Rooijakkals pypkan jagters

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Ratel »

wlm wrote:Dehacked
Die prokureurs kan help maar die wet maak voorsiening vir 'n 50/50 verdeling van onkostes met die oprig of herstel van grensheinings. Daar is sekere voorskrifte rondom kennisgewing en so meer maar die middelvinger gaan nie werk nie.
Gee daai buurman kans, as hulle sy koeie begin vreet as hulle le^ om te kalf of sy kalwers vang gaan sy pyne begin.
Jassie se filosie is die enigste doeltreffende metode om die geveg te wen. Beperk sy beweging, werk saam aan die problem en maak hulle dood.
En hierdie is nie 'n mooi gesig nie. Veral as die koei die volgende oggend so verniel is en lewendig van agter gevreet is dat jy haar moet skiet.
Ons het so 'n buurman wie glo los maar die jakkalse. Probleem is dat van die neste op die ou se grond is. Nodeloos om te se die jakke kom van sy grond en vang skaap by ons.

Ek sal graag van die Prof wil weet watter metodologie hy gevolg het om te bepaal dat jakkalse groter werpsels kry en dan waar en vir hoe lank sy studie gedoen het vir sy tesis. Ook sal ek wil weet met hoeveel skaap boere hy onderhoude gevoer het (mense wie die probleem eerste hands beleef) en wat sy gevolgtrekking was oor hulle terugvoer.
Maak 'n verskil
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Dawie »

Ek wonder of dit nie weer 'n tipe "Bothma Report" is soos Capenature destyds laat doen het. Sogenaamde "desktop study". ??
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Dawie »

"People become more steadfast in their beliefs when confronted with data that contradicts those beliefs"
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by honda2 »

Net ter inligting vir ons dommes - hoe help donkies om jakkelse weg te jaag? Doen hulle dieselfde aan rooikatte?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

Dink donkies as voorsorgmaatreël sus slegs die gewete van Slimjanne. Ek grens aan 'n hervestigingsplaas met 'n hele klompie donkies en die jakkalse floreer daar. As onsin mooi oortuigend as die waarheid verkoop word en genoegsaam herhaal word, raak dit later sommer "feite".
User avatar
Fishaman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Nov 07, 2013 4:28 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Fishaman »

honda2 wrote:Net ter inligting vir ons dommes - hoe help donkies om jakkelse weg te jaag? Doen hulle dieselfde aan rooikatte?
Daar loop 3 donkies in een kamp waar ek gereeld jakkalse skiet....

Ons hoëveld jakkalse het seker nog nie die memo gekry dat hulle nie mag loop waar daar donkies is nie.
http://www.animatedimages.org/data/media/199/animated-fox-image-0059.gif
Post Reply