Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by spekieries »

Ek dink ek skryf hierdie om my hartseer te verwerk.

Ek het haar in 1984 ontmoet. Sy 'n eerstejaartjie ek 'n geharde tweedejaar wat reeds twee jaar weermagdiens gedoen het. Ek was 14 maande operasioneel en ek het teen daardie tyd al mense sien doodgaan.

Ons was onmiddelik aangetrokke tot mekaar en na my vier jaar wou ek nie 'n pos aanvaar wat te ver van Potch af was nie. Ek het begin skoolhou in Klerksdorp. Die jaar wat sy haar Aptekersgraad voltooi het is ons getroud.

Na 4 jaar wat ons getroud was en sy haar beurs terug gewerk het, wou ons begin met 'n gesin. Dit was ons nie beskore nie en na 17 jaar se getroude lewe met baie bid en huil en 7 invitro's het die Here ons geseën met 'n pragtige tweeling, seun en dogter. Ek was veertig en my ou beste 37.

Die lewe was 'n lied. Die kinders se verstandjies was helder, ek het gevorder tot adjunkhoof by 'n Hoërskool en my ou beste het 'n goeie werk.

Vrydag 5 Junie word my " buble" wreed gebars. My ou beste het 'n abses in die buik, sy word getoets sy het 'n vergroeisel op die pankreas en vlekkies op die lewer, Sy het Kanker! Sy word komende Dinsdag geopereer.

Nou, ek is seker kleingelowig, maar ek is so bitter bang. My kinders is 12 jaar oud ek is 52.

Bid vir my vrou asb.
User avatar
jenn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Wed Nov 21, 2012 9:49 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by jenn »

AMEN het gebid. Sterkte daar weet dit is 'n moeilike tyd wat voor lê. Klou was aan Jesus hy sal jou vrede gee.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Christo »

Seker dit sal spekeries gaan. Sterkte en voorspoed.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Philip J »

Baie Sterkte Spekeries. Julle is in ons gebede en ons glo dat ons Hemelse Vader julle ook hierdeur sal dra.
Groetnis
Philip
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by tripodmvr »

Spekieries, hierdie woorde van jou het nou hard geslaan. Ek is vanjaar 37 jaar getroud en moet begin besef dat die ouderdom mens begin inhaal. Ek kan slegs my meegevoel met jou betuig en hoop op 'n positiewe uitkoms. My gebede is met jou en jou gesin.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by DWB »

Ai oom Anton, baie jammer om te hoor. Ons sal oom en oom se vrou in ons gebede opdra. Ons sal oom se vrees ook help dra. Sterkte
Last edited by DWB on Sat Jun 06, 2015 8:28 pm, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Triple2 »

Ai. Sterkte daar!!
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
Citfield
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon May 18, 2015 3:25 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Citfield »

Sterkte.

Ek glo ons Here sal julle in sy hande hou. Die lewe het sy stampe en stote maar weet net dat God altyd in beheer is. Dis moeilik om altyd te glo, maar God het julle in die palm van sy hande.

Sterkte ons bid en dink aan julle. Hou ons asseblief op hoogte.
Regards / Groete
Allen
.303 Lee Enfield
.22lr Armscor
38 S&W Revolver
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Pvdw »

Ek lees die met 'n knop in my keel en hartseer in my gemoed. As mens se ander half seer het vat dit aan 'n man.

Ek sal graag wil sê als gaan reg kom maar die realiteit is dat ons nie God se plan ken nie. Ek kan wel vir jou sê dat ek met elke geleentheid saam met julle en ons ander broers op die forum sal bid en vra vir genesing en genade.

Sterkte daar.

Peet
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Baasvark »

Spiekeries die trane rol oor my wang terwyl ek jou post lees.

Ou maat al wat ek kan se is sterkte! Ons bid vir julle!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Hein22 »

Baie jammer om te hoor Spekieries. Baie sterkte ons bid vir julle!!
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Jaco v Zyl »

Dankie vi jou raad!
Baie sterkte,kla gebid,en sal weer.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by henning »

Spekieries, die lewe het sy beproewinge en ek bid dat julle hierdie een sal deurmaak.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by win270 »

Spekieries, ek verstaan so 'n ietsie van jou vrees en bekommernis, want genadiglik het ek nog nie dieselfde situasie beleef nie. MAAR, die Here verstaan ALLES van jou bekommernisse. Mag julle as gesin die heeltyd by Hom skuiling vind. Baie sterkte, ou maat. Moet nooit ophou glo nie. Hy sal die pad vir jul aanwys.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by 243Songdaug »

Sterkte ou maat.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Suikermuis »

Baie sterkte oom. Dink aan oom hulle.
User avatar
goodstuff
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sun Oct 05, 2014 4:34 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by goodstuff »

Baie sterkte - bid vir julle
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by .223 JAGTER »

Sterkte en bly net GLO sal bid vir julle
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Wayne »

Sorry to hear, Be positive and may God bless you and your better half, may he comfort your kids during this time and most of all, may his work be carried out by the hands of the surgeons.
Good Luck
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by ruaanb »

Sterkte ons bid vir julle
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Stefan764 »

Helsem...

Sterkte my oom. Ons bid saam met julle.

Groetnis
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Gawie(13mm) »

Jy en jou familie is in ons gebede.
Sterkte.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Nickvn »

Baie jammer om te hoor. Ek wil graag vir jou bemoedig en se dat niks vir die Here onmoontlik is nie. My pa is twee keer deur die kanker ding. Elke keer het hy dit oorwin deur geloof en baie gebede. Vandag is my pa skoon vir meer as 3 jaar en hy geniet die lewe meer as ooit. Die kanker het se letsels gelos, maar hy is gespaar vir ons vir nog n paar jaar.

Lewe word aan ons geleen vir n tydjie, gedurende hierdie tyd sal die duiwel alles probeer om dit van ons te steel en dit vir ons so moeilik te maak as wat hy kan en ons geloof te toets. Siekte is een van die dinge wat hy gebruik. MAAR onthou Jesus het ook kanker aan die kruis oorwin. Ons moet net glo en dit vir ons toe eis. Shalom
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by 30-0Kwes »

Baie sterkte!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Sê elke dag vir haar jy is lief vir haar.

Post by Hein M. »

Sterkte pel.
Post Reply