En toe begin die geveg.....
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
En toe begin die geveg.....
Ou Koos staan vroegoggend in die pikdonker op, maak toebroodjies en 'n fles koffie. Hy vat sy geweer en haak sy waentjie. Toe hy wegry begin die ysreën in die sterk wind val. Na die weervoorspelling en 'n oproep na sy jagmaats hoor hy die jag is uitgestel. Ewe droëbek ry hy terug en sluip in die slaapkamer in. Soos hy agter sy vrou se rug inkruip, sê sy: "Kan jy glo daai dom man van my gaan jag in sulke weer!"
En toe begin die geveg........
Oom Piet gaan doen aansoek vir ouderdoms pensioen. Toe hy terugkom vertel hy sy vrou hy het sy id boekie by die huis vergeet. Die dametjie was baie behulpsaam en sê toe hy moes sy hemp uittrek. Toe sy sien sy borshare raak grys het sy besluit om sy woord te aanvaar en solank sy vorms te verwerk. Nou moet hy net teruggaan en vir die oulike dametjie sy id gaan gee.
Sy vrou sê toe: "Plaas jy trek jou broek vir haar af, dan kon jy sommer ongeskiktheidspensioen ook kry!"
En toe begin die geveg...........
Die vrou staan kaal voor die spieël. Sy se vir haar man: "Ek voel aaklig. Ek lyk oud, vet en lelik. Gee tog vir my 'n kompliment" Hy antwoord toe: "Wel, daar is niks fout met jou oë nie!"
En toe begin die geveg............
Jan se vrou kla oor sy duur jagtoerusting. Sy vertel hom toe van die nuwe plastiese chirurg daar in Sandton. Sy kyk so na haar borste en skimp: "Dink jy nie hulle is 'n bietjie klein nie?"
Hy antwoord toe: "Vat toiletpapier, rol dit in 'n bondel en vryf dit so op en af tussen jou borste."
Sy vra toe of dit regtig sal werk, waarop hy antwoord: "Dit het beslis vir jou agterstewe gewerk!"
En toe begin die geveg.........

Dirkonius
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Bitter snaaks!
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Gawie koop 162 Amaxe op Jaracal.
Sy vrou sien dit op sy bankstaat!@
....en toe begin die geveg.
Sy vrou sien dit op sy bankstaat!@
....en toe begin die geveg.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Gawie(13mm) wrote:Gawie koop 162 Amaxe op Jaracal.
Sy vrou sien dit op sy bankstaat!@
....en toe begin die geveg.
koop dit deur die werk man! en betaal in die besigheid se rekening, dan se jy net jy bele in die besigheid!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Ek is met my rekenmeester getroud. Sy doen al 22 jaar lank my besigheid se boeke en ken al my "tricks". 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Die 270 Winchester...
....en toe begin die geveg.
....en toe begin die geveg.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Jy is nes die bleddie EFF!!Carl wrote:Die 270 Winchester...
....en toe begin die geveg.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: En toe begin die geveg.....
Na die 270 het die magnums gekom, toe die short mags en toe die super shorts maar die 270 bring steeds die vleis huis toe...Carl wrote:Die 270 Winchester...
....en toe begin die geveg.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: En toe begin die geveg.....
Julle bakkie jagters is oneties........
en toe begin die geveg
308 is beter as 3006...........
en toe begin die geveg
Kom ons gaan jag 'n leeu........
en toe begin die geveg
en toe begin die geveg
308 is beter as 3006...........
en toe begin die geveg
Kom ons gaan jag 'n leeu........
en toe begin die geveg
Maak 'n verskil