Rooijakkals pypkan jagters

PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Rooijakkals pypkan jagters

Post by PWV »

Hierdie navorsing bevestig maar net die navorsing wat al reeds gedoen is.

Rooijakkalse pypkan jagters se aanslag op hulle
Die aanpasbaarheid van klein roofdiere, soos rooijakkalse, maak dit vir boere onmoontlik om hulle te jag om ’n verlies aan kleinvee te voorkom.
Navorsing onder leiding van prof. Graham Kerley van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en Sanparke het aan die lig gebring dat rooijakkalse die grootste skade aanrig aan kleinvee in Suider-Afrika. Boere jag hulle al jare in ’n poging om dié skade te voorkom.
Volgens die navorsing is dié klein roofdiere hoogs aanpasbaar en het hulle “die vermoë om verskeie oorlewingstrategieë in te span om hul voortbestaan te verseker”.
Die impak van boere se jakkalsjag is dat jong wyfies groter werpsels in die lewe bring om te vergoed vir die vrektes.
In die natuur bly ouer diere gewoonlik dominant en weerhou dit jonger jakkalse om aan te teel, wat die bevolking beperk.
Min gevestigde “families” bly in boerderygebiede waar gereeld gejag word, en jong diere versprei uit beskermde gebiede na aangrensende plase.
Op private eiendom is die gemiddelde ouderdom van jakkalse twee tot drie jaar, terwyl dit vyf tot ses jaar is in parke, reservate en gebiede waar daar nie gejag word nie.
Die jonger jakkalse kom in “onstabiele groeperings” voor waar hulle nomadies rondbeweeg.
Die navorsers hoop om dié inligting aan grondeienaars en natuurbewaarders te verskaf in die lig van die bedreiging wat jag op die voortbestaan van roofdiersoorte het.
Sekere grondeienaars behaal sukses deur “stabiele territoriale familiegroepe” te behou en individuele jakkalse wat moeilikheid maak, te verwyder.
Ander hulpmiddels wat gebruik kan word, is goeie kuddebestuur, Anatoliese herdershonde, donkies en elektroniese hulpmiddels om die probleem van roofdierskade volhoubaar die hoof te bied.
-Die Burger, 4 Mei 2016
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

Ek daag Prof Kerley uit om die snert wat hy hierbo verkoop te bewys ...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Capt. Yoda »

Amper soos die tannie wat by die boeredag vir die boere vertel hulle moet die Jakke nie dood maak nie maar eder net kastreer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

Ek wonder hoeveel "stabiele territoriale teelpare" het Prof Kerley al behou en hoeveel individuele moeilikheidmakers het hy persoonlik al "verwyder" in sy lewe? Wonder ook nogal hoe hy die Werpsel-groottes en ouderdomme van jakkalstewe bepaal waar daar nie gejag word nie. En ek wonder hoe 1 teelpaar ander jakkalse gaan weghou van 'n ooitrop wat aan die lam is .... en, en, en .... soetsappige groen fiksie as jy my vra.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by J le Roux »

Nee tat, die Prof weerspreek homself blatant!

Eerstens verduidelik hy hoe jag op jakkalse lei tot groter werpsels en vinniger aanwas.. dus oorbevolking.

en dan..

Waarsku hy ook oor: die bedreiging wat jag op die voortbestaan van roofdiersoorte het... bedreiging???

Dit kilnk amper soos as die greenies van jakkalse hou moet hulle die liewe diertjies jag sodat hulle meer kan word ;)

Nee wat Prof, jy diskrediteer jouself liederlik.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

Ek stem met die man saam, ons maak jaarliks duisende dood sonder om die probleem permanent op te los. Sodoende beperk ons darem nog groter skade agv veeverliese. Soos baie "geleerdes" voor hom wat rooijakkalse se gedragspatrone bestudeer het kan hy egter nie met 'n werkbare oplossing kom nie.
As 'n man eers van "goeie kuddebestuur, Anatoliese herdershonde, donkies en elektroniese hulpmiddels" begin praat weet ek hy weet "tokkol" van skaapboerdery en predasie-beheer af.
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Henry »

PWV wrote:Hierdie navorsing bevestig maar net die navorsing wat al reeds gedoen is.

