Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek en my buurman het gister probeer om sy Krico in .22Lr op skoot probeer kry met die nuwe KD wat 'n smid hier in die Boland vir hom gemaak het. Die ou het die groefdraad mooi gesny vir die alminium KD.
Die geweertjie groeppeer pragtig op 25m sonder die KD, maar met die ding opgedraai skiet hy die skote laag en 10cm uitmekaar. Alles probeer, maar niks werk nie. Weer afgehaal in die groepe blom weer... Nodeloos om te sê dat buurman lelik bek-af is. Die ou gebel en hy sal die KD omruil.
Nou wil ek weet: Wat alles in so 'n KD kan verooraak die geweer so bont begin skiet?
Die bad case scenario is natuurlik dat die skroefdraad sleg gesny is.... Volgens buurman, wat by was toe die job gedoen is, het hy alles mooi op die draaibank gedoen - maar you never know
Kyk deur die KD of daar niks in die pad van die koeltjie hang nie.Hulle gebruik gewoonlik een of ander media om die klank te apsorbeer wat dalk kon los kom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ek het met 'n flits van voor af ingeloer. Op die laaste buffle van voor af is daar 'n kleurverskil weerskante van die gaatjie. Die een kant van die gat is swart en die ander kant blinker. My gedagte is dat die koeël nie in die middel van die gat deurgaan nie en dit dus 'n invloed kan hê...
Dit bevestig moontlik dit wat julle noem. Ek sal gou weer gaan kyk. Dankie
My eerste raaiskoot is dat die koeëls die KD iewers raak. Dit kan deur verskillende dinge veroorsaak word.
Een van die moontlike oorsake is dat die skroefdraad op die loop skeef is. Bloot omdat dit op 'n draaibank gesny is, waarborg niks. Die loop moet reg "opgeklok" (presies sentreer) word voordat die werk begin. Dit moet ook presies gesentreer bly totdat die werk afgehandel is.
Dan moet daar gekyk word na die skouer waarteen die KD vasskroef. Hierdie skouer is krities belangrik in die sentrering van die KD op die loop. Die skroefdraad alleen kan nie die KD behoorlik sentreer nie.
As die skroefdraad en skouer in die KD ook van aluminium gemaak is, kan hy dalk werk, maar op die lang duur gaan hy moontlik probleme gee. Die aluminium is relatief sag en slyt of vervorm maklik. 'n Staal insetsel op die skroefdraad help om die oplyning langer te handhaaf.
Daar is nog moontlikhede. As die persoon wat die werk gedoen het, dit nie kan uitsorteer nie, soek dan maar iemand met die regte ondervinding en kennis.
Ek het presies dieselfde probleem gehad met my .22 demper. Koeeltjies het net effens aan demper geraak by uitgangspunt. Jy hoor of voel niks nie, so mens vermoed nie dat dit die probleem is nie.
Die knaldemper is skeef teenoor die boor van die loop... dit kan wees dat een van die twee se draad skeef is of die skouer waarteen die demper vastrek te klein is en dan veroorsaak dat die demper skeef vastrek...
Ja. Ons het gister weer gekyk en daar is duidelike tekens dat die koeëls geraak het - aan die binnekant die KD... Kommerwekkend om die minste te sê!
Buurman sal dit maar met die smid opvolg. Ek hou julle op hoogte. As hier nie 'n goeie uitkoms is nie, sal ek sy naam hier noem
Onthou jy hoe skeef my .222 geskiet het en ek wou die loop weggooi en nuwe loop opsit, toe was knaldemper se draad kort gesny en demper het nie gebottom teen skouer op loop nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.