Bedding

rednat

Re: Bedding

Post by rednat »

U  HMM
Watter rol speel die posisie van jou voorste skroef op jou besluit tot waar jy pak???
Pillarbedding:  wat is die vorm van jou pillars en hoe styf draai jy jou skroewe.
Hout of sinteties sal dit die pakredenasie be?nvloed? Hout is sagter, ens. ???
projag

Re: Bedding

Post by projag »

Wat is hierdie bedding storie. Edblo of Posterpedic.
charles

Re: Bedding

Post by charles »

Pillarbedding is die ding om te doen vir die ouens wat baie rond ry want hout lewe (absorbeer vog en verloor vog)nat en droog Ek het my Tombie en Shiga se kolwe laat verf aksies uit hout gehaal en weer kom terug sit na 7 dae by see en altwee is gepillarbed altwee skiet op dieselfde plek as voorheen. Met PB is vas vas en met hout en sinteties bly jy vas draai dit hiu nooit op nie want hout en sinteties bly saampers.  PB is dit staal op aluminuim. Met goeie PB is die aksie baie minder of gladnie onder stres nie en die teleskoop word ook nie gebuig agv n aksie wat ongelyk vasgedraai word nie
Charles
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Bedding

Post by johan »

Charly
PB is Pop se Bed ;D
Die inding is BB............Bedding Block......Bed daai hele spul 110% :o
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Bedding

Post by JACQUES BOTHA »

johan.
gooi n foto van jou alum. bedding blok....
en wie doen daai spesialis werk...
ek stuur sommer my roer vir jou....en jy kan rekening vir my stuur..
by voorbaat hartlike dank..
Shoot straight and tell the truth!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Bedding

Post by johan »

Jacques
Wag net dat helkom weer bokant 20 kb loop dan plaas ek n foto.
Die klas goed word met die vreesmasjien gesny, mens kan ook n voorbeeld maak en dit dan laat CNC sny,probleem is as ons daai pad stap moet ons 12 vat van een soort.
Die CNC doen 12ure se handwerk in 10minute en maak nie "oopsies" nie.
Die blok se maak bly maar n klomp ure se arbeid,dan weer die blok in die kolf insit,dan eers kan die aksie op die blok "gebed" word.
Kom ons kyk of daar genoeg belangstelling is vir blokke van dieselfde tipe,dan laat CNC ons n paar en dan kan elke man se persoonlike Smith dit inbou.
Van die koste kan ek nie s? nie,wat ek wel weet is dat ek my 223sako se loop klaar skiet(13000skote) sonder om weer te stel en te krap,dis een van die beste belegings ooit.
Onthou wat Dirk en Charles s? :volgehoue akuraatheid het n prys.
Ek verseker jou as die blok reg in is en die regte bedding tipe en materiaal is deur n expert gebruik,stel jy baie selde indien ooit weer aan daai geweer,onthou "point of inpack" en groepering is ewe belangrik in die jagveld,dit help niks die geweer groepeer 1/4" maar dis 2duim links nie.
Met die blok is die "wandering zero" gestuit nog voor dit begin.
Daar skort egter niks met Charles se PB nie,inteendeel dit werk uitstekend,instaleer maklik,kos tien keer minder en kan binne n dag of twee deur n Smith ingesit word.Heel moontlik is die PB opsie n beter opsie ;D
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Bedding

Post by Beyers »

Lekkr onderwerp om oor te lees en die manne se kommentare te sien.
Hier is 'n link met VSA manne se gedagtes
http://yarchive.net/gun/rifle/pillar_bedding.html

Ek dink die kern van die bedding sage is konstante druk.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Bedding

Post by Beyers »

Ek skroef so dan en wan 'n plank op 'n roer. Ek sit pillars (aluminium) in by die skroewe en gebruik ABE se epidermix cream (kannie nou die nommer onthou nie) vir epoxy bedding. Ek meng  koper vylsels in die epoxy in om die harheid te verhoog, om die kleur te karring gebruik ek woodoc se pigment.

Voordat die release agent opgesit word was ek die aksie met thinners, en dan word daar voor aan die recoil lug en agter om die tang 1 lagie insulation tape geplak vir speling en keer dat die kolf onder recoil bars. Met mauser tipe aksies draai insulation tape 2duim voor die rocoil lug om die loop, ek laat dit nie aan die hout raak nie, dit maak net 'n nettjies afsluiting vit die bedding.

Vir release agent gebruik ek van die wat vir veselglas gebruik word, word met 'n fynhaar kwas aangewend en dan met kompressor droog geblaas. Ek verkies om snellermeganismes te verwyder, net oor ek lui is om hulle skoon te maak, maar mens kan van kinder speelklei gebruik maak om al die gaaitjies toe te maak. Die skroewe en skroefgate kry twee douse release agent. Die magasynplaat snellerbeuel word ook met release agent gedoen, net omdat die epoxy tog deurdruk na onder.

Om die lengte van die pillars te kry skroef ek die ysters aanmekaar en sorg dat daar tussen die magasynkas en die aksie 'n sigaret boksie se karton dikte se speling is (net om te voorkom dat iets onder spannig geplaas word).Indien die magasynplaat skuins is tot die onderkant van die aksie meet ek met die vernier die lengtes waar die afstand tussen die aksie en magplaat die korste is. Die pillars draai ek tot 12mm deursnee en gate boor ek 6.5mm.

Die hout moet skoongemaak word en die die oppervlak grof gemaak word. Mens kan gaatjies boor of met die dremel groewe grind in die hout. By die gat vir die recoil lug haal ek heelwat hout uit sodat daar baie epoxy in is om die spul te versterk.

Mens moenie suinig wees met die hoeveelheid epoxy wat jy meng nie. Eerder te veel. Ek skat so twee eetlepels is wat ek gebruik. (Klink na kook resep).Die epoxy moet in die hout in gedruk word om seker te maak dat daar goeie kontak en aanhegting sal wees. Druk die pillars in die kolf en dan die magasynplaat. Die geweer staan vertikaal tot my werksbank. Dan druk mens die loop ewerdig in die kolf in. Ek draai die skroewe net vas , maar nie soos met die torque tooltjie nie. Die epoxy wat uitdruk werk ek terug met 'n stukkie hout net om die een of twee luggaaitjies te voorkom. Versigtig net vir die release agent, ander bars dit om die epoxy van die loop af te kry. (indien dit wel gebeur tik met 'n hamer wanner die epoxy hard is)

Ek probeer om die bedding in die laat middag te doen, voordat ek die offies toemaak sodat die epoxy oornag kan set. Die volgende oggend laat skiet ek die skroewe en so by dinner tyd haal ek die spul uitmekaar. SORG DAT DIE SKROEWE UIT GEHAAL WORD VOORDAT DIE LOOP EN AKSIE VERWYDER WORD. Om die aksie uit die hout te kry maak ek seker dat daar nerens epoxy is wat oor die hout gaan nie, anders breek die hout uit. Ek gee die ysters 'n ferm hou met die rubber hamer en dan knyp ek die kolf tussen my kniee en kap die loop net voor die kolf op die werksbank. So twee of drie houe dan kom die loop los. Die magasynplaat punch ek van binne los. (banja versigtig om dit nie te buig nie) Pasop vir aluminium en pewter parte, jy haal jouself baie K.moeilikheid en hartseer op die hals as hulle breek.

Dan vir die groot skoonmaak. Klei word verwyder deur die dele met warm kraanwater en skottelgoed seep te was. Dit haal ook die release agent af. Ek blaas dan a l die ysters met mammie se haardroeer droog en gooi hom dwf of van oom Hendrik se oliemix.

Daarna skoef ek die spul aanmemkaar en torque die skroewe na 60Lbs/".

http://www.kantkraft.co.za/b%20cronje/stockwork_%26_checkering.htm

Sal weer die ou oopskoef en fotos van die bedding neem.

Groetnis
Beyers
Last edited by Beyers on Sun May 17, 2009 5:08 pm, edited 1 time in total.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Bedding

Post by Beyers »

Johan se bedding blokke. Soos in my roer ingesit
Image
Image
Ja ek weet ek kon die epoxy mooier afgewerk het, sal dit doen as ek tyd het. >:(

Image
Image
Image

Groetnis
Beyers
Post Reply