Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Na 25 bladsye van raad gee, stry, menings lug, en oplossings soek, sal ek nou maar die kat uit die mou laat.
Die stilste "silencer" is dié een wat op jou geweer is wanneer jy nie skiet nie. Om die waarheid te sê, alle dempers is ewe stil as jy nie skiet nie.
(Jammer vir hierdie simpel opmerking - ouens met die stywe bolippe sal dit nie waardeer nie!)
Daar is ook 'n interessante artikel oor knaldempers in die April 2015 weergawe van die SA Jagter tydskrif (net om die aangeleentheid verder te konfoes ) Ek staan verstom oor die hoeveelheid verskillende tipes KD's deesdae in die mark.
VLNR:
Numenor Reflex
Numenor screw on
Numenor Prototype
Nightro
Terminator
Silent Hunter
Discreet
Small Warrior
Medium Warrior
Large Warrior
AimZonic
OVS Ultimate
OVS 50mm
OVS 38mm
Julle sal sien dat die ATec nie daar is nie.
Ek het hom in my ander bakkie vergeet...
Toetsprosedure was as volg:
Klankmeter gemonteer op driepoot.
Hoogte: Selfde as tromp.
Afstand: 2m voor, en 2m wind-af.
3 skote per demper is geskiet. Alle skote is geskiet met windspoed onder 3m/s.
Ons wou nog 'n meter by die skut se oor gehou het, maar die meter wou nie saamwerk nie.
Groete,
Eugene
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ek het nogals iets interresant gehoor by Frikkie die Gunsmith in Pta. Of dit waar is weet ek nie maar hy se hulle het die toetse gedoen.
Hy se hulle het jare terug baie bokke moes cull en het gevind gat n Silencer met n fluit geluid as jy deur hom blaas n baie beter silencer is as n silencer wat n gorrrr geluit maak. ( Hoop julle verstaan die klank wat ek prober maak.)
Hy se dat as jy met n silencer met die vluit klank bokke in n trop skiet dat die ander stil staan of minimal sal hardloop as met die silencer met die gorr klank. Met die vluit geluid kan hulle glo nie bepaal waar die geraas vandaan kom nie en met die ander kan hulle glo.
Ek stem saam afhangende van die distansie sal seeker bepaal wat die bokke se reaksie sal wees maar het ook al gesien met Henk se silencers op bv 100m plus dat die bokke nie regtig weet waar die klank vandaan kom nie en gee n mens n skoot op n volgende een.
Het julle dalk al van die storie gehoor of al self beleef.
PWV wrote:Ek wil nou nie weer in onderonsies betrokke raak op hierdie "post" nie, maar vir my is die belangrikste eienskap van 'n KD die feit dat dit terugskop ("recoil") verminder! Die feit dat die klank gedemp word, is 'n bonus en help my ore! Ja, dan kom daar ook goed by soos gewig, lengte, ens.
As ek deurvolg na 'n skoot, wil ek sien wat gebeur met die teiken - ek wil nie eers weer die geweer rondswaai op soek na die teiken na die skoot nie!
Elkeen se behoeftes is ook nie dieselfde nie. Ek skiet mos van 'n bakkie af en dra nie die geweer rond nie!
Ek is nie gepla oor hoe sag ñ silencer is nie...solank hy recoil reduce en mooi lyk voor op geweer. Daai manne op Art of the precision rifle skiet almal sulke dun silencers wat die geweer se look compliment. Dit lyk net of dit deel van die geweer moet wees. Ek sal al 25 bladsye nog lees....net die laaste page nou gelees
Ek het opgelet dat die a-tec ongelukkig nie deel was van die toets nie, maar sal graag opinies wil hoor oor hoe jul dink hy sal opweeg teen die res? En die mute silencer ook?
Ek luister graag.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Ja ek weet dis n ou draad en baie goed is gese ens maar die verskillende KD's wat getoets is twee jaar terug.Is daar al enige verbeterings op van hulle of selfs veranderings om hulle te verbeter bv. ander materiaal gebruik,korter gemaak,meer baffels en die lys gaan aan??? Ek sal graag wil hoor!!!
Ek weet die is n redelik out thread, maar ek wil hoor of iemand dalk nog die data het (die link werk nie) baie dankie vir julle moeite, dit was n insiggewende thread
Groete Andreas
6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
Ek weet die is n redelik out thread, maar ek wil hoor of iemand dalk nog die data het (die link werk nie) baie dankie vir julle moeite, dit was n insiggewende thread
Ek weet die is n redelik out thread, maar ek wil hoor of iemand dalk nog die data het (die link werk nie) baie dankie vir julle moeite, dit was n insiggewende thread
dr. hand welkom.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.