Ystervark spit

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Ystervark spit

Post by sPRINGHAAS »

Naand

Het iemand dalk n lekker resep vir n ystervark spitbraai? En hoe sal mens te werk gaan?
Ek hoor dis baie lekker en wil graag self probeer.
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Ystervark spit

Post by mossie »

Kom ons gestel jy wil hom Sondag spit.Vrydagoggend smeer jy hom goed met dikmelk, karringmelk of ongegeurde yoghurt - sommer baie- en sit net so in yskas. Saterdagoggend spoel jy hom mooi af. Kry n groot bottel soet-suur gherkins -eet die gherkins en spuit die varkie goed in met die gherkin-sous. Onthou die stuk vleis oor sy rug (saal) is lekker dik, spuit dit goed in. Net voor jy hom op die spit sit vryf goed in met n mengsel van steak-en-chop speserye en bietjie paprika. Deesdae is ek lui vir die kwaswerk en daarom spuit ek hom sommer kort-kort op die spit met Spray and Cook se olyfolie-weergawe Moenie hom te lank spit nie - hy moet lekker sappig wees en nie droog wees nie. As jy hom voorsny gooi nog bietjie sout na smaak, indien nodig voor hy op die bord eindig. Staan terug en kyk hoe al die familie en vriende in karnivore verander en dit verorber - baie lekker!!!

MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Re: Ystervark spit

Post by sPRINGHAAS »

Dankie Mossie!

Gaan binnekort een probeer!
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Ystervark spit

Post by Omnia »

My resep is : Soos Mossie se so 3 , 4 dae voor die tyd laat le jy hom in karringmelk , ek hou daarvan om van die griekse knorr slaai sous te gebruik om hom in te spuit met 'n mengsel van jou kruie voorsmaak , soek vir jou 1 van daai mooi spoelklippe so vuis grote sit hom basies in die die Ystervark se pens en werk maar met 'n toutjie vas dat hy nie uitval met die draai van die spit nie , my mengsel wat ek op smeer is van hierdie Royco sagmaakmiddel die spare rib en n bietjie mayonaise en nog van daai slaaisous , smeer so elke half uur , na so 3 ure haalaf gooi die ystervark weg en eet die klip hy behoort nou redelik sag te wees !!!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Ystervark spit

Post by Fritz »

++>: ++>: ++>: het geweet daai een moet een of ander tyd kom
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Ystervark spit

Post by sako 30-06 »

Omnia wrote:My resep is : Soos Mossie se so 3 , 4 dae voor die tyd laat le jy hom in karringmelk , ek hou daarvan om van die griekse knorr slaai sous te gebruik om hom in te spuit met 'n mengsel van jou kruie voorsmaak , soek vir jou 1 van daai mooi spoelklippe so vuis grote sit hom basies in die die Ystervark se pens en werk maar met 'n toutjie vas dat hy nie uitval met die draai van die spit nie , my mengsel wat ek op smeer is van hierdie Royco sagmaakmiddel die spare rib en n bietjie mayonaise en nog van daai slaaisous , smeer so elke half uur , na so 3 ure haalaf gooi die ystervark weg en eet die klip hy behoort nou redelik sag te wees !!!!
Jy het duidelik nog nie ystervark geeet nie!
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Ystervark spit

Post by Omnia »

Sako jys heeltemal reg het nog nie , ... maar eish sal hom try maar hy wil vