Tim Noakes dieet
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: Tim Noakes dieet
Welgedaan ouens,en sterkte ,ek ken dai fight en dis nie n maklike een nie!
Hou moed!
Groete
Hou moed!
Groete
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Tim Noakes dieet
Well done Arnold! Ek is ook nou so week op Tim Noakes. Hoop dit gaan sommer baie goed. Ek het begin op 126kg, en wil val tot ten minste 90kg. Is jy nogsteeds streng volgens die riglyne? Enige negatiewe simptome?
Weereens baie geluk en sterkte vorentoe!

-
Agentkoos
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm
Re: Tim Noakes dieet
Ek het 20 kg verloor, maklikste ooit want ek voel nooit honger nie, die diere vet wat jy inneem laat jou meer versadig voel en dus eet jy minder. Speel squash en en my game is nou baie beter as n jaar terug, meer stamina en uithou vermoe. Self met gym kan ek dieselfde gewig bench press maar heelwat meer repetiesie doen. Ek is nou baie naby aan ideale gewig en hou glad nie so streng by die dieet nie en my gewig is konstant
- Wilhelm Schultz
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm
Re: Tim Noakes dieet
Ek en my ma en suster ook al so paar maande op die dieet. Al drie al 15kg verloor. Pa skop nog vas hy kort aartappels rys en vleis. Baie meer energie en geniet ook self nog 'n biertjie (castle light ipv black label soos in die ou dae) en 'n branavalie met coke zero. Sal nooit weer terug gaan nie.
Groete
Groete
Hou die lood in die lug
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Tim Noakes dieet
Ek doen ook die Tim Noakes dieet, voor en na etes.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Tim Noakes dieet
Douw, ek het niks negatiewe simptome nie, behalwe prys van nuwe klere. Ek het 30cm om my middellyf verloor, af van 40+ broek na 36 wat los sit. As enkel persoon, was ek nooit 100% op Tim se dieet, maar het uitgewerk wat vir my sal werk en dit n leefwyse gemaak.
Soos my pel altyd se, as ek kla oor die pryse van klere, nuwe fiets ens, dit is baie goedkoper as n hart-omleiding.
Byt vas en doen dit asb.
Soos my pel altyd se, as ek kla oor die pryse van klere, nuwe fiets ens, dit is baie goedkoper as n hart-omleiding.
Byt vas en doen dit asb.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Tim Noakes dieet
Dankie Arnold. Wat is die grootste moets en moenies wat jy vir daaglikse gebruik kan opsom?
Hoe lank het jy gevat om soveel te verloor?
Groete
Douw
Hoe lank het jy gevat om soveel te verloor?
Groete
Douw
-
Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Tim Noakes dieet
Douw, ek sal later iets skryf oor moets en moenies wat vir my gewerk het. Net vinnig ek het 20 Oktober 2012 begin teen 20 Junie 2013, 8 maande later, 32kg ligter en 27cm om middel verloor. Nou 91kg konstand vir amper 2 jaar.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Tim Noakes dieet
Wow. Baie dankie! My ergste is die drinkgoed. Ek is baie lief vir sap. So nou op die Banting, drink ek slegs koffie(swart en bitter) en so 2 cappachino's per dag met melk, sonder suiker. Verder drink ek net water, maar is steeds baie lus vir sap of enige koeldrank.
Ek sien uit na jou skrywe!
Ek sien uit na jou skrywe!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Tim Noakes dieet
As my lus te groot raak vir sap of koeldrank dan vat ek 'n soda watertjie met bietjie vars suurlemoen sap by.douw wrote:Wow. Baie dankie! My ergste is die drinkgoed. Ek is baie lief vir sap. So nou op die Banting, drink ek slegs koffie(swart en bitter) en so 2 cappachino's per dag met melk, sonder suiker. Verder drink ek net water, maar is steeds baie lus vir sap of enige koeldrank.
Ek sien uit na jou skrywe!
Partykeer roer ek so kwart na halwe teelepel Xylitol baie vir die soet. Daarna is ek weer reg vir 'n rukkie.
Sien self uit na die skrywe so leer ons by mekaar.
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Tim Noakes dieet
Ek is ook nou al so n jaar op die dieet. In die begin het ek dit baie nougeset gevolg vir die eerste ses maande en goed gewig verloor. Ek het nou nie geweeg nie maar 5 gaatjies in my beld. Moes die beld kleiner maak omdat ek uit gaatjies gehardloop het.
Ek het nou my lewenswyse verander en ek kan se dat daar basie twee dinge is wat ek vermy. Suiker en stysel veral brood en aartappels.
