Hello Dewitt,
Dis nou wraggies 'n "nis"

jakkals, wat die Karoo manne, nou daar geteel het.
AS ek die kleur variansie so bekyk, gaan daardie klomp Vanwyksvleiers en Willistoners, een van die dae, skaapboerdery los en net in die teling van gekleurde jakkalse ingaan!!

As jy nou nog boo-op hulle so effens groter kan teel, sal hulle lag lag ook R168 000 000 soos daardie buffel haal
Alle grappies op 'n stokkie

Ek wonder of dit oorsaak nie 'n "mak" jakkals wyfie wat erns in 'n hok gehou was nie, wat die begin van die kleur variansie veroorsaak het nie? Ek aanvaar dalk het die wyfie se nageslag het ontsnap. Want ek kan amper nie dink dat dit in die natuur sal gebeur nie?
Ek dink ek stem saam met Geno, vroeer op die forum het die manne wat weet al die witkwas jakkals deeglik bespreek en die foto's wat daar gedeel was as ek reg onthou, het die witkwas jakkalse glad nie so baie wit in gehad nie. Basies net die stert as ek reg onthou. Ek verbeel my hulle kom ook net in 'n sekere gebied iewers noord voor as ek die ou geheue kan glo.
Wonder of dit nie 'n intrepeneuries jakkalsjagter is wat sy eie jakkals geteel het om 'n konstante kontantvloei program op die been te bring nie!!
Wel al positiewe ding wat ek van die snaakse jakkals sien is dat hy skynbaar die hudige vir die ewige verruil het!!!
Dankie vir die deel, maar dit sal interesant wees om te weet, of honde wel met jakkalse sal aanteel? Ek kan nie sien hoekom nie as dit in aanhouding is nie?
Weet iemand dalk?
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo