En toe begin die geveg.....

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

En toe begin die geveg.....

Post by OosKaapJagter »

Ou Koos staan vroegoggend in die pikdonker op, maak toebroodjies en 'n fles koffie. Hy vat sy geweer en haak sy waentjie. Toe hy wegry begin die ysreën in die sterk wind val. Na die weervoorspelling en 'n oproep na sy jagmaats hoor hy die jag is uitgestel. Ewe droëbek ry hy terug en sluip in die slaapkamer in. Soos hy agter sy vrou se rug inkruip, sê sy: "Kan jy glo daai dom man van my gaan jag in sulke weer!"

En toe begin die geveg........

Oom Piet gaan doen aansoek vir ouderdoms pensioen. Toe hy terugkom vertel hy sy vrou hy het sy id boekie by die huis vergeet. Die dametjie was baie behulpsaam en sê toe hy moes sy hemp uittrek. Toe sy sien sy borshare raak grys het sy besluit om sy woord te aanvaar en solank sy vorms te verwerk. Nou moet hy net teruggaan en vir die oulike dametjie sy id gaan gee.
Sy vrou sê toe: "Plaas jy trek jou broek vir haar af, dan kon jy sommer ongeskiktheidspensioen ook kry!"

En toe begin die geveg...........

Die vrou staan kaal voor die spieël. Sy se vir haar man: "Ek voel aaklig. Ek lyk oud, vet en lelik. Gee tog vir my 'n kompliment" Hy antwoord toe: "Wel, daar is niks fout met jou oë nie!"

En toe begin die geveg............

Jan se vrou kla oor sy duur jagtoerusting. Sy vertel hom toe van die nuwe plastiese chirurg daar in Sandton. Sy kyk so na haar borste en skimp: "Dink jy nie hulle is 'n bietjie klein nie?"
Hy antwoord toe: "Vat toiletpapier, rol dit in 'n bondel en vryf dit so op en af tussen jou borste."
Sy vra toe of dit regtig sal werk, waarop hy antwoord: "Dit het beslis vir jou agterstewe gewerk!"

En toe begin die geveg.........
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: En toe begin die geveg.....

Post by JDKey »

++>: ++>:
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Dirkonius »

Bitter snaaks!
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Hein M. »

++>: ++>: ++>:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Gawie(13mm) »

Gawie koop 162 Amaxe op Jaracal.
Sy vrou sien dit op sy bankstaat!@

....en toe begin die geveg. :-[
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by alecjohnson »

Gawie(13mm) wrote:Gawie koop 162 Amaxe op Jaracal.
Sy vrou sien dit op sy bankstaat!@

....en toe begin die geveg. :-[

koop dit deur die werk man! en betaal in die besigheid se rekening, dan se jy net jy bele in die besigheid! O0 :police: ;D ;D ;D ;D
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Gawie(13mm) »

Ek is met my rekenmeester getroud. Sy doen al 22 jaar lank my besigheid se boeke en ken al my "tricks". ++>:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Carl »

Die 270 Winchester...
....en toe begin die geveg. :-[
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Gawie(13mm) »

Carl wrote:Die 270 Winchester...
....en toe begin die geveg. :-[
Jy is nes die bleddie EFF!!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: En toe begin die geveg.....

Post by dehacked »

Carl wrote:Die 270 Winchester...
....en toe begin die geveg. :-[
Na die 270 het die magnums gekom, toe die short mags en toe die super shorts maar die 270 bring steeds die vleis huis toe...
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: En toe begin die geveg.....

Post by Ratel »

Julle bakkie jagters is oneties........
en toe begin die geveg

308 is beter as 3006...........
en toe begin die geveg

Kom ons gaan jag 'n leeu........
en toe begin die geveg
Maak 'n verskil
Post Reply