Tim Noakes dieet

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Fluffa »

Hallo julle,

Ek en my vrou is sedert Mei 2014 op die Real Meal Revolution. Sy het 17kg verloor, ek het niks verloor nie, was 70kg on mee te begin, maar is af van 'n 32 na 30 broek selfde gewig. Ek het my eerste Comrades gedoen op salami en water, voorheen Ironman gedoen met goo, Coke en allerhande formules.

My vliegmedies gedoen, oë is beter op 55 as op 40, kry nou lisensie sonder bril. My trigliserides af van 6.3 na 5, cholesterol af van 5.3 na 4.

Nog nooit weer statins gebruik nie, spierpyne is weg, die triljoen dollar industrie het nie meer my ondersteuning nie.

Die Tim Noakes dieet werk definitief vir ons. Probeer gerus, dit vat omtrent vier weke om aan te pas om sonder suiker, brood, aartappels, pasta of rys te kan lewe.

Verlustig jouself in eiers, spek en wors vir ontbyt, groente stir fry in botter met vleis met al die vet, maar geen koolhidrate vir al jou ander maaltye.

Die full cream full fat yoghurt is op sy beste saam met coconut flakes, amandel, flaxseed en pistachio as jy haastig is soggens.

Koop die boek, dis die maklikste.

Mooi loop
Fluffa
7x57 Oberndorfer Mauser 4-12x40 ProStaff Nikoplex
12Br Gaspar Arizaga SxS
.22 Long BRNO Mod 2 3-9x40 ProStaff Nikoplex
.177 CZ Mod 35 4x20 Cheapie
7.65 CZ-70
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Gawie(13mm) »

maxboostsa1 wrote:Is daar al n studie gedoen van hoe banting kanker bevorder?
Ek praat nou onder streng korreksie en jy sal Tim Noakes direk moet kontak, maar ek dink die teenoorgestelde is reeds bewys.
Kankerselle word deur suiker gevoed. Veral verwerkte suiker in kanker se geval. Indien die suiker weggeneem word is die kanse vir kankerselvorming verminder.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Bulvegter »

Gerrie Smith wrote:Ek het gehoor van die 2 bladsy dieet wat gewaarborg is. Bladsy 1: Eet minder, bladsy 2: draf meer!
*1. Die kruks van die saak is wat by jou mond ingaan bepaal of jy gewig gaan verloor of nie. Oefening gaan jou lyf ferm maak, maar jy gaan definitief nie gewig verloor indien meer inneem as verbruik nie.
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Bulvegter »

Fluffa wrote:Hallo julle,

Ek en my vrou is sedert Mei 2014 op die Real Meal Revolution. Sy het 17kg verloor, ek het niks verloor nie, was 70kg on mee te begin, maar is af van 'n 32 na 30 broek selfde gewig. Ek het my eerste Comrades gedoen op salami en water, voorheen Ironman gedoen met goo, Coke en allerhande formules.

My vliegmedies gedoen, oë is beter op 55 as op 40, kry nou lisensie sonder bril. My trigliserides af van 6.3 na 5, cholesterol af van 5.3 na 4.

Nog nooit weer statins gebruik nie, spierpyne is weg, die triljoen dollar industrie het nie meer my ondersteuning nie.

Die Tim Noakes dieet werk definitief vir ons. Probeer gerus, dit vat omtrent vier weke om aan te pas om sonder suiker, brood, aartappels, pasta of rys te kan lewe.

Verlustig jouself in eiers, spek en wors vir ontbyt, groente stir fry in botter met vleis met al die vet, maar geen koolhidrate vir al jou ander maaltye.

Die full cream full fat yoghurt is op sy beste saam met coconut flakes, amandel, flaxseed en pistachio as jy haastig is soggens.

Koop die boek, dis die maklikste.

