Oom Leeu, en Oom Johan, hierdie is baie goeie raad, maar as ek mag, wil ek n stappie terug vat, hierdie is baie basiese goetjies wat ek geleer was, wat n paar van my eie foute regemaak het vir akuraat skiet (ek is nou nie n m@#$%$se skut nie, maar dit kan dalk iemand help!) Die Oom wat my leer skiet het, het twee foute opgetel op my roertjie nadat ek so 5 of 6 skote geskiet het, en dit het wel my akuraatheid geafekteer (spelling) eerste ene die beste afstand vir jou oog tot die agterkant van jou scope is drie vingers, MAW as jy deur jou scope kyk, en jy sit 3 van jou vingers langs mekaar teen jou "eyebrow" moet dit net net die scope raak, myne was verkeerd op 4 vingers gestel, en dit maak snaaks genoeg n verskil, sy antwoord toe ek gevra was "as jy reg is, moet jou oog so vinnig moontlik die kruishare optel", toe ons die scope geskyf het was dit so die tweede ding wat hy gedoen het, is reeds hierbo genoen, en dit was ek was glad nie gewoond aan my sneller nie, hy het n lee doppie ingesit, en ek moes laai en vuur todat ek gemaklik was. Ek weet dit klink redelik kinderagtig, maar dit het vir my baie gehelp. As jy verby al die klein dingetjies kan kom, dan kan jy op die skiet konsentreer!

Alhoewel dit nie vir almal is nie moet ek se dat as jy self jou patrone laai, leer jy baie vinnig wat jou geweer kan/nie kan doen nie, veral as jy daai "sweet" lading gekry het. As jy nie self daarin belangstel om self ammo te laai, sal jy sekerlik op hierdie forum n maatjie kan kry wat vir jou sal help. Ek weet nie of ek die vraag reg geantwoord het nie, maar basies wat hy gese het is dat dit baie makliker is om akuraat te skiet, as jy gewoond is ann jou geweer, dit moet amper soos n "extension" van jou arm wees. (maak dit sin?) Weet dis klein goed, maar dit het vir my gehelp.
Pretty Walk.
Whisper