Raak skiet??

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Raak skiet??

Post by Pvdw »

Ek sal graag so 'n bietjie by julle wil hoor wat moet 'n mens doen om akuraat te skiet? Dit sluit nou die geweer se vermo? uit.

Die manne wat weet gooi woorde rond soos greep, deurvolg, "cheek weld" en baie ander wat my net laat kop knik en saam stem asof ek weet wat aan die gang is ;) ;)

Wat sal julle s? is die basiese tegnieke vir akuraat skiet en gee so 'n bietjie van 'n verduidelikking asb?

Sal graag hoor wat werk vir wie en wat nie.

Ek besef die is nie 'n "bench rest" forum nie maar tog is daar altyd so 'n paar tips wat basies bly by enige skiet.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Raak skiet??

Post by Francois Marais »

Pvdw

Daar is baie ander goete wat ook n voordeel het, maar die belangrikste is seker ASAMHALING en SNELLER DRUK, in kort, haal voor die skoot diep asem, stadig uit, voor jou asem op is moet die skoot breek, sneller druk moet beginne toeneem sodra jy met uitasem beginne en moet breek teen die tyd wat jy halfpad uitgeasem het, aanle prent moet konstand bly terwyl druk op sneller toeneem, skoot moet as surprise breek en nie doelbewus afgepluk word nie.

My vinnige 2c..........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Raak skiet??

Post by JOHANNIC »

Peet
Ek dink nie daar is n kortpad om akkuraat te skiet nie,my raad het ek by Piet Breedt gekry en dit werk
Vat n luggeweer met n scope en skiet uit die staan elke dag 50-200 skote dit sal jou help met outomatiese rigting jou asemhaling en jou snellerdruk,skiet net eers op 10m as jy op n punt kom waar jy een groot gat uit die teiken geskiet het sonder dat daar meer as 5 "fleyers" is skuif die teiken na 20m en herhaal moet nie met jou grootgeweer baantoe gaan voordat jy die 20m onder die knie het nie!!
Gaan nou baan toe skiet oor n bank ek kyk die verskil
Die "brainmemory" wat jy opgebou het sal dit al hoe makliker maak om akurate skote te skiet,kyk hoe jy in n jaar verbeter op n afstand van 300m met se 10 skote.
My 2c
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Raak skiet??

Post by whisper »

Oom Leeu, en Oom Johan, hierdie is baie goeie raad, maar as ek mag, wil ek n stappie terug vat, hierdie is baie basiese goetjies wat ek geleer was, wat n paar van my eie foute regemaak het vir akuraat skiet (ek is nou nie n m@#$%$se skut nie, maar dit kan dalk iemand help!) Die Oom wat my leer skiet het, het twee foute opgetel op my roertjie nadat ek so 5 of 6 skote geskiet het, en dit het wel my akuraatheid geafekteer (spelling) eerste ene die beste afstand vir jou oog tot die agterkant van jou scope is drie vingers, MAW as jy deur jou scope kyk, en jy sit 3 van jou vingers langs mekaar teen jou "eyebrow" moet dit net net die scope raak, myne was verkeerd op 4 vingers gestel, en dit maak snaaks genoeg n verskil, sy antwoord toe ek gevra was "as jy reg is, moet jou oog so vinnig moontlik die kruishare optel", toe ons die scope geskyf het was dit so die tweede ding wat hy gedoen het, is reeds hierbo genoen, en dit was ek was glad nie gewoond aan my sneller nie, hy het n lee doppie ingesit, en ek moes laai en vuur todat ek gemaklik was. Ek weet dit klink redelik kinderagtig, maar dit het vir my baie gehelp. As jy verby al die klein dingetjies kan kom, dan kan jy op die skiet konsentreer! :) Alhoewel dit nie vir almal is nie moet ek se dat as jy self jou patrone laai, leer jy baie vinnig wat jou geweer kan/nie kan doen nie, veral as jy daai "sweet" lading gekry het. As jy nie self daarin belangstel om self ammo te laai, sal jy sekerlik op hierdie forum n maatjie kan kry wat vir jou sal help. Ek weet nie of ek die vraag reg geantwoord het nie, maar basies wat hy gese het is dat dit baie makliker is om akuraat te skiet, as jy gewoond is ann jou geweer, dit moet amper soos n "extension" van jou arm wees. (maak dit sin?) Weet dis klein goed, maar dit het vir my gehelp.

Pretty Walk.

Whisper
Last edited by whisper on Wed Feb 23, 2011 8:47 pm, edited 1 time in total.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Raak skiet??

