Ek skroef so dan en wan 'n plank op 'n roer. Ek sit pillars (aluminium) in by die skroewe en gebruik ABE se epidermix cream (kannie nou die nommer onthou nie) vir epoxy bedding. Ek meng koper vylsels in die epoxy in om die harheid te verhoog, om die kleur te karring gebruik ek woodoc se pigment.
Voordat die release agent opgesit word was ek die aksie met thinners, en dan word daar voor aan die recoil lug en agter om die tang 1 lagie insulation tape geplak vir speling en keer dat die kolf onder recoil bars. Met mauser tipe aksies draai insulation tape 2duim voor die rocoil lug om die loop, ek laat dit nie aan die hout raak nie, dit maak net 'n nettjies afsluiting vit die bedding.
Vir release agent gebruik ek van die wat vir veselglas gebruik word, word met 'n fynhaar kwas aangewend en dan met kompressor droog geblaas. Ek verkies om snellermeganismes te verwyder, net oor ek lui is om hulle skoon te maak, maar mens kan van kinder speelklei gebruik maak om al die gaaitjies toe te maak. Die skroewe en skroefgate kry twee douse release agent. Die magasynplaat snellerbeuel word ook met release agent gedoen, net omdat die epoxy tog deurdruk na onder.
Om die lengte van die pillars te kry skroef ek die ysters aanmekaar en sorg dat daar tussen die magasynkas en die aksie 'n sigaret boksie se karton dikte se speling is (net om te voorkom dat iets onder spannig geplaas word).Indien die magasynplaat skuins is tot die onderkant van die aksie meet ek met die vernier die lengtes waar die afstand tussen die aksie en magplaat die korste is. Die pillars draai ek tot 12mm deursnee en gate boor ek 6.5mm.
Die hout moet skoongemaak word en die die oppervlak grof gemaak word. Mens kan gaatjies boor of met die dremel groewe grind in die hout. By die gat vir die recoil lug haal ek heelwat hout uit sodat daar baie epoxy in is om die spul te versterk.
Mens moenie suinig wees met die hoeveelheid epoxy wat jy meng nie. Eerder te veel. Ek skat so twee eetlepels is wat ek gebruik. (Klink na kook resep).Die epoxy moet in die hout in gedruk word om seker te maak dat daar goeie kontak en aanhegting sal wees. Druk die pillars in die kolf en dan die magasynplaat. Die geweer staan vertikaal tot my werksbank. Dan druk mens die loop ewerdig in die kolf in. Ek draai die skroewe net vas , maar nie soos met die torque tooltjie nie. Die epoxy wat uitdruk werk ek terug met 'n stukkie hout net om die een of twee luggaaitjies te voorkom. Versigtig net vir die release agent, ander bars dit om die epoxy van die loop af te kry. (indien dit wel gebeur tik met 'n hamer wanner die epoxy hard is)
Ek probeer om die bedding in die laat middag te doen, voordat ek die offies toemaak sodat die epoxy oornag kan set. Die volgende oggend laat skiet ek die skroewe en so by dinner tyd haal ek die spul uitmekaar. SORG DAT DIE SKROEWE UIT GEHAAL WORD VOORDAT DIE LOOP EN AKSIE VERWYDER WORD. Om die aksie uit die hout te kry maak ek seker dat daar nerens epoxy is wat oor die hout gaan nie, anders breek die hout uit. Ek gee die ysters 'n ferm hou met die rubber hamer en dan knyp ek die kolf tussen my kniee en kap die loop net voor die kolf op die werksbank. So twee of drie houe dan kom die loop los. Die magasynplaat punch ek van binne los. (banja versigtig om dit nie te buig nie) Pasop vir aluminium en pewter parte, jy haal jouself baie K.moeilikheid en hartseer op die hals as hulle breek.
Dan vir die groot skoonmaak. Klei word verwyder deur die dele met warm kraanwater en skottelgoed seep te was. Dit haal ook die release agent af. Ek blaas dan a l die ysters met mammie se haardroeer droog en gooi hom dwf of van oom Hendrik se oliemix.
Daarna skoef ek die spul aanmemkaar en torque die skroewe na 60Lbs/".
http://www.kantkraft.co.za/b%20cronje/stockwork_%26_checkering.htm
Sal weer die ou oopskoef en fotos van die bedding neem.
Groetnis
Beyers