Eerste bok met nuwe ou geweer

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Carl »

Ek het Saterdag so draai gestap op die plaas met my “nuwe” nege-drie. Dis ‘n erf geweer wat ek laat reg maak het. Ek glo daar was heelwat bokke geskiet deur die vorige eienaars sedert die oorlog wapen sy pad gevind het uit Duitsland na Afrika toe.

Ek leer nog die geweer ken. Die gewone sneller is nou maar eenmaal militêr, trek stadiger en harder as ‘n Cruiser in low range. Maar die Duitsers is nie verniet slim en innoverend nie. Die haarsneller maak dit heelwat makliker, dis net effe lig so mens moet mooi gewoond raak daaraan.

https://lh3.googleusercontent.com/xl-Zl437FhRUPtWuBicoURSSZkHg_rFNXLkP996KcQk0VcnAedue91UyTsJgGwR0tStoGr08FLk5NYIIbmMNIv25M-4_uwhlI_JB7DJqLRy_fWWkgDO4qe3MDOOydjMPsfhY5czV_ls_v1DCWgDkt4NtDkonm5tjAEQMS77cDCaZ8k5exJDJPwRqPuUeJGYvBGkzUlwtEUuHy8C6N67ndqnShwOmm_TRgpHkRl7OpVN7CeCMVoSrwIwxRUy9Py109txNc7rsu7fF5Whj2GHnDdAzmXOQVRjShuO8Sf4k4rFLDPMwmTN16q4UKGTElC1RnM7LiMoZ1OGJNntZep72K1I6LLW6Bsk9GMENKIDd2idLQA-IpH41ot0fXwS1YJ8bplLfX9BT2wlgUWBPEL4wja6C7jDKMZSFskpV-tvqqLwP9q_etySg-WpVYxcltjcHe04kOEpOZTR6nTxI6xhB1A4w3tSm4VImYtZ2rbD0m8Fwz6yQncLoCEm_b_T6jZF_y3CWw5NVLIl4nBpBT9QThJYisKgmjfuhypRxH2tYZjX7__vILq_uMhJuDEkoiJF3xCC5Qfv4mar992Us1gLP3e-FfMkEeE_P0SMD2WXqSb2BX_41=w723-h1284-no

Ek was eintlik opsoek na die manne. Daar is ‘n paar op die plaas en ek dink hulle is die regte toets vir die geweer.
https://lh3.googleusercontent.com/sKVOwPRTyEIAyxIYXNfdgBOf7rJK7qI4tu8w6cq6GfVzYfszcR3wGT-JwThrjTLJYnvhU0OUkFvmDhyPltPKn-UWHL3HldsjGVn9paVkUkJ6pgIoPlFoEORh17-WPtcDgV1Dwdwx4480RTPfLY5IhC3nhEPl99xYBcLCEk4Hy53CCAHrFqB0kZYUHMtVaOvc8VR_ABCAG8p0cuwuYwzNSwAbJuhX8mNdB9rsyAMxFVSzfFCzJlpaARTDTh1E9tbFLoI92J94gvfN-T4AlwMDftVpOnA0Vjv8Yh5SZlRxZ1_OKAKH93ChYwXBnzYlySV3D67ykWau_uSDhvS5Q4XAP4FttEqKo3ajH2pqC0S3iAQx4ZSk5S4IF6dbIKIQrVYBOsCYsyYf6ePi6bVgq8YoLeN2WYiH5LmmQ-GATiJc7-by6GHvBC5JOm20gCu6iPHfLwgqXWKhnN3_VUB3M7NtyHYfqQhGEfJIrmWux5bs26Ke_fT6hZ-kyjCC-aikWsI9BGL39_ooH20jauOaPJcMBriaGQTgO0BiQbaijsbxflcRfR8qmfw5MRWRjX8cSR1_-0KVtplEGSH8bz36UDF8CAr5LpE7hpAxCyyq277I_d-rxCel=w1024-h683-no