Rooijakkalse pypkan jagters se aanslag op hulle
Sekere grondeienaars behaal sukses deur “stabiele territoriale familiegroepe” te behou en individuele jakkalse wat moeilikheid maak, te verwyder.
Ander hulpmiddels wat gebruik kan word, is goeie kuddebestuur, Anatoliese herdershonde, donkies en elektroniese hulpmiddels om die probleem van roofdierskade volhoubaar die hoof te bied.
-Die Burger, 4 Mei 2016

Hoe de hoeners weet 'n boer watter jakkals maak moeilikheid? Jakkalse moet tog vreet, en sal dan mos gaan vir die maklikste prooi in die omgewing. Gaan hy dan nou die jakkalse hondekos voer sodat hulle nie lammers vreet nie? Ek dink die prof moet self gaan boer en sy idees beproef. Ek wonder hoe lank dit vat voor hy gaan huil?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by PWV »

PWV wrote:Hierdie navorsing bevestig maar net die navorsing wat al reeds gedoen is.

Rooijakkalse pypkan jagters se aanslag op hulle

Navorsing onder leiding van prof. Graham Kerley van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en Sanparke.
-Die Burger, 4 Mei 2016
Ek is nie 'n probleemdierkenner nie en gaan my nie oor die juistheid van sy navorsing uitlaat nie, maar waarom vat julle skaapboere nie die ou aan nie?
Dit is tog maklik om hom by die Nelson Mandela Universiteit op te spoor!
Hier is nou indringende stellings gemaak deur lede. Keer hom aan dat hy op die vrae antwoord!!
Groetnis
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Heinz Petersen »

Dit is die uitlatings wat jy kry van slim mense wat uit n kantoor probleemdiere wil beheer.
"Anatoliese herdershonde, donkies en elektroniese hulpmiddels" stuur die geld dat die plaas eienaars dit kan aanskaf. As daar dan, soos hy sê, probleemdiere van parke kom, hoekom doen hulle dit nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Jan-Hendrik »

Hahaha daai Prof se tros...

Sent from my Vodafone Smart Tab 3G using Tapatalk
JAN-HENDRIK
Bernhardt
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sun Sep 13, 2015 8:28 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Bernhardt »

Hi julle. Dit werk rerig om net een teelpaar op jou plaas te hou. Dan is dit net hulle en hul kinders. Al wanneer dit n probleem is, is op Kersdag. Dan kom kuier al die kinders
tapatalk_1462100752458.jpeg
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

Ek is nie 'n probleemdierkenner nie en gaan my nie oor die juistheid van sy navorsing uitlaat nie, maar waarom vat julle skaapboere nie die ou aan nie?
Dit is tog maklik om hom by die Nelson Mandela Universiteit op te spoor!
Hier is nou indringende stellings gemaak deur lede. Keer hom aan dat hy op die vrae antwoord!!
Groetnis[/quote]

Oom PW
Die'33-vertaling geld, "antwoord 'n sot nie na sy dwaasheid". Ek is al moeg baklei met die idiote. As jy in 'n woordestryd met hulle betrokke raak gee jy net meer publisiteit aan sy gekhede wat hy kwytraak. Die persone wat skaapvleis koop, sowel as die beleidmakers van natuurbewaringswette in ons land het dit nie nodig om op hierdie manier ingelig te word nie. Daar is meer positiewe boodskappe rondom skaapvleisproduksie wat eerder ons tyd en energie vereis.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Dawie »

Dieselfde ou bollie net deur iemand anders uitgedruk.....gaaaaaap
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by andre007 »

Wat rook die ou ???
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Jakkies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Jakkies »

PWV wrote:Volgens die navorsing is dié klein roofdiere hoogs aanpasbaar en het hulle “die vermoë om verskeie oorlewingstrategieë in te span om hul voortbestaan te verseker”. Die impak van boere se jakkalsjag is dat jong wyfies groter werpsels in die lewe bring om te vergoed vir die vrektes.
PWV wrote: Die navorsers hoop om dié inligting aan grondeienaars en natuurbewaarders te verskaf in die lig van die bedreiging wat jag op die voortbestaan van roofdiersoorte het.
Ek wil nie graag uit my beurt praat nie, maar is daardie twee stellings nie in direkte konflik met mekaar nie? Dus, hulle kwansuise navorsing toon dat hoe meer jakkalse daar gejag word, hoe groter is die werpsels. En hulle wil hierdie inligting as teenbewys vir die jag van jakkalse gebruik om sodoende die voortbestaan van die diere te verseker? ???
Die argument hou nie water nie, want hulle feite is foutief en dit weet enige boer wat al ooit in sy lewe met jakkalse gesukkel het, maar hulle hou al vir jare aan met dieselfde deurgetrapte deuntjie, want die waarheid sal hulle nooit erken nie.
HCVWYK
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Sep 27, 2010 10:24 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by HCVWYK »

https://www.youtube.com/watch?v=QKLKqYTO1TM

Wys hom die video dat hy kan wys waar die dominante een sy gebied beskerm.

