Basterkrag by jakkalse

Post Reply
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Basterkrag by jakkalse

Post by Dewitt »

Tussen Williston en Vanwyksvlei word in 'n sekere area van tyd tot tyd jakkalse met 'n wit bles, wit voete en wit puntstert geskiet. Soos met alle jakkalse bly daar altyd genoeg tewe oor en gaan die mutasie voort. Hierdie kleintjies is so tyd terug uitgehaal. Wonder of iemand se Jack Russell nie bietjie stout was nie.

Wat sal Piet du Toit vir een van hulle betaal?? ++>:

Groete
Dewitt
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Dirkvh »

Is dit nie dalk 'n tipe wit was jakkals nie? Engels "Side striped"

"Die kleur van hierdie minder bekende jakkals is grys tot vaalbruin terwyl die snoet donker is. Soos die naam aandui, het witkwasjakkalse 'n duidelike wit punt op hul stert, wat aan 'n kwas wat in wit verf gedoop is herinner. Verder het hulle ook 'n kenmerkende wit streep op elke blad, wat hulle hul Engelse naam, Side-striped Jackal ("sy-gestreepte jakkals"), gegee het. Volwasse witkwasjakkalse het 'n gemiddelde hoogte van 50 cm en weeg gemiddeld 9 kg. Die wyfies is effens kleiner as die mannetjies."
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Dewitt »

Kan seker wees Dirk, maar die laaste Engelse was hier met die Anglo Boere oorlog. Hul kan seker nog hier iets gelos het.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Geno »

Daardie is verseker nie witkwas jakkalse nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Capt. Yoda »

Verkoop hom op gumtree, langbeen wolhaar bos Jack Russel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Supacow »

Organiese Jack Russel
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Dewitt »

So lyk die groter model
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Frederik »

Lekike ding wonder of hy kan verder teel want meeste van die baster bokke soos hartbles en koeland kan nie verder teel nie. Dis seker maar soos enige hond en word dan pavement special.
User avatar
jakkat
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Sat Sep 26, 2015 8:35 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by jakkat »

Ek weet nie wat ek sou doen as ek so een hier rond raakloop nie ,ek sou eder se dit is n hond
22-250 sako
243 sako
30-06 howa
7mm rem mag

Aim small miss small
your problem is my profession
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Trompie »

Frederik wrote:Lekike ding wonder of hy kan verder teel want meeste van die baster bokke soos hartbles en koeland kan nie verder teel nie. Dis seker maar soos enige hond en word dan pavement special.
Ja so hoor ek..maar ek het baster Bles/Tsessebe gekiet en sy was dragtig...

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Francois Hugo »

Hello Dewitt,

Dis nou wraggies 'n "nis" ++>: jakkals, wat die Karoo manne, nou daar geteel het. ::)

AS ek die kleur variansie so bekyk, gaan daardie klomp Vanwyksvleiers en Willistoners, een van die dae, skaapboerdery los en net in die teling van gekleurde jakkalse ingaan!! :laugh: As jy nou nog boo-op hulle so effens groter kan teel, sal hulle lag lag ook R168 000 000 soos daardie buffel haal >:D

Alle grappies op 'n stokkie :( Ek wonder of dit oorsaak nie 'n "mak" jakkals wyfie wat erns in 'n hok gehou was nie, wat die begin van die kleur variansie veroorsaak het nie? Ek aanvaar dalk het die wyfie se nageslag het ontsnap. Want ek kan amper nie dink dat dit in die natuur sal gebeur nie?

Ek dink ek stem saam met Geno, vroeer op die forum het die manne wat weet al die witkwas jakkals deeglik bespreek en die foto's wat daar gedeel was as ek reg onthou, het die witkwas jakkalse glad nie so baie wit in gehad nie. Basies net die stert as ek reg onthou. Ek verbeel my hulle kom ook net in 'n sekere gebied iewers noord voor as ek die ou geheue kan glo. :o

Wonder of dit nie 'n intrepeneuries jakkalsjagter is wat sy eie jakkals geteel het om 'n konstante kontantvloei program op die been te bring nie!! ;D

Wel al positiewe ding wat ek van die snaakse jakkals sien is dat hy skynbaar die hudige vir die ewige verruil het!!!

Dankie vir die deel, maar dit sal interesant wees om te weet, of honde wel met jakkalse sal aanteel? Ek kan nie sien hoekom nie as dit in aanhouding is nie?

Weet iemand dalk?

Groete uit die Namakwaland

Francois Hugo
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Hercules Louw »

Ek het hierdie gesprek vir Prof Gerhard Verdoorn aangestuur en hieronder is sy antwoord.
Die hond is Canis Familiaris, die wolf is Canis Lupis en die rooijakkals is Canis Mesomelas. Hulle is geneties na genoeg aan mekaar om te kan kruisteel. Ek het iewers foto's van sulke jakkals-hond kruisings en sal probeer aanstuur.
Iemand se Jack Russel weet duidelik nie dat jakkalse gebyt moet word nie....
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Basterkrag by jakkalse

Post by Francois Hugo »

Hello Almal wat die onderwerp volg ;D

Wel dan het ons duidelik daar in die op die "Boesmanland" se grens in, die groot Karoo 'n verdagte jakkals teller. Al wat darem duidelik is, is die probleem is dat hy hulle duidelik nie baie goed oppas nie >:( en dat Dewitt besig is om die laastes hopenlik uit te roei!! :laugh:

Dankie vir die terugvoering Herculus! Sal interresant wees om nog van die nis jakkalse te siene te kry as jy wel terugvoering oor hulle kry...

As ou roofkyker en meestal jakkals skiet/jag ++>: onderwerp leser, was dit erg interresant om weer iets oor die ou lammervangers te lees op die forum.

Groete uit die Namakwaland.

Francois Hugo
Post Reply