Ek was nou vir twee weke in Griekeand en in hotelle gebly waar alles suiker en stysel in het. Ek het net soveel gesny as wat ek kan en die res maar geeet en moet se ek het nie juis gewig opgetel nie. Nou dat ek terug is is ek weer terug op die lewenswyse.
Ek het suiker met Zylitol vervang en eet net nie meer brood en aartappels nie. Werk goed vir my. O en ek moet se dat ek n jaar laas sooibrand gehad het.

_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
-
Sako308
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Sun Apr 15, 2012 11:18 pm
Re: Tim Noakes dieet
Ek is nou van Januarie 2015 op die Banting lewenswyse. Ek het alreeds so 10kg verloor en wil nog so 5 afskud.
Ek het opgehou snork (dalk al gegrens aan slaapapnee) en my energie vlakke is verseker baie hoer. Dit was moeilik aan die begin om die brood en stysel te sny, en deesdae geniet ek my koffie met room sonder suiker. Mens voel nie asof jy op 'n uithonger diet is nie omdat die vette jou baie versadig hou. Beplanning is nogal belangrik omdat kosse by die werk gewoonlik hoog in koolhidrate is. 'n Mens verstom jou oor al die verskuilde koolhidrate noudat ek daarna oplet. Plekke soos Mug&Bean het begin met Banting opsies op hulle spyskaart.
Indien jy wonder, probeer dit, jy gaan dalk net verras word oor hoe maklik dit is.
Mike

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Tim Noakes dieet
Mense, ek het nou hierdie draad lank beloer en besluit ek sê maar niks. My lus vir argumenteer en IK is beide te laag hiervoor.
Maar neem maar net al hierdie stories met die nodige meriete wat dit toekom asb. Bv. N ou van 55, wat Diabetes T2 het, ander lewensstyl siektes, en 40kg moet verloor, gaan totaal anders te werk gaan as n 28 jarige wat te dik is oor te veel bier, en moontlik 10kg moet verloor.
Ketone word hier as great bestempel. Om op ketone aleen staat te maak is nie normale fisiologie nie, maar n proses van oorlewing tydens voedselnood. Jy verkeer basies in n staat van "protein energy malnutrition ". In n vet persoon wat ook diabetes het wat so gaan probeer gewig verloor gaan hy groot moeilikheid optel. Ketone maak jou bloed uiters "suur", ie lae pH, en n DKA oftewek diabetiese keto asidose is n lewensgevaarlike situasie, wat NOOIT vanself omkeer nie. Die storie van goei en slegte ketone in sommige bronne is ook twak.
Die storie dat jy in die staat van ketose slegs jou energie uit ketone kry is ook onsin. Dit gaan afhang van jou metaboliese aktiviteit.
My grootse probleme met die vorm van dieet, in teen stelling met eenvoudig, kleiner porsies, minder suiker/carbs en meer oefening is as volg:
1. Dit word voorgehou as n alternatief om nie te oefen nie
2. Die effek van hiperlipiedemie en die gevolge daarvan word ignoreer, o.a hoë Totale cholesterol en die effek daarvan op bloedvate, veral kardiovaskulêr, pankreas,lewer en ander. Onthou maar die sterk genetiese band. In Suid Afrika as jou van Gerber is, is jou Cholesterol 90% deur die dak. So n ou kan nie nog banting bekostig nie. Dink maar aan Danie Gerber die ou Springbok senter wat op 38 hartomleinings gekry het. - Reggie kom in. Sal interresant wees wat jou Total cholesterol is...
3. Die versteuring van bloedgas waardes (pH) in party persone, met noodlottige gevolge.
4. n langtermyn wanvermoë om carbs te metaboliseer, met erger gewigstoename indien die dieet gestaak word en n persoon default.
5. Geen maar geen langtermyn navorsing wat uitkomste as veilig voorspel nie.
Persoonlik vermoed ek in n paar jaar gaan ons baie van die Banting bulle sien met kroonaarsiektes op jong ouderdom.
Elk geval. Dis my 2C. Benader jou gesondheid holisties. Eet minder en reg, oefen meer, SLAAP GENOEG... En kyk wat gebeur.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Tim Noakes dieet
Pappabeer - Interessant dat jy die Kolesterol ding hier voorle so hier is my staaltjie.