Post by Piet Breedt »

Ek het n hele skiet afrigtings kursus opgestel in CD formaat, en verkoop dit teen R110.00 per CD. Die fondse wat ek so in, wend ek aan om weer hierdie jaar vir die 5de opeenvolgende jaar aan die Veld Teiken W?rekdkampioenskappe te gaan deelneem. Dit gaan hierdie jaar in Itali? wees. Dit kos ons elke jaar tussen R 28 000.00 en
R 42 000.00 per skut.

Dit is dieselfde kursus wat ek eerskomende naweek gaan aanbied in Robertson in die Kaap vir n fondsinsameling veldtog deur Safari & Outdoor vir die Kaapjag Jaggeweer manne. Daar gaan ook CD's beskikbaar wees na afloop van die kursus.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Raak skiet??

Post by KSV »

Oom Piet,

Kan ek maar een bestel asb?

Ek wil nog vir Oom gese het dat dit Oom se skuld is dat die 270 my stukkend gaskop het. (LOL)

Ander ding wat ek geleer het, ook maar basies is BRAS.

Breathe
Relax
Aim
Squeeze


Sorry vir die spelling.

Maak mooi!
Hein
Last edited by KSV on Thu Feb 24, 2011 8:15 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Raak skiet??

Post by Monrique (SJ) »

Ek wil ook 1 van daai CD's he asb.

Groetnis
SJ
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Raak skiet??

Post by Dawie »

Maybe is die links behulpsaam

Sneller click....

http://westernrifleshooters.blogspot.co ... rt-iv.html

Asemhaling click....

http://westernrifleshooters.blogspot.co ... -part.html

Cheers

D
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Raak skiet??

Post by fanie17 »

Een van die grootste probleme is jou geweer se lengte.Ek wil n bewering maak dat 70% van jagters skiet met te lang gewere. die gevolg daarvan is vele.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Raak skiet??

Post by Louis102 »

Pvdw wrote: Ek sal graag so 'n bietjie by julle wil hoor wat moet 'n mens doen om akuraat te skiet? Dit sluit nou die geweer se vermo? uit.
Pvdw,

As ek my skootjie hier mag pluk, is die belangrikste gewoonte wat jy jouself kan aaleer / indril, om elke skoot na die beste van jou vermoe? te verklaar. Let wel elke skoot!  M.a.w. voorspel die resultaat van elke skoot voordat jy die bewyse van naby sien, maak nie saak of dit op 'n teiken, bok of jakkals is nie.  Dis nie goed genoeg om te s? jy het die jakkals op die blad geskiet nie, jy moet kan voorspel waar presies op die blad daardie skoot was.  Na die skoot geloop het en jy deurgevolg het, maak jou o? vir 'n oomblik toe (as jy tyd het byges?) en probeer presies voel en in jou gedagtes sien waar daardie koe?l getref het.

Andersom gestel, as jy elke skoot se plasing kan voorspel sonder dat jy die resultaat gesien het, is die basiese tegnieke soos outomatiese rigting, asemhaling, sneller druk, deurvolg ens. in plek.  Hoe ernstiger en meer puntenerig jy raak om jou skoot reg te verklaar, hoe meer geredelik gaan jy die regte dinge konstant dieselfde begin doen.  Vir my het dit ook die addisionele voordeel dat dit in 'n mate van die spanning / bewerasie / senuwees van die "oomblik" wegneem  (die fokus is nou om my skoot te verklaar en ek is minder bekommerd oor die resultaat, wat verkeerd kan gaan, situasie, teiken, bok of jakkals) wat beter resultate teweeg bring.

Met baie manne wat al by my gejag het, is dit vebasend hoe min jagters wel 'n skoot kan verklaar nadat hy geskiet het, daarom weet ek dit is 'n groot probleem.  Ons persoonlikhede verskil egter baie en wat vir die een werk sal nie noodwendig die selfde by 'n volgende persoon werk nie.

Groete
Louis

Ns. Piet, ek sal 'n CD koop.  Waar kan ek die geld inbetaal en kan jy dit vir my pos?
Goeie dade oortref goeie woorde.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Raak skiet??

Post by JOHANNIC »

Louis
Jy het nou n goeie punt opgebring,dit is so waar wat jy se as jy die skoot in jou geestesoog kan sien na die skoot gebreek het weet jy somer dadelik of dit n goeie of swak skoot was,sodra jy jou skote kan roep soos jy genoem het dan begin mens akkuraat skiet ;)
Biebers
Need for speed >:D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Raak skiet??

Post by Louis102 »

JOHANNIC wrote: Louis
Jy het nou n goeie punt opgebring,dit is so waar wat jy se as jy die skoot in jou geestesoog kan sien na die skoot gebreek het weet jy somer dadelik of dit n goeie of swak skoot was,sodra jy jou skote kan roep soos jy genoem het dan begin mens akkuraat skiet ;)
Johannic

Presies, almal van ons skiet swak skote (selfs Piet breedt, ek's seker - net heelwat minder as ons gewone sterflinge).  Ons moenie dat vrees vir 'n swak skoot ons nog swakker laat skiet nie.  As ons 'n swak skoot kan roep of verklaar, kan ons mos die fout "voel", nie waar nie?  Niemand skiet aspris swak nie so ons onderbewussyn gaan daai foutjie sommer self so met die tyd regstel (as dit nie 'n groot tegniek probleem is nie, byges?).  As ek en my roer "een" raak en ek die oomblik van die skoot amper soos 'n toeskouer beleef, eerder as om oor die resultaat bekommerd te wees, dan skiet ek op my beste.

Jammer as dit soetsappig klink, ek sal nou ophou!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Raak skiet??

Post by baboonstalker »

Nou wat is dan nou fout met soet en sappig Louis???

Ditto op wat julle ges? het. Die dag as jy jou skote konstant kan roep beteken dit jy was nog daar toe die skoot geloop het. As 'n man nog bang is vir die skoot koes/ ruk/ pluk of maak jy sommer jou oe? toe nog voor die skoot ge loop het en dus die onvermoe? om die skoot te roep.
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Raak skiet??

Post by Christo Els »

Dankie nou het ek ook 'n paar dinge wyser geraak.

Ja skiet is nie soos algemeen gedink word nie en dit is nou  die mik en druk metode.

My raad is oefen oefen oefen en as jy klaar geoefen het begin weer oefen. Vat altyd 'n maat saam vir die oefen en laat
hy jou dop hou as jy skiet wat jou liggaam maak.
Veral as jy jou skote trek of flinch


en Lekker Cool drank na die tyd te geniet.

my 2c
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Raak skiet??

Post by Piet Breedt »

Vir die van julle wat my Skiet Afrigting kursus CD bestel het, en die wat ook nog een wil h?, kontak my op my e-pos ares met julle besonderhede en pos adresse asb.

Jy sal party konsepte daarin radikaal anders vind as wat jy tot nou toe geleer het, maar dit sal n dramatiese verskil teweegbring in jou resultate, soos wat Corrie Prins, Johannes Schoeman en Paul Botha reeds ondervind het nadat hulle net so bietjie raad gevolg het, en dit is geen geheim hoe goed hulle vandag skiet.

pietsafari@goggaconnect.co.za
Last edited by Piet Breedt on Mon Feb 28, 2011 4:22 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Raak skiet??

Post by Pvdw »

Dankie vir al die terugvoer manne. Lyk my ek gaan maar daai cd by PB moet bestel.

Peet
Work to live, don"t live to work
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Raak skiet??

Post by Stefan764 »

Oom Piet

Gooi my n PM met bankbesonderhede asb, ek soek ook een van oom se laserskywe asb.

Dankie
Stefaans
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Raak skiet??

Post by Flip Fouche »

Stef

Kry vir my ook een asb!


Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Raak skiet??

Post by Stefan764 »

Reg so pa, het vir oom Piet gebel...

Lekker dag daar!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Raak skiet??

Post by Piet Breedt »

Manne, ek het vir meeste van julle sommer die kursus per e-pos gestuur, maar as jy n CD verkies, s? net so, dan stuur ek hom.

Laat weet ook vir my of julle dit ontvang het

SJ v d Westhuizen, Dawie Kotze en Beyers, ek kort net julle e-pos adresse. Stuur dit vir my na my e-pos adres

Dankie
Last edited by Piet Breedt on Fri Mar 04, 2011 5:15 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Raak skiet??

Post by Piet Breedt »

Piet Breedt wrote: Manne, ek het vir meeste van julle sommer die kursus per e-pos gestuur, maar as jy n CD verkies, s? net so, dan stuur ek hom.

Laat weet ook vir my of julle dit ontvang het

SJ v d Westhuizen, Dawie Kotze Daan v Rensburg (Namhunt) en Beyers, ek kort net julle e-pos adresse. Stuur dit vir my na my e-pos adres pietsafari@goggaconnect.co.za

Dankie
Post Reply