Knaldemper (Silencer)

Post Reply
DUTOITF

Knaldemper (Silencer)

Post by DUTOITF »

Soek bietjie raad.
Ek is versoek om rooibokke op 'n plaas uit te dun maar die eienaar wil dit met die minste moontlik ontwrigting vir die diere  laat gebeur en versoek dat dit in die aan gedoen word en dat dit met knaldempers gedoen word.
Ek het 'n 7X57 wat ek graag sal wil gebruik hiervoor. Is daar iemand wat dalk bietjie meer inligting rondom knaldempers het en dalk ervaring met knal dempers het wat kan raad gee.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Arnold »

Ek weetnie of die ouens op die forum kneldempers gebruik nie. Dit is taamlik iets nuut hier dink ek  :-[
So tydjie terug het ek iets gelees van 'n Terminator, soek dalk hiervoor ???
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by raychell »

Dankie Ludwig, was self verbaas oor Arnold se opmerking.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by MJK »

;D ;D ;D Skerp Arnold!

DuToitF

Ek sal nie verbaas wees as boere binnekort net jagters met silencers op (roere en tydens die braai na die tyd...  :o ;D) op plase wil he nie. Bel? maar sonder twyfel in Terminator KD 8)
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by JPS »

Hi,

Het die Naweek die .303 se Terminator Knaldemper weer (aleen sonder laaitie) uitgetoets wat ek aangekoop het spesifiek vir my laaitie. Het 3 skoot groepering geskiet to kom ek agter ek het nie oormofs oppie.

Daai Terminator KD is maar nou een maal koning, is baie bly ek het al die manne op die forum se raad gevolg en toe die Terminator aangeskaf, skiet nou 150gr sierras teen 2540vps en met die KD het die omtrent geen terugskop en die demping van die klank is groot bonus.

Groete
JP
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Jagtersdok »

Fanie
Kry vir jou Terminator. Sal jou beste belegging wees

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Arnold »

Ek het maar so bietjie gespot, het geweet die ouens sal gou bywees om raad te gee  ;)

Self gebruik ek ook die Terminator en is heel tevrede.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Francois Marais »

Arnold

Jy moet passop, sien die nuwe manne hou nie baie van die manier waarop die ou manne hulle antwoord nie, is self bang om ietsie kwyt te raak, netnou is ekke inni sop.  8) 8)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Arnold »

Ek verstaan en daarom was ek nie lelik nie en het die bewoording mooi probeer kies en meer met die ou manne gespot  :angel:

Wat my tebowe gaan is dat almal Google kan gebruik maar die soek funksie op 'n forum nie ...  ???
Ek reken net dat as jy laat in die klas aankom moet jy eers die notas bestudeer voor jy vrae begin vrae. Dit is maar my beskeie opinie  ;)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Francois Marais »

Arnold

Stem........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Louis102 »

Arnold wrote: Ek verstaan en daarom was ek nie lelik nie en het die bewoording mooi probeer kies en meer met die ou manne gespot  :angel:
Arnold, meeste van ons het darem 'n redelike sin vir humor en het presies die luim waarin daardie post geskryf was, verstaan.  Eintlik was dit nie nodig om jou self te verduidelik nie.  Vir my is dit (terloops) nogal opvallend dat dit moontlik is om redelik baie van iemand se persoonlikheid af te lei, in veral sy eerste post. Miskien verbeel ek my?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
DUTOITF

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by DUTOITF »

Baie dankie vir die manne wie my raad gegee het. Wil net plegtig omverskoning vra vir my onkunde om nie eers te soek op die forum se "argiewe" nie. Het egter knaldemper in soek funksie geplaas met geen resultate nie. Sal maar eers weer bietjie speel en leer hoe om dit reg te doen .
Aan die ander kant is dit ook goed om die "topics" van tyd tot tyd weer te bespreek aangesien dit nuwe gedagtes en ervaringe na vore bring.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by BLOK »

Ek stem kry n terminator myne is gister in die pos gegooi, en ek is soos n kind die aand voor kersvees ;D

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Louis102 »

DUTOITF wrote: ... Het egter knaldemper in soek funksie geplaas met geen resultate nie ...
DUTOITF

Iewers maak jy iets verkeerd.  Ek het gou die search -funksie van die forum getoets en daar kom omtrent 4 bladsye van kortpaaie na onderwerpe oor knaldempers op.  Maak seker jy gebruik wel die search funksie van die forum en nie jou internet se search funksie nie (ek het dit al in 'n oomblik van dofheid gedoen)  Maak ook seker jy maak nie 'n spelfoutjie nie.  Indien jy "knaldemper" in tik en dan op "search" click sal daar weldra sommer baie plekke waar daar oor knaldempers gepraat word, opkom.  

"click" net op die onderstreepte letters hieronder en jy sal outomatoies na 'n onderwerp oor knaldempers gaan:  

[align=center]http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9[/align]

Geniet die forum en moenie bang wees om te vra as jy nie regkom nie.  Hier is baie behulpsame manne op die forum wat jou enige tyd sal help.

Mooiloop & lekker lees

Louis
Last edited by Louis102 on Tue Mar 29, 2011 8:56 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
DUTOITF

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by DUTOITF »

Louis

Dankie baie, het reggekom.

Spreekwoord is mos " As jy dom is moet jy sukkel" Is nog bietjie "tegnologies" gestremd maar sal bykom.

Die manne hier is egter wakker en baie skerp.
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Boesman »

Louis102 wrote:
Arnold wrote: Ek verstaan en daarom was ek nie lelik nie en het die bewoording mooi probeer kies en meer met die ou manne gespot  :angel:
Arnold, meeste van ons het darem 'n redelike sin vir humor en het presies die luim waarin daardie post geskryf was, verstaan.  Eintlik was dit nie nodig om jou self te verduidelik nie...

Louis en Arnold

;) ;)
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by worshond »

Fanie

Kry vir jou n Terminator, jy sal nie spyt wees nie.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by PRIVATE RYAN »

1
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Flip Fouche »

My 2506 is reeds in Bloemfontein vir sy Terminator.
Sal n foto plaas as hy terug is.

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by fanie17 »

DUTOITF
n Knaldemper is een ding,as jy wil uitdun is daar ook ander reels wat geld.n Kaliber soos 223 of 222 is baie lekker om mee uit te dun,a1 skoote is verpligtend d.w.s n kop of n hoe nek skoot.Jy moet in die nag skiet,dit maak die ander wild nie wild nie.Hoeveel moet jy skiet
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Wouter Roets »

Faan

Dink jy die plaas eienaar gaan vir die man wag totdat sy lisensie vir die 222 of 223 goedgekeer is? ;D Klyn slukkies ou maat!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by fanie17 »

Wouter
Hy moet een van ons wat het saam nooi.Hy kan met my geweer skiet
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Knaldemper (Silencer)

Post by Wouter Roets »

Kom ons wag maar dalk kry ons nog n PM! ;D
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply