in 8 is die vinnigste wat ek van weet. Kry mens nog stadiger en nog vinniger?
Danie Lombard .243

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Danie Lombard .243 »

Jinne maters, Ek sien nie die strik in die vraag nie, of dalk is ek net weer lekker doffel??


Oom Gerard, hier is sekerlik 'n versteekte strik in die wip    of    'n versteekte wip in die strik?? So iets.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by 222 »

Al wat ek verskil kan sien en dit kan MESKIEN die strik wees is die volgende:

Remington 700 243 met 'n loopspiraal van 1:9 [glow=red,2,300]1/8[/glow]

1969 was 1:9

Meskien het Oom Gerard ons op 'n "wild goose chase" gesit ;D ;D ???
Last edited by MEERKAT on Thu Apr 28, 2011 3:20 pm, edited 1 time in total.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by 222 »

Danie .243

Hier is een wat ek raakgeloop het:

222 Remington - 1 in 16" . . . . . .J.C. Higgins 52, early Sako

458 Winchester Mag. - 1 in 16 1/2" . .Browning; Savage 116SE
Last edited by MEERKAT on Thu Apr 28, 2011 3:25 pm, edited 1 time in total.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Danie Lombard .243

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Danie Lombard .243 »

Liewe ouers 222 maar dit is 'n stadige groefdraai daai 1 in 16

Dankie vir jou terugvoer. Dit maak die skiet goed interesant.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by baboonstalker »

1/10 is die stadigste en 1/8 is die vinnigste, maar.....

as jy nou 'n strik in die vraag wil sit...
1/10 is vinnig vir 'n .30 en jy sal met gemak 'n "swaar vir kaliber" 210gr Berger VLD daarmee stabiliseer.
1/9 is nie besonders vinnig vir 'n 6.5mm nie en jy sal nie die swaar 6.5 koe?ls daarmee stabiliseer nie.
in 1969 sou 1/9 vinnig gewees het vir 'n 6mm kaliber omdat meeste manne net 100 of 105gr'ers gebruik het vir jag en +-80gr'ers vir varminting.
1/8 in 'n pasmaak 243... as jy jag is dit baie vinnig angesien meeste jag koe?ls hier by die 100-105gr draai en 1/10 of 1/9 voldoende sal wees. as jy wou jak skiet is hy hel vinnig, en as jy 115DTAC's wou skiet is hy te stadig en moet jy maar liewer 1/7.5 gegaan het

dit is maar relatief en hang af van wat jy wil bereik met die geweer!
Gerard

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Gerard »

Ons slaag of dop nie hier nie.  In die nuwe stelsel van ons land is ons net "not yet qualified".  Ek is egter nie seker oor die mis "skeit" nie.  Dit klink vir my morsig.

222, die '69 Remington is inderdaad 1:9" - ek weet nie waarheen die duime verdamp het in my eerste bydrae nie.

Die pittige antwoorde word waardeer en baboonstalker se "relatief" is die kap van die byl.

Die meet van spiraal in afstand per een rotasie is algemeen en seker die maklikste manier om dit te doen. CIP en SAAMI gee albei die spiraal van die meeste kalibers so aan. So hier en daar sal mens in die CIP sien dat die spiraal aangegee word as die hoek (in grade) wat die spiraal vorm teenoor die lang as van die loop.  

Hier is die ding: Ons maak almal vergelykings tussen kalibers deur na die spiraal in duim of cm te kyk.  Die duim of cm mates hou net water as ons binne een kaliber bly.  Ons kan met sekerheid se dat 'n 30 kaliber, met 'n spiraal van een draai in tien duim, 'n vinniger spiraal het as een wat een draai in 12 duim is.  

