.22 Scope mounts

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

.22 Scope mounts

Post by Viking »

Nou moet die wat weet asb. kom help!

Ek het 'n BSA .22 geweertjie met oop visiere wat ek graag 'n Bushnell 3x-7x custom scope wil opsit.

Die probleem is die scope het 'n dovetail mount wat ingly op 'n receiver - wat die BSA nie het nie!

Hoe nou gemaak?

Laat sny ek groewe op die loop of soek ek spesifieke mounts waarop die scope dovetail sal pas.

Ek woon in die Paarl en die plaaslike geweerwinkel is nie 'n opsie nie!!!
.22 geweer.jpg
bushnell 22 scope.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: .22 Scope mounts

Post by THOMAST »

Viking, my skoonpa het dieselfde probleem gehad met 'n Slazenger .22
Hy laat toe 'n basis draai wat dieselfde radius het as die aksie van sy .22. Die basis het dan ook die nodige gleuwe gehad vir die teleskopie. Hy het midlyn van aksie en basis bepaal.
Hy het die basis sommer met wondergom vasgeplak op die aksie en hom so gebruik vir jare voordat hy gate geboor en getap het.
Basis was gemaak uit "mild steel"
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Neem bietjie n foto van bo die slot waar die mounts moet kom. Het nou die dag n alum picantinny rail op n .222Rem gemount waarvoor ons nie Xtra hoë ringe kon kry sodat die man kon springbok skiet. Het nogals baie lekker gewerk maar die ou wou groot lens scope opsit om ver te kon skiet, van daar die Xtra high ringe.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by alecjohnson »

Oom, ek en Ruaan het bitjie gesels daaroor, dit is 'n baie mooi .22 daai!, maar 'n rail is al goeie opsie waaraan ek kan dink.

Ek weet nie of 'n smid vir oom dovetails sal mill nie...

oom weet mos nou die roertjie hou van Langer afstand! ;D

Ek volg!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Viking »

Alec,

Ek het eintlik nog maar min met die .22 geskiet - juis oor die gebrek aan 'n scope!

'n Man se oë wil ook nie meer so goed fokus met oop visier skiet nie. Jy het self gesien hoe mis ek die naby skote...

So om die geweertjie tot sy reg te laat kom moet hy scope opkry en ek het die Bushnell custom - maar nou blyk die pasmaak 'n uitdaging te wees.

Ek het gedink hier is slim manne wat sommer uit die heup uit kan skiet met 'n eenvoudige oplossing....maar tot sover is dit nog 'n saak van gebed!!!

Is daar standaard rails wat ek sal kan gebruik? Dink die dovetail meet omtrent 11 mm.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Viking wrote:Alec,

Ek het eintlik nog maar min met die .22 geskiet - juis oor die gebrek aan 'n scope!

'n Man se oë wil ook nie meer so goed fokus met oop visier skiet nie. Jy het self gesien hoe mis ek die naby skote...

So om die geweertjie tot sy reg te laat kom moet hy scope opkry en ek het die Bushnell custom - maar nou blyk die pasmaak 'n uitdaging te wees.

Ek het gedink hier is slim manne wat sommer uit die heup uit kan skiet met 'n eenvoudige oplossing....maar tot sover is dit nog 'n saak van gebed!!!

Is daar standaard rails wat ek sal kan gebruik? Dink die dovetail meet omtrent 11 mm.
Ek weet die ouens het vroëer jare los 3/8" mounts verkoop maar ek het dit lanlaas gesien op 'n rak. Dis basies windbuks mounts
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Viking »

[/quote]Ek weet die ouens het vroëer jare los 3/8" mounts verkoop maar ek het dit lanlaas gesien op 'n rak. Dis basies windbuks mounts[/quote]

Wildeboer jy is in die KOL!!!

Ek hoop nou net die landwye Jaracal korps gaan help kyk vir die mount - dis wat ek ook dink kan werk!
Dovetail rail.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Viking, dit sal werk maar waar gaan jy kry.
Ek sit nou en dink as jy op n vlooimark n cheap Chinese windbuks koop en die scoperail afsny om soos jou prent te lyk. Dan kan jy net boor en tap op jou geweer en "Bob's your uncle".
As jy naby my was kon ek jou maklik en vinnig gehelp het maar ek bly in Colesberg(presiese middel van niks!)
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Viking, kon jy toe al reg kom?
Ek het Maandag n 11mm rail gesny op my milling masjien vir 'n soortgelyke geweertjie en dhy het nogals mooi uitgekom.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Viking »

Wildeboer
Ek het die kaap se geweer shops plat gebel...hulle kan bestel uit china uit.

So ek sit steeds met my vinger op n ongemaklike plek.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Kurly
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 09, 2015 7:26 am

Re: .22 Scope mounts

Post by Kurly »

Viking I have a set available, I ordered 2 sets from Hong Kong when I needed. I'm not sure which set I used, either the low or medium.

Will check tonight when I'm back home and let you know

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Viking,
As jy nie by Kurly reg kom laat weet my en dan sny ek 'n rail vir jou.
Dis natuurlik n "flat-base" rail wat ek sny.
Kurly
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 09, 2015 7:26 am

Re: .22 Scope mounts

Post by Kurly »

Kurly wrote:Viking I have a set available, I ordered 2 sets from Hong Kong when I needed. I'm not sure which set I used, either the low or medium.

Will check tonight when I'm back home and let you know

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Hi Viking checked the rings. I got the heights wrong. I bought a set of medium and high and I have used the medium.

If you want to buy the high rings let me know.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160911/eb45ba9c31ca1602a361dd729d8214cd.jpg

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Hi Kurly,
I think Viking is looking for bases since the scope already have rings attached, but I have been wrong in the past...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: .22 Scope mounts

Post by ruaanb »

Jy is reg Wildeboer.
Kurly
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 09, 2015 7:26 am

Re: .22 Scope mounts

Post by Kurly »

ruaanb wrote:Jy is reg Wildeboer.
Sorry misread the post.

Good luck with your search

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Wildeboer »

Viking,
Gaan flatbase mounts werk of moet daar n kurwe wees waarop dit pas?
Sit en speel met idees, lekker verveeld die tyd op n Sondag middag...
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: .22 Scope mounts

Post by Viking »

Kurly thanks for the offer but I cant use rings.

I need a flat base with grooves to slide my scope with its own dovetail base in.

Wildeboer kom in....!!! Ek stuur pm!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Post Reply