As jy hulle los sal so baie raak soos wat daar kos beskikbaar is.
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by pietbak »

Ek was teenwoordig waar die persoon sy Doktors graad verwerf het in Port Elizabeth. Kry vir julle 'n kopie van die Doktor se tese. Ek glo nie die media regverdig die werk wat die doktor gedoen het nie. Daar is baie ander faktore wat betrokke is. Ek glo nie die doktor is 'n greenie nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by PWV »

pietbak wrote:Ek was teenwoordig waar die persoon sy Doktors graad verwerf het in Port Elizabeth. Kry vir julle 'n kopie van die Doktor se tese. Ek glo nie die media regverdig die werk wat die doktor gedoen het nie. Daar is baie ander faktore wat betrokke is. Ek glo nie die doktor is 'n greenie nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Vertel dan vir ons bietjie meer! Skynbaar het jy die tesis onder oge gehad.
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by pietbak »

Nee Oom ek het nie. Maar ek diskrediteer nie die persoon voordat ek my feite reg het nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Johnnie De Wet »

Ek stem heelhartig saam saam met die prof, ons skiet en skiet maar sukkel om n duik te maak. As jy genoeg epol vir die jakkals en anatool uitsit sal die twee minder lammers vang. Waneer die jakkals met die donkie paar is daar geen kans van aanteel nie...
Case closed and problem solved!

Sent from my Cats Arse
Johnnie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

Pietbak .... so jy reken die Doktor se tese sal die moeite werd wees op te lees? Op grond waarvan sê jy so?
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

[quote="pietbak"]Nee Oom ek het nie. Maar ek diskrediteer nie die persoon voordat ek my feite reg het nie.
Pietbak
Ek stem in beginsel met jou saam maar vra bietjie die manne wat gereeld met joernaliste werk. Jy laat nie 'n artikel publiseer voor jy dit ge-"okay" het nie. Ek aanvaar dus dat hy tevrede is met die inhoud van die artikel.
So terloops.
Ek het vandag soos die meeste ouens op die forum 'n harde dag se werk agter die blad. Ek ry egter nou in die koue nag in om een jakkals te loop soek wat my lammers opvreet. Nie omdat dit so lekker opwindende jagtog is nie, maar omdat hy my gesin se kos en klere se geld vat.
Ek sal nogal 'n geldjie daarop wed dat die geleerde heer nou snoesig in sy huis sit.
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by pietbak »

wlm wrote:
pietbak wrote:Nee Oom ek het nie. Maar ek diskrediteer nie die persoon voordat ek my feite reg het nie.
Pietbak
Ek stem in beginsel met jou saam maar vra bietjie die manne wat gereeld met joernaliste werk. Jy laat nie 'n artikel publiseer voor jy dit ge-"okay" het nie. Ek aanvaar dus dat hy tevrede is met die inhoud van die artikel.
So terloops.
Ek het vandag soos die meeste ouens op die forum 'n harde dag se werk agter die blad. Ek ry egter nou in die koue nag in om een jakkals te loop soek wat my lammers opvreet. Nie omdat dit so lekker opwindende jagtog is nie, maar omdat hy my gesin se kos en klere se geld vat.
Ek sal nogal 'n geldjie daarop wed dat die geleerde heer nou snoesig in sy huis sit.
Of dalk ook in die veld sit en navorsing doen om 'n oplossing vir die probleem te kry.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by pietbak »

Louis102 wrote:Pietbak .... so jy reken die Doktor se tese sal die moeite werd wees op te lees? Op grond waarvan sê jy so?
Louis, ek dink nie 'n volledige tese kan volledig saamgevat word in net 'n paar sinne nie. Ek sal probeer om 'n kopie in die hande te kry en dan te plaas vir ons om behoorlik te besluit of die doktor vir of teen ons is.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Jassie »

Liaan Minnie is die man wat die navorsing gedoen het met Prof Graham Kerley as promotor.

"Liaan's PhD explored the effects of lethal management on jackal population responses"

Ek dink dis bietjie aborsie-joernalistiek ook, i.e

"Gru ongeluk - prag foto's"

Sal graag self wil weet hoe die kloutjie by die oor kom?

Sal bly wees as jy ons dalk kan help, Piet

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Post Reply