Mooi loop
Fluffa
Stem saam. 'n Paar jaar gelede wou my dokter my op statins sit. Ek is op geen medikasie vandat ek op Tim se dieet is nie. My goeie cholestorol klim elke jaar en die ander bly bestendig. Bloedruk is goed. Ek ry so 2 x bergfiets per week, stap elke aand saam met my vrou en die honde en voel uitstekend. Verder hou ek in die somermaande van 'n Castle Lite (net 2 g koolhidrate per 330 ml) gewoonlik 2 per aand opgevolg met 'n wyntjie ( 1.5 g koolhidrate per 150 ml)of whishky ( 0 koolhidrate)met soda.
My basiese dieet is eiers en bacon soggens en vleis middae en saans met soms 'n bietjie groenteslaai of gebraaide groente.(nie aartappels nie) Wanneer ons gaan uiteet, sal ek "chips" saam met die steak geniet en nou en dan iets soets, maar dit is die uitsondering.
Wanneer ek gewig wil verloor, probeer ek nie meer as 20 g koolhidrate en 550 g proteine per dag in neem nie. Daarna behou ek my gewig met so 70-80 g koolhidrate plus 500 g proteine per dag.
Vir "snacks" eet ek kaas, biltong, droe wors en amandels ( alles saam binne 550 g protiene per dag)
Saam met my koffie en tee drink ek versoeters en my koeldrank is Tab en niemand kon nog ooit statisties bewys dat dit nie goed is nie.(versoeters)
Wat hierdie dieet vir my maklik gemaak het, is dat ek nie veel van my lewenswyse moes afwyk en dat jy nie so gou honger word soos met koolhidrate nie.
Ek se nie dit gaan vir almal werk nie, maar die wat van vleis hou, gaan hulle geniet.
Is al plus minus 5 jaar op die dieet.
Vriendeklike vleis en vet groete,

Bulvegter
Last edited by Bulvegter on Mon Jul 13, 2015 3:23 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Bulvegter »

[quote="Boesman10"]Ek volg die dieet maar hou nog van my bier en wyn.
Kan seker meer vinniger verloor as ek die bier en wyn stop maar hoop as ek stadig verloor oor 'n langer tyd sal die gewin af bly.
Jy kan matig by bier en wyn hou. Castle Lite bevat net 2 g koolhidrate per 330 ml en wit wyn 1.5 g per 150 ml.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Louis Kriel »

Gawie(13mm) wrote:
maxboostsa1 wrote:Is daar al n studie gedoen van hoe banting kanker bevorder?
Ek praat nou onder streng korreksie en jy sal Tim Noakes direk moet kontak, maar ek dink die teenoorgestelde is reeds bewys.
Kankerselle word deur suiker gevoed. Veral verwerkte suiker in kanker se geval. Indien die suiker weggeneem word is die kanse vir kankerselvorming verminder.
Dankie Gawie dis die waarheid. Al hoe meer mense eet "gesonde" lae vet kos en al hoe meer mense kry kanker. Terwyl die Innuit Indiane wat op n hoe vet hoe protein dieet is, nie diabetes of kanker kry nie, behalwe nou die wat reeds verwesters is.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Pappabeer »

Louis Kriel wrote:
Gawie(13mm) wrote:
maxboostsa1 wrote:Is daar al n studie gedoen van hoe banting kanker bevorder?
Ek praat nou onder streng korreksie en jy sal Tim Noakes direk moet kontak, maar ek dink die teenoorgestelde is reeds bewys.
Kankerselle word deur suiker gevoed. Veral verwerkte suiker in kanker se geval. Indien die suiker weggeneem word is die kanse vir kankerselvorming verminder.
Dankie Gawie dis die waarheid. Al hoe meer mense eet "gesonde" lae vet kos en al hoe meer mense kry kanker. Terwyl die Innuit Indiane wat op n hoe vet hoe protein dieet is, nie diabetes of kanker kry nie, behalwe nou die wat reeds verwesters is.

Kom nou mense. Dis die veralgemening van die laaste 100 jaar.

Die risiko faktore, voorlopers, en predisponerende faktore vir maligniteite is legio.

Hoe verklaar jy n 6 maande oue kind wat borsvoed se breintumor met n "suiker laat kanker selle groei" teorie?