Die oomblik wat ons tussen kalibers begin vergelyk, word spiraal gekoppel aan die skaal van die kaliber en word die spiraal uitgedruk in kalibers. Dus is die spiraal van die kalibers hierbo, van vinnig na stadig, in werklikheid soos volg:

'n 30-06 met 'n loopspiraal van 1:10" = 1:33.33 kalibers
'n pasmaak 243 met 'n loopspiraal van 1:8" = 1:33.75 kalibers
'n 264 Win Mag met 'n loopspiraal van 1:9" = 1:35.16 kalibers
'n 1969 Remington 700 243 met 'n loopspiraal van 1:9" = 1:38.04 kalibers

So, die 30-06 is die vinnigste en die '69 Remington 243 is die stadigste. Die 30-06 en die pasmaak 243 is so na aan mekaar, dat dit geen verskil sal maak nie.

Interessantheidshalwe:  Die twee stadigste spirale, in halfpad bekende kalibers, waarvan ek weet (buskruit wapens uitgesluit), is die 444 Marlin wat 1:38" is, en die 500 Jeffery wat 1:21" is.  Daar is van die obskure ou Engelse kalibers wat in die 30s is, maar hulle is nie algemeen nie.  Die vinnigste, redelik bekende standaard kalibers, is die 6.5x55, 7x57 en 7x64, almal teen 1:8.7".

Met die aanwending van rekenaar beheerde masjinerie om lope mee te sny, is die laaste wat ek van gehoor het, vervaardigers in die VSA wat nou lope bied so vinnig as 1:6.4".
Danie Lombard .243

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Danie Lombard .243 »

Liewe ouers, 1 in 38"  Die punt roteer nie eens een maal in die loop nie. Wys jou net hoe min ons eintlik weet van die ketties af.

Dankie vir die verduideliking oom Gerard.
Biltongjagter

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Biltongjagter »

Noudat ons weet die 30-06 het die vinnigste spiraal, watter een van dieselfde vier kalibers, nl. 

'n 30-06 met 'n loopspiraal van 1:10"
'n 264 Win Mag met 'n loopspiraal van 1:9"
'n 1969 Remington 700 243 met 'n loopspiraal van 1:9"
'n pasmaak 243 met 'n loopspiraal van 1:8"

gaan die hoogste aantal koe?l omwentelings per minuut oplewer?
Danie Lombard .243

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Danie Lombard .243 »

Ek sal se die een met die 1 in 8 duim groefdraai. By omwenteling is die groote/deursnee van die projektiel irellevant. Een omwenteling by 'n .224 kal is dieselfde as een omwenteling van 'n .500 kal, en so ook by alle ander kalibers. Een spin is een spin, ongeag die diameter.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by baboonstalker »

Dit is maar alles weer relatief tot die spoed.

RPM = (Twist x V x 60)/12      Waar twist = afstand om een omwenteling te maak (bv. 8, 9 of 10)
                                                    V = spoed van projektoel in fps
dws.

1/8 twist@ 3000fps = 270000rpm
1/10 twist @ 2700fps = 194400rpm   
1/9 twist @ 3400fps = 272000rpm

Hoe vinniger jy hom dryf (fps) hoe vinniger sal hy draai (RPM)                               
Biltongjagter

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Biltongjagter »

Watter kant toe om 'n mens die formule vir koe?l omwentelinge per minuut skryf, is nie ter sake nie. Hier is die formule in verduidelikende vorm:
RPM = MV x (12/spiraal in Duim) x 60
waar MV = Muzzle Velocity of Tromp snelheid; 12 = 1 voet (12") per sekond gedeel deur spiraal in duim; en 60 = aantal sekondes per minuut.
Die resultaat is koe?l omwentelinge per minuut of dan RPM.

In die volgende voorbeeld waar 'n koe?l geskiet uit 'n geweer met 1:9.5" spiraal s? 3600vps tromp snelheid het, sal dieselfde koe?l bv. na 200 meter vlug afstand op impak met s? 'n Blesbok, se snelheid gedaal het na ? 3385vps.
Koe?l omwentelinge per sekond op impak is dus: 3385 x (12/9.5) x 60 = 256 547.

Sou die Blesbok plank dwars getref word en sy liggaams breedte is ? 18", hoeveel omwentelinge gaan daardie koe?l binne-in die Blesbok maak voordat hy anderkant uitkom?

Maw  3385vps x 12 = 40 620" per sekond en om dus 18" ver te trek neem 18/40620 = .0004431 sekondes.

Dus (.0004431 x 256 547 omwentelinge per minuut)/60 = 1.89 omwentelinge wat die koe?l binne-in die Blesbok gaan maak, nie eers vol twee omwentelinge nie.

Alhoewel die koe?l omwentelinge noodsaaklik is om die koe?l behoorlik te stabiliseer, is die bewering dat die 'spinnende koe?l 'n groot wond kanaal sny', 'n ouvrou-storie en niks meer nie.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by JACQUES BOTHA »

BILTONGJAGTER
Dankie vir jou insigewende stukkie inligting.
Dis nogal wetenskaplik en feitlik uitgewerk.
In Teorie is dit 100% korrek.
In praktyk.. wat gebeur as daai projektiel die bok tref? Daai projektieltjie volgens my nie wetenskaplike menig spin nou nie meer in die rondte nie, maar begin nou bietjie mider stabiel spin en sy spoed word bietjie gerem .
teen 3300 voet gebeur daar aardige dinge daar voro as hy die bok tref op grond van wat ek gesien het, die hier waar onderdele in alle rigtings uitgespoeg word en so my vraag is is dit die spoed wat dmage doen of die spin of eerder na my mening die ombinasie van refs en projektiel gewig en hardheid van die teiken ens...
Maar ek bevraagteken nie die wetenskap en teorie nie, ek wonder net wat alles gebeur met impak teen n kop bv en agter n blad...dalk moet mythbusters ons bietjie dit wys ...of dalk weet jy alreeds...
Ek sien maar net wat ek sien en alhoewekl ek nie die die toerie ken nie weet ek net daar is groot AKKIES WAAR JY TREF teen daai spoed.
Nogtans dankie vir jou insigewende stukkie inligting.
SO KORT VRAAG WAT DALK N LANG ANTWOORD HET
WAT IS DIE IDEALE RPM WAT N PROJEKTIEL MOET LOOP OM SO STABIEL AS MOONTLIK TE LOOP....AS DAAR N ANTWOORD IS OF BEPAAL DIE TWIST EN PROJEKTIEL SE ONTWERP DIE STABILITEIT?
GROETNIS
JACQUES 
Shoot straight and tell the truth!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Dawie »

Biltongjagter

Jou berekeninge is net 100% korrek by impak as die projektiel teen die selfde tempo revs as spoed verloor.  

Bietjie hare kloof maar wou ook weer 'n slag iets skryf :P

Kojak
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by JACQUES BOTHA »

KOJAK
EK OOK IS NIE LUS VIR WERK NIE, NOU TIK EK MA SO BIETJIE
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Dawie »

JACQUES BOTHA wrote: KOJAK
EK OOK IS NIE LUS VIR WERK NIE, NOU TIK EK MA SO BIETJIE
JACQUES
;D

Raait OK

Wat ek nou gaan skryf is wat ek dink en nie noodwendig wetenskplike feit nie...

Oor 'n gegewe afstand twee projektiele met dieselfde materiaal digtheid (LW nie SD nie). Sal die projektiel wat dikker en korter is (Maw laer B.C.) se tempo waarteen hy spoed verloor teenoor revs ho?r wees as die langer, dunner projektiel (Maw ho?r B.C.)

Of hoe?

Kojak
Ps. Jacques, nou moet ek 'n slag gaan werk.
Last edited by Dawie on Fri Apr 29, 2011 9:56 am, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Biltongjagter »

Kojak, dit is wetenskaplik bewys dat tromp snelheid baie vinniger afneem as koe?l omwentelinge per minuut.

Maar soos jy sal sien het my sommetjie ook die laer RPM in ag geneem agv laer tromp snelheid. Nogtans is die 1.89 draaie dan dalk steeds effens laer en word die 'ouvrou-storie' dus 'n groter onwaarheid soos jy tereg uitwys.

Jaques, net so gedeeltelike antwoord op jou vraag - Gerard sal in baie meer detail hierop kan antwoord - loop spiraal en koe?l lengte is maar een belangrike bepalende faktor soverre stabiliteit aangaan. Soos hier ook gestel word:
Different bullets need different spin rates to perform optimally. Generally speaking, among bullets of the same caliber, longer bullets need more RPM to stabilize than do shorter bullets ? often a lot more RPM.

That said, we note that bullet-makers provide a recommended twist rate for their bullets. This is the ?safe bet? to achieve stabilization with that bullet, and it may also indicate the twist rate at which the bullet shoots best.
Kyk gerus hoeveel koe?l vervaardigers dui aan wat die vereiste spiraal van 'n kaliber is om hulle koe?ls maksimaal te benut  ;)

NS  Jaques, gaan kyk  hier op die heel onderste video wat naastenby gebeur op impak met 'n loodkern koe?l.
Last edited by Biltongjagter on Fri Apr 29, 2011 10:37 am, edited 1 time in total.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by 222 »

baboonstalker wrote: Dit is maar alles weer relatief tot die spoed.

RPM = (Twist x V x 60)/12      Waar twist = afstand om een omwenteling te maak (bv. 8, 9 of 10)
                                                    V = spoed van projektoel in fps
dws.

1/8 twist@ 3000fps = 270000rpm
1/10 twist @ 2700fps = 194400rpm   
1/9 twist @ 3400fps = 272000rpm

Hoe vinniger jy hom dryf (fps) hoe vinniger sal hy draai (RPM)                               
Ek stem saam dat dit so behoort (????) te werk maar op bl 15 van Somchem se Handleiding:

"Dit word soms aanvaar dat die snelheidstoename die aantal draaie oor 'n afstand laat toeneem. Dit is nie waar nie. DIt verminder net die vlugtyd na die teiken. Die ho?r snelheid vermeerder versnelling, en dus die sentrifigale/giriskopiese kragte op die projektiel, wat stabilisasie teweegbring."

Wat nou ??? ??? ??? ???. Sien dit is hoekom ek daar lang my antwoord 'n Slaag/DOP gesit het want ek dink nou DRUIP ek weer 'n toets
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Biltongjagter

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Biltongjagter »

"Dit word soms aanvaar dat die snelheidstoename die aantal draaie oor 'n afstand laat toeneem. Dit is nie waar nie. DIt verminder net die vlugtyd na die teiken. Die ho?r snelheid vermeerder versnelling, en dus die sentrifigale/giriskopiese kragte op die projektiel, wat stabilisasie teweegbring."
Wat 'n Babelse verwarring!
' ..... snelheidstoename die aantal draaie oor 'n afstand laat toeneem.'

Oor afstand daal snelheid (tromp snelheid) en so ook, tot 'n mindere mate oor dieselfde afstand, die koe?l omwentelings per minuut. Om dus te s? ' Dit is nie waar nie' is nogal waar!!!!!!!
So ook vermeerder versnelling (neem aan dit is met ho?r tromp snelheid), maar om te s? dit ' .... verminder net vlugtyd na die teiken' is heeltemal teenstrydig.
Ho?r aantal koe?l omwentelings per minuut se invloed op vlugtyd van die projektiel is onberekenbaar klein.

222, ek sou saam met jou druip as die vlugtyd drasties sou verminder met toename in koe?l omwentelings per minuut.
Ambessa

Re: Pasop! Hier is 'n strikvraag.

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:...wou ook weer 'n slag iets skryf :P
...wat van 'n ietsie op die verloop van permitte of is daar geen revs (rpm) nie?

Ambessa
Post Reply