My groot groot oupagrootjie is aan sy hart oorlede. My groot oupagrootjie is aan sy hart oorlede. My oupagrootjie is aan sy hart oorlede. My oupa is aan sy hart oorlede en my pa is aan sy hart oorlede. Die oupagrootjies is nou maar hoorse by die familie maar my oupa en pa se kolesterol en bloeddruk was die groot sondebokke en ek het dieselfde probleem ge-erf. Dit is nou al baie jare wat ek verskei gewigs verloor programme gevolg het maar die bloeddruk en kholesterol pilletjies het maar deel geword van my lewe as ek nie dieselfde pad wil loop as my voorgeslagte nie.
Twee maande terug het ek opgehou om die pille te neem en my mees onlangste bloed toetse wys dat alles reg is. Die enigste verandering wat ek gemaak het is om op die Banting dieet te gaan. Die 13 kg wat ek verloor het sover het verskei ander voordele natuurlik ook soos beter slaap, meer energie ens. Op die ouderdom wat ek nou is het my pa al herstel na sy 3de hartaanval. Op hierdie stadium sien ek nie nadele nie - hoop dit bly so.

“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Tim Noakes dieet
Boesman, geluk en sterkte ook met jou pad vorentoe.
Kan jy sommer so vinnig vertel hoe 'n normale dag se etes tans lyk. Ook of jy Tim Noakes se boek volg of eerder maar net die "guidelines" daaran.
Groete
Trippel Drie
(Dik Douw Dry)
Kan jy sommer so vinnig vertel hoe 'n normale dag se etes tans lyk. Ook of jy Tim Noakes se boek volg of eerder maar net die "guidelines" daaran.
Groete
Trippel Drie
(Dik Douw Dry)
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Tim Noakes dieet
Douw - Ek is vreeslik lief vir kosmaak en berei seker 80% van ons familie se kos voor as ek by die huis is. Ek het die boek van Tim en kyk gereeld na hom vir idees. Gister se Sondag middag ete was 'n Springbok boud in die oond, slaai, pampoen koekies (half koppie meel by baaie pampoen), brocoli en cauliflower. Ons het gaste oorgehaad en niemand het die stysel gemis nie. Vir nagereg het mammie 'n dubbel vet yoghurt en suurloen tert gemaak.
Ek reis vreeslik vir besigheid en bly in baie hotelle. In die verlede het en uistsluitlik net vrugte en vrugtesap vir ontbyt ge-eet. Nou op die Banting sal ek twee eiers, spek, kaas en 'n stukkie wors eet. Aand etes by die huis is wors / hoender / vis / maalvleis & groente & slaai. Ons eet vreeslik lekker maar daar is net geen stysel en suiker in ons lewe nie. Ek drink baie koffie uit die koffie masjie maar swart sonder melk en suiker. As dit plastic koffie is dat gooi ek bietjie volroom melk by.
Ek reis vreeslik vir besigheid en bly in baie hotelle. In die verlede het en uistsluitlik net vrugte en vrugtesap vir ontbyt ge-eet. Nou op die Banting sal ek twee eiers, spek, kaas en 'n stukkie wors eet. Aand etes by die huis is wors / hoender / vis / maalvleis & groente & slaai. Ons eet vreeslik lekker maar daar is net geen stysel en suiker in ons lewe nie. Ek drink baie koffie uit die koffie masjie maar swart sonder melk en suiker. As dit plastic koffie is dat gooi ek bietjie volroom melk by.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Tim Noakes dieet
Douw kry hierdie boek - https://lowcarbislekker.wordpress.com/ kom in Afr ook en maak dinge baie makliker as oom Tim se boek want dit is die resepte wat jy ken wat aangepas is.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Tim Noakes dieet
Baie dankie, sal bietjie kyk
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Tim Noakes dieet
Ludwig,
Dit is presies die punt. n Lae Carb dieet weet ons al jare is goed. My probleem lê met dit totaal uitsny, en te veel vet inneem. Ek sien nie in enige van die abstrakte P- waardes of 10 jaar prognose nie. Ek sal as ek tyd het bietjie na van die joernale kyk.
Maar daar is baie sydighede. Oefening en maaltyd volume word nie oral genoem nie.
Natuurlik gaan jou LDL afgaan as jy minder carbs eet. Dit is n direkte funksie daarvan.
Boesman, jou sondag maaltyd klink goed. Maar dit is nie suiwer Banting nie. Kyk ook wat gebeur as jy twee of drie helpings eet. Ek is bly jou cholesterol doen beter. Dit gebeur noggal as n mens gewig verloor of bv ophou rook.
Al wat ek probeer sê is wees versigtig vir ekstreme dieetplanne.
Dit is presies die punt. n Lae Carb dieet weet ons al jare is goed. My probleem lê met dit totaal uitsny, en te veel vet inneem. Ek sien nie in enige van die abstrakte P- waardes of 10 jaar prognose nie. Ek sal as ek tyd het bietjie na van die joernale kyk.
Maar daar is baie sydighede. Oefening en maaltyd volume word nie oral genoem nie.
Natuurlik gaan jou LDL afgaan as jy minder carbs eet. Dit is n direkte funksie daarvan.
Boesman, jou sondag maaltyd klink goed. Maar dit is nie suiwer Banting nie. Kyk ook wat gebeur as jy twee of drie helpings eet. Ek is bly jou cholesterol doen beter. Dit gebeur noggal as n mens gewig verloor of bv ophou rook.
Al wat ek probeer sê is wees versigtig vir ekstreme dieetplanne.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Tim Noakes dieet
Pappabeer - Self die Banting dieet se jy kan so nou en dan afwyk so ek glo nie die bietjie meel in die pampoen koekies het veel impak nie. Elke ander produk op ons tafel het van die Groen lys produkte af gekom.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Tim Noakes dieet
Ek het, as diabeet, Tim se dieet (hoe proteien hoe vet/banting) gevolg, 2 jaar voor hy dit begin doen het. Uit n diabeet oogpunt is dit n fantastiese dieet want jou bloedsuiker bly laag. Doen gerus die toets self. Eet Weetbix/pronutro en toets jou bloed. Eet die volgende dag eiers bacon en wors en toets weer. My probleem het ingekom toe ek begin kroek het en myself weer toegelaat het om slegte "carbs" te eet. Dis nou slap chips en die deeg om vis asook brood rolletjies. Hamburgers en pasta ook. As ek bly by Biltong, droe wors, eiers, kaas (feta uitgesluit) steak, hoender, olywe/groente/slaai (gesonde carbs) dan is my suiker 5 tot 7 en hoef ek nie eers medikasie te gebruik nie. MAAR dis moeilik om dit jaar in en jaar uit te doen. Het egter al 15 kilos verloor en toe niks verder nie.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Tim Noakes dieet
http://www.second-opinions.co.uk/diabetes.html
Hier is die Dr Barry Groves se website wat my baie gehelp het.
Hays J.Paper presented to the 81st Annual Meeting of the Endocrine Society, 15June1999.
"A very high-fat, low-carbohydrate diet has been shown to have astounding effects in helping type 2 diabetics lose weight and improve their blood lipid profiles."

- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Tim Noakes dieet
EK het streng gebant vir 3 maande laas jaar. 10kg verloor, lekker begin oefen en my sooibrand en IBS is weg. Ek kon nog nooit vark vleis eet nioe dan raak ek so siek soos 'n hond. Al die vlakvarke wat ek al geskiet het word verkoop of weggegee. So eet ek eenaand vark en maak reg vir die nag se stryd. Dit gebeur toe nooit nie.
Tans eet ek amper geen suiker nie, tensy die suiker in my Whiskey en vrugte getel word. Geen brood en stysel in die week nie, en naweke heel beheerd sal ek so bietjie stysel in neem. EK eet BAIE groente en slaaie en hou gelukkig daarvan. Ek eet vark soos 'n Yankee en Eisbein kom verby.
Ek Bant nie meer streng nie inteendeel, maar ek is dankbaar dat ek kon uitvind wat PAsta aan my allergie doen en suiker aan my spysverterings stelsel. Niemand se spysvertering stelsel werk dieselfde nie en jy moet aanpas glo ek. EK het pille gedrink en sleg gevoel vir jare en dit was gokonsentreerde suikers wat my lyf nie soek nie.
Ek doen vol lengte Driekampe en oefen gereeld en daarvoor is ek bly dat banting my kon jumpstart. EK het 'n vriend wat kwaad bant wat vanaf 153kg en totaal ongesond na 105kg gegaan het. Nou oefen hy gereeld en gaan saam met my Karoo2Coast ry. Hy het ook gevind dat pasta en brood (verwerkte grane) was die rede vir sy hooikoors en allergie wat hy aan grasse toegskryf het vir jare.
Ek dink almal weet gesond een en oefen is nommer een, maar soms is iemand se belangs so uit dat hy nie net kan begin draf of gesond eet nie.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Tim Noakes dieet
Ek kan Banting, Weighless, Sop diet en al die ander dieete doen, no problem.... tot 8 uur in die aand!
Dan vat die selfde ou wat soms so baie tequila drink by my oor en dan maak hy vir hom 'n toebroodtjie
wat dik genoeg is om paar kinders aan die lewe te hou!

- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Tim Noakes dieet
Is daar al n studie gedoen van hoe banting kanker bevorder?
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM