KD probleme. Raad asb!

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

KD probleme. Raad asb!

Post by Hein M. »

Soek 'n bietjie raad asb...

Ek en my buurman het gister probeer om sy Krico in .22Lr op skoot probeer kry met die nuwe KD wat 'n smid hier in die Boland vir hom gemaak het. Die ou het die groefdraad mooi gesny vir die alminium KD.

Die geweertjie groeppeer pragtig op 25m sonder die KD, maar met die ding opgedraai skiet hy die skote laag en 10cm uitmekaar. Alles probeer, maar niks werk nie. Weer afgehaal in die groepe blom weer... Nodeloos om te sê dat buurman lelik bek-af is. Die ou gebel en hy sal die KD omruil.

Nou wil ek weet: Wat alles in so 'n KD kan verooraak die geweer so bont begin skiet?

Die bad case scenario is natuurlik dat die skroefdraad sleg gesny is.... Volgens buurman, wat by was toe die job gedoen is, het hy alles mooi op die draaibank gedoen - maar you never know :o
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by tripodmvr »

Klink asof koeëls iets raak. Is die gate groot genoeg voor en agter?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Capt. Yoda »

Kyk deur die KD of daar niks in die pad van die koeltjie hang nie.Hulle gebruik gewoonlik een of ander media om die klank te apsorbeer wat dalk kon los kom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Hein M. »

Ek het met 'n flits van voor af ingeloer. Op die laaste buffle van voor af is daar 'n kleurverskil weerskante van die gaatjie. Die een kant van die gat is swart en die ander kant blinker. My gedagte is dat die koeël nie in die middel van die gat deurgaan nie en dit dus 'n invloed kan hê...

Dit bevestig moontlik dit wat julle noem. Ek sal gou weer gaan kyk. Dankie ;)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Alwin »

My eerste raaiskoot is dat die koeëls die KD iewers raak. Dit kan deur verskillende dinge veroorsaak word.

Een van die moontlike oorsake is dat die skroefdraad op die loop skeef is. Bloot omdat dit op 'n draaibank gesny is, waarborg niks. Die loop moet reg "opgeklok" (presies sentreer) word voordat die werk begin. Dit moet ook presies gesentreer bly totdat die werk afgehandel is.

Dan moet daar gekyk word na die skouer waarteen die KD vasskroef. Hierdie skouer is krities belangrik in die sentrering van die KD op die loop. Die skroefdraad alleen kan nie die KD behoorlik sentreer nie.

As die skroefdraad en skouer in die KD ook van aluminium gemaak is, kan hy dalk werk, maar op die lang duur gaan hy moontlik probleme gee. Die aluminium is relatief sag en slyt of vervorm maklik. 'n Staal insetsel op die skroefdraad help om die oplyning langer te handhaaf.

Daar is nog moontlikhede. As die persoon wat die werk gedoen het, dit nie kan uitsorteer nie, soek dan maar iemand met die regte ondervinding en kennis.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Hein M. »

Dankie Alwin!

Dit maak baie sin!
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1842
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by LoopSoosStroop »

Ek het presies dieselfde probleem gehad met my .22 demper. Koeeltjies het net effens aan demper geraak by uitgangspunt. Jy hoor of voel niks nie, so mens vermoed nie dat dit die probleem is nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
marco

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by marco »

Die knaldemper is skeef teenoor die boor van die loop... dit kan wees dat een van die twee se draad skeef is of die skouer waarteen die demper vastrek te klein is en dan veroorsaak dat die demper skeef vastrek...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by tripodmvr »

Soos Hein beskryf is die belyning moontlik hier nie die probleem. Hy verwys na 'n interne element wat moontlik raak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Hein M. »

Dankie vir die terugvoer!

Ja. Ons het gister weer gekyk en daar is duidelike tekens dat die koeëls geraak het - aan die binnekant die KD... Kommerwekkend om die minste te sê!
Buurman sal dit maar met die smid opvolg. Ek hou julle op hoogte. As hier nie 'n goeie uitkoms is nie, sal ek sy naam hier noem ;)

Mooi week vir almal!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by tripodmvr »

Sal die deurdruk van 'n korrekte deursnee boorpunt nie dalk die probleem ondervang nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Eugene »

tripodmvr wrote:Sal die deurdruk van 'n korrekte deursnee boorpunt nie dalk die probleem ondervang nie?
Dit werk gewoonlik!
Aim small, miss small
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Hein M. »

tripodmvr wrote:Sal die deurdruk van 'n korrekte deursnee boorpunt nie dalk die probleem ondervang nie?
Defnitief die oplossing. Klink my die KD sal vervang word, so hy wil nie nou peuter aan die ding nie.
dphugo711
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Nov 29, 2015 11:28 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by dphugo711 »

Dit kan wees dat die KD die loop se normaale webrasie versteur sit n klein pak onder die loop inen kyk of dit help
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by tau »

Onthou jy hoe skeef my .222 geskiet het en ek wou die loop weggooi en nuwe loop opsit, toe was knaldemper se draad kort gesny en demper het nie gebottom teen skouer op loop nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: KD probleme. Raad asb!

Post by Gernie »

Het dit ook op 223 gehad, verskaffer het dadelik nuwe een gestuur en hy loop soos muis met nuwe crocs.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Post Reply