Dis nou soos om te sê skewe doppe is agv dies en nie die press nie...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Louis Kriel »

http://www.infowars.com/busting-the-can ... f-old-age/

"The medical establishment will tell you that the rise in cancer rates is simply because we are living longer, and that the disease is related to old age. Funny how they will make up lies when they can’t readily explain why there has been a 3000% increase in cancers (as estimated by some) for all ages in the past 100 years, or why cancer rates are expected to soar over 70% in the next 20 years.

There are those who will tall you that the soaring cancer rate claims are a lie. They work hard to discredit anyone who says cancer is becoming an epidemic. They say nothing of the fact that while Americans are well-fed (meaning overweight) they are under-nourished. They hide facts about increased estrogen levels caused by xenoestrogens in things like GM soy, birth control pills, and bogus hormone replacement therapies.

They hardly bat an eye at the fact that our livers can’t get rid of excess estrogen because we are so nutritionally deficient. Nor do they talk about all the carcinogenic ingredients in our ‘food’ sold in grocery stores.

They also mention little about systemic inflammation caused by the environmental toxins, GMOs, altered gut flora, and disgusting additives to our food supply. Nor the addition of millions of pounds of herbicides, fungicides, pesticides, and petroleum based fertilizers."
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Pappabeer »

Daar is omtrent soveel gewigdraende feite op daai Natural society se webtuiste as op Bool se faceboek blad.

Gaan soek gou vir my n paar erkende studies oor die etiologie van dv: en dan kom verduidelik jy dit met Noakes se dieet, en die behandeling daarvan met hippie natuurlike remidië:

1. Servikale kanker en pre maligne voorlopers
2. Kongenitale maligniteite begin sommer by Nefroblastoom en Retinoblastoom
3. Familiële adenomateuse polipose en die natuurlike verloop daarvan
4. Kleinsel longkanker
5. Mondvloer maligniteite en hulle oorsake
6. Esofagiële karsinoom
7. Maligne Melanoom, en ander velkankers.

Die punt is. Mens kan nie n groteske veralgemening maak oor hierdie goed, en profeseer dat dieet die oplossing tot kankers is nie. Die veld is heeltemal te wyd en kompleks daarvoor. En soos ek gesê het die risiko faktore is heeltemal te veel.

Ek gaan nie eers begin debateer met die "organic" spul oor woorde soos GMO, kloon, hormoon of antibiotika nie, want hulle weet nie wat dit beteken nie. Wat hulle wel salig onbewus van is, is hoe genetiese manupilasie al die jare plaasgevind het dmv selektiewe teeling. Dis die selfde persoon wat nie n GMO tamatie eet nie wat met n ingeteelde Yorkie op sy skoot sit op sy bank en aangaan oor die goed.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Pappabeer »

Dankie vir logika Ludwig.

Dit gaan grootliks oor volume. Al ooit gewonder hoekom obesiteit in Europa, wat so baie brood eet soveel laer as in die VSA is?

En net n ding oor Kanker. Die ooreenkoms tussen bv Plaveisel karsinoom van die vel en adenokarsinoom van die gastrointestinale kanaal is vergelykbaar met die ooreenkoms tussen Gert Odendaal en David Tubb se herlaai vermoëe. So vergelyk appels met appels.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Capt. Yoda »

Pappabeer wrote:Dankie vir logika Ludwig.

Dit gaan grootliks oor volume. Al ooit gewonder hoekom obesiteit in Europa, wat so baie brood eet soveel laer as in die VSA is?

En net n ding oor Kanker. Die ooreenkoms tussen bv Plaveisel karsinoom van die vel en adenokarsinoom van die gastrointestinale kanaal is vergelykbaar met die ooreenkoms tussen Gert Odendaal en David Tubb se herlaai vermoëe. So vergelyk appels met appels.

LMGA ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Gawie(13mm) »

Dewald, ek lees so nou en dan op die internet rond sowel as fisiese mediese geskrifte indien iets my werklik interesseer, maar na ek gelees het wat jy hierbo geskryf het, het ek daai selfde glasige uitdrukking in my oë as wat een van my fabriek werkers het as ek Quick-Load aan hom probeer verduidelik. Nes hy dink ek dan ook by myself: WTF? ;D

Hier is baie manne wat graag wil verstaan hoekom die dieet werk en Ludwig se skrywes tot nou was baie insiggewend vir leke soos ek.

