Daar is baie ouvroustories en verkeerde konsepte rondom ballistiek, herlaai en vuurwapens. Dit is waarskynlik omdat ons die goed wat gebeur meet teen die raamwerk wat ons ken en wat in "normale" tyd gebeur. Met gewere werk ons met supersoniese snelhede en drukvlakke wat baie ver buite die normale raamwerk van ervaring is en, dit wat ons oor dekades aan gewoond geraak het, is dikwels doodeenvoudig nie waar nie.
Baie vervaardigers het terme en konsepte gebruik wat verkeerd is om die ingewikkeldheid meer verstaanbaar gemaak te maak. Daardie verkeerde opvattings het so ingeburger geword, dat die meeste mense wat met die goed werk nie eers probeer om die beginner te begin leer nie. Dit is soos om vir iemand wat aan die Flat Earth Society (http://en.wikipedia.org/wiki/Flat_Earth_Society) behoort te vertel die aarde is rond. Soos om vir GFSA te vertel vuurwapens in privaatbesit is 'n integrale deel van persoonlike veiligheid, wildbewaring en sport.
Byvoorbeeld:
Ons vergelyk vier kalibers.
'n 30-06 met 'n loopspiraal van 1:10"
'n 264 Win Mag met 'n loopspiraal van 1:9"
'n 1969 Remington 700 243 met 'n loopspiraal van 1:9
'n pasmaak 243 met 'n loopspiraal van 1:8"
Die vrae:
Watter geweer het die stadigste spiraal?
Watter geweer het die vinnigste spiraal?