Ek het 2 kanse op rooibok ramme opgegee. ‘n Rooibok is net te lig in die broek om die geweer te toets. Ek het ‘n spannetjie koedoes by die een dammetjie gekry. Hulle het al begin hardloop voor wind of sig hulle kon waarsku dat ek oppad is. Dis nou maar een aspek van ons deel van die Bos, hier is te veel kos vir Kwêvoëls! Dis ‘n vervlakste dier, die lelikste geskreeu buiten ‘n viswyf wat aanhou soos ‘n goedkoop wekker. Die koedoes met ‘n lekker bulletjie in die trop is wind af oor die rivier, na ‘n deel waar ander jagters jag. Dit was nie lank toe begin daai manne oorlog maak. Na 3 skote is dit stil – seker ‘n 308 gewees. My vrou laat weet dit was ‘n BWB wat so effe sterk was na die 1ste skoot. Sy noem toe sommer dat as ek een kry, ek vir die bestuurder 1 moet skiet.

Ek loop ‘n wye draai om nou heeltemal die noorde wind wat lekker stoot in my gesig te kry. Ek besoek al die gereelde plekke, maar niks wys ‘n lyf nie. Die plaas se wildste zebras stap niks vermoedend oor die pad so 80m link van my. Maar op daardie stadium was die hings nie op die spyskaart nie. Hy het nietemin omgedraai en sy merries op ‘n galop weggevat.

Ek kon uiteindelik ‘n spannetjie BWB koeie in die oopte onder Eskom se kragdrade kry. Na ‘n bekruip sessie op hande viervoet kom ek in possie. Die kort ligte geweer maak dit darem baie makliker om te beweeg so. Daar was egter een koei wat stip gesit en kyk het na die ding in die Karee bos. Sy moes onderlangs mompel want die trop het stadig weg gedraai en begin wegstap. Geen skoot is aangebied nie, net boude en 1/4 –weg met so oor die skouer loer en lywe deurmekaar. Ek het terug gekruip digte bos toe en met so 180 grade ompad hulle gaan voorkeer. Die deel waar ek uit die bos kom was so 90m voor hulle. Al wei-end kom hulle nader. Ek het weer stelling ingeneem in ‘n Karee. Die Mauser lekker gemaklik in ‘n mik.

Die bokke het egter nie ‘n skoot gebied nie net bly wei, altyd met een agter die ander. Ek was oorgehaal en moes net die haar sneller span. Een ouerige koei is eenkant toe onder ‘n groot Karee. Mens voel aardig om die sneller te span – net seker maak dis die agterste een! Sy beweeg stadig agter die oorhang takke van die boom uit. 85 tree toe sy ‘n bek vol gras vat. Die kruis haar sit laag op haar blad. Ek skrik sommer toe die 9.3 die stilte breek. Sy spring hoog en met krakende takke is sy om die groot Karee. Die res van die trop hardloop reguit na my toe en steek so 40m voor my boom in die oopte vas. Hulle staan nog rond vir so paar sekondes en besluit dis beter om die digte bos op te soek en vertrek op ‘n streep.

Ek sit my stop horlosie aan en tel die tyd af. Ek hou van ten minste so 15 minute wag, veral omdat ek dink dit was ‘n goeie skoot. Toe die tyd amper om is merk ek die skietplek en begin aanstap na die bok se staan plek. Sommer nog oppad soontoe sien ek haar lê regs in ‘n oop kol. Sy het om die boom gehardloop so 10m en morsdood gelê. Die skoot was laag net agter die skouerpotjie, die koeëlgat en omtrek vol helder rooi bloed. Die oorkanste been mors af geskiet. Ek was baie tevrede met my nuwe ou geweer.

https://lh3.googleusercontent.com/a00OasLihrFzlFygzBSfggxI5vawI0M8W-4FJ06dTgEV_53U6nFdTcG70BoFsljT5rfYwZ6F_nLyZilm4i_R1ri2jR-6yqSWknCeig1Seh0epT3qnad8XdGUerL9DDVXSnKEk2T70nC0iuSpuEBoaBuwkSwvNgrDfd2alL5SHGKhmG_Uyr18FmnAT7-4OTqyIHlq2UuKh4eXaSEjQFlQStFgnp5DP5yzyarE_S52HrSojcefcwdRqympMv4USpkk8cSWqp4VrVAzJh3aseWuDtZSHsmaGRDkGlq-bYSxFvxLNKVE8VAAiObFZf10iQQSEEgP2HO2l4ggfiNBpXJiVGOTO6CB_3bSSVxf5Z-FRJRshF_A_Wkh_0Y-NwsnDLy2DMdwkP3kwFOmS0ddOJ3Sx926NchGid9fs7405z8M5BfCKCifWH6D_b_atOzhOOsvo2cTirSvLZxy5BP8hobc58AhTte_iSs-Lw8ldxk9AbsfJAf1WnsHHDlUVPWsWBeD-3ULKqZ6w_9ECLAWbXSf3kvPeYM1GMZxvz9rQSZZnsamHRhbERHhoYKNpBBNjbm3lkx8mJvEhL2GqpjlDHBmMJk0UMwbLy9hyZAtcCtEZscFtSyH=w723-h1284-no

Toe ek verder stap opsoek na die elande wonder ek wat gaan ek nou maak met my ander gewere in die kluis?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by henried »

Te lekker Carl.
Nie al die fotos wys nie...
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by DWB »

Hahahaha mooi man! Nou weet jy hoe dit voel!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Carl »

Al die fotos behoort te wys nou.
https://lh3.googleusercontent.com/pOFaOBFM-3hqXbnLz7zlvSKK3udFoyluMeaNNPO_JoKhXctGVfUVEs8wT3O7CKeaJ8qBTJCZfo6-hocPpbmaDe-yK4sFwmmpYwcT6EBCtLltNET3BDAmeyYQoTm-wUP80I02vCISaV5hHn1fd7enYfDZFDbHHss8W6JT_CLB47lYsK2nsw7wqyIOPAFqwN562to85ljoNw2spHolXn0FfsCkCUGOTJ-Ae8DWIBuYKrIaG2PTV3Nhk5zbI2qJyjGMykSz9Yg4MFX2emDQsSNcLyXfNYWMYmhgEv3GfCmrl4pOTB48FgxeujPydrt4AqQOwd2oz1FoQq3fpq31QZDEwI2cPsE24QNZgu3hzvbrLysoMH2v7RY2TAwX34NTu0iAMWNqtHcRybx_9aT0KOVSyQw700PhHC62TDcV6pcNTGTy5kNFKy6MZIzQRF41ASwUDLT_qucrmMZO2oCWxlXtgLctBYgN1Cl5zvwfGB_TiyTH4g3-3Zm25ZJY7stWJkaQA5XcNQQPAT0-zyprE8ZTnr1ciZ2lmorYuaqbjtajQCdAEmaxfRV8Rnm55Cicr0R7mrIEA7vUPTcGUXltA3NS-s_o8IJTjEwlyj-_yRTXn_XFipha=w1880-h1058-no
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by FrancoisW »

Dt was nou lekker om te lees. Dit voel of mens deel raak van die jag. Dankie vir die deel
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Flip Nel »

Mooi Man baie geluk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Capt. Yoda »

Netjes Carl
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by ruaanb »

Netjies Carl!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Frederik »

Geluk jammer jy kon nie in een van die eland bulle vas loop nie.
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Boersonderroer »

Mooi storie, altyd lekker om suksesvol met 'n nuwe roer te wees
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
Willeboer
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Willeboer »

Lekker. Ek ry sommer nou bos toe , so lekker was jou storie!!!!!!
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by dehacked »

Daar maak jy my oggend Carl.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by spekieries »

Ja nee ou 9.3 is die baas in die bos. Paul Mauser was geniaal.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Carl »

spekieries wrote:Ja nee ou 9.3 is die baas in die bos. Paul Mauser was geniaal.
Eintlik Otto Bock se kaliber ;) , met die hulp van Mauser vir die aksie. As jy na al die ander goed in die lewe kyk is dit net fantasties om te dink dat die aksie die toets van tyd deurstaan het. Met baie min verandering is dit nog steeds een van die beste!

Dankie manne.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Victor
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jul 19, 2012 9:33 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Victor »

Mooi vertel en lekker gejag !!

Ek droom nog oor n 9.3 in my kluis.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Lourens Potgieter »

Dankie Carl, baie goed geskryf.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by spekieries »

Ekskuus jy is doodreg Otto Bock.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Eerste bok met nuwe ou geweer

Post by Apie »

Lekker man!

Ek is ook lief vir my Oom Otto geweer!

Sent from my D5803 using Tapatalk
Post Reply