Deur ons met groot woorde oor die kop te slaan ipv ons op die regte pad te help oor 'n saak waarvan ons tokkol weet, sal miskien meer geduld van jou verg, maar ons afwagting is groot. Onthou; geen woorde met meer as drie lettergrepe nie. >:D

O-ja, David Tubb skiet fabrieks Ammo wat vir hom gelaai word. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Proudprado
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Proudprado »

Ek het vanoggend kaiings vir ontbyt gehad. Voel sommer klaar beter.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by joe rocket »

Proudprado wrote:Ek het vanoggend kaiings vir ontbyt gehad. Voel sommer klaar beter.


Hoe sê hulle jou are het " lube" nodig :laugh:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by dehacked »

Proudprado wrote:Ek het vanoggend kaiings vir ontbyt gehad. Voel sommer klaar beter.
Alleen eters kom nie in die hemel nie.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by 470rigby »

Tau, whisky bevat GEEN suiker nie! Ek is sooo bly daaroor
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by tau »

470rigby wrote:Tau, whisky bevat GEEN suiker nie! Ek is sooo bly daaroor
:laugh: Singlemalt hier kom ek. Altyd geweet Whiskey is eintlik soos water met vitamiene in.


Dewald(t) was jy al vet of oorgewig in jou lewe?
Ernstige vraag van 'n minder ernstige vet outjie?

Ek is tans buite Ketose en die Banting eet, agv. WINTER en oefen in die aand in die koue. Shucks ek brand energie en eet dan energy bars of so iets. EK voel kkkkkkaaaaaakierig of note in die oggende my suur vlakke is te hoog en my maag begin my te rol. EK eet steeds minimaal stysel en oefen gereeld, maar die suikers al is dit vrek min roer my. Al bant ek nie, moet ek suiker en stysel uitsny en ek besef dit.

Om ketose te beruik is vreemd en wreed, maar dit is soos as jy 'n K1 roei. Jy sukkel om daai glide te kry, maar as jy daar kom kan jy nie glo jy doen dit nie al lankal nie.

Oja en ek sekondeer Gawie. Enige verdere gebruik van fancy woorde = strafdop iewers in die toekoms. (whiskey natuurlik ons moet gesond lewe)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Pappabeer »

Ai Gawie.

Ek wil amper sê as n mens nie groot woorde wil gebruik nie, moenie oor groot konsepte soos kanker en sy oorsake probeer redeneer nie.

Kom ek stel n paar feite reg.

1. Ek ondersteun n gesonde dieet, wat veral gemors wat nie vars is nie uitsluit.
2. Ek glo beslis daarin dat te veel koolhidrate nie goed is nie.
3. Hoekom weet ek nie, dalk is dit subjektief, maar vandag op amper 31 maak brood my baie meer goor voel as toe ek 16 was, driekamp gedoen het en twee roomysbakke vol toebrootjies in twee pauses op skool geëet het. Dalk het brood verander of dalk ek. Ek weet werklik nie.

4. Ek kan nie daarmee saamstem dat die metaboliese toestand van ketose gesond is oor n lang termyn nie. Ek het in my eerste post ook gewaarsku dat bv diabete maklik in n toestand van diabetiese keto asidose kan gaan, wat uiters gevaarlik is.

5. Vêrder het ek n probleem met verkeerde veralgemening, soos dat suiker kanker veroorsaak. Daar is n magdom kankers wat spesifiek deur ander goed veroorsaak word. Onthou ook dat die woord suiker in die biochemie nie die wit pakkie Huletts beteken nie. Ek haal n beskrywing aan:

"The term sugar is the generic term for any disachharides (e.g. sucrose) and monosaccharides (e.g. fructose, glucose). Sugars are essential structural component of living cells and source of energy in many organisms. Sugars are classified based on the number of monosaccharide units present. The monosaccharides join to form more complex sugars, e.g. disachharides (e.g. sucrose)."

Maw as n kanker gekoppel word aan die teenwoordigheid van n suiker van soorte op n selmembraan, het dit niks met jou inname van suiker soos ons dit ken te doen nie.

Soos baie al hier genoem het, kom die dieet se sukses neer op laer volumes koolhidrate, wat goed is. Ek dink dit dwing mense om minder koolhidrate te eet en dis goed. Werklike banting oftewel om jouself in Konstante Ketose te plaas is egter maar net nog n tapeworm taktiek, wat ongelukkig nie volhoubaar is nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by 470rigby »

Pappabeer, moet jy nie jy geweerversameling onder jou naam 'n bietjie uitbrei nie?
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Pappabeer »

470rigby wrote:Pappabeer, moet jy nie jy geweerversameling onder jou naam 'n bietjie uitbrei nie?
Laat ek eers ten minste aansoek doen voor ek skryf. Daar het darem nog so twee goedjies oor my pad geloop. Ek gaan jou deur die dag bel
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by Gawie(13mm) »

Dankie Dewald.

Ek sê dit met opregtheid. Baie van die vaklektuur is in Engels en veralgemenings word gemaak agv. direkte vertalings sonder die nodige konteks. Ek is nie aspris as ek sê dat die "groot woorde" my verwar nie.

'n Gebalanseerde lewensstyl is makliker as jy die nodige inligting het. "Te" is die grootste euwel van ons tyd. Met alles wat lekker smaak, is dit moeilik om nie verslaaf te raak aan ongesonde kosse.
Soos Tau en Ludwig glo ek dat 'n dieet alleen die fokus verskuif van 'n gesonde balans. Deur egter die regte besluite te neem tov kos en oefening met kennis in pag, is makliker as wanneer iemand jou net regied voorskryf.

Weereens dankie vir die mooi verduideliking.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by Pappabeer »

Ludwig, word daar nie wel na die tyd karamel by brandewyn ( ek weet nie van ander drank) gevoeg om dit te kleur nie? Ek onthou so iets.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Tim Noakes dieet

Post by tau »

Nee wat Ludwig ek drink Whiskey al bitter lank omdat dit vir my lekker is, ek is versot op Singlemats. Rum drink ek omdat dit my slim maak, en bier drink ek omdat ek vanaf Suidwes kom en daar drink mens bier soos koeldrank. :)

EN nee ek het nie 'n drank probleem nie, ek kan net nie nee se vir 'n koue drankie nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by KSV »

Ludwig wrote: Die groot probleem met enige alkohol vir 'n gesonde dieeët, is dat is baie hoog in energie is, (kalorieë), maar hierdie kalorieë het absoluut geen voedingswaarde nie, so jy kry geen voordele uit die inname van hierdie kalorieë nie. 40% alkohol (whiskey, vodka, brandewyn, gin ) bevat 9 KJ (2 Calories) per mililiter. Dit gee jou 225 KJ per tot. (50 Calories) Dis basies gelykstaande aan dieselfde hoeveelheid energie in 1 sny brood, so hou dit maar ingedage as jy jou gunsteling drankie verruil vir whiskey en dink jy het 'n gesonder skuif gemaak.
Kom Ludwig nou met die waarheid uit. So man voel sterk met al die energie inname veral te veel en dan kry jy op jou ....... want jyt niks energie eintlik in geneem nie.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Tim Noakes dieet

Post by 30-06 »

Hi manne.

Ek het 'n vraag vir Pappabeer of enige iemand wat wil antwoord.
Dit klink vir my hy weet waarvan hy praat.

Soos baie van julle is ek ook 'n groot vleiseter en sukkel maar nou met cholesterol.

Ek moet nou pille vat maar is baie versigtig vir die newe effekte.
'n Mens hoor baie slegte dinge van die aktiewe bestandele, myne atorvastatien.

My veearts het aspavor voorgeskryf.

Wat is die slegste vir jou gesondheid?

Die cholesterol of al die newe effekte van die pille?

Sommer net vir interesantheid, my tellings is hoog maar my are lyk goed.

Hoor graag julle kommentaar.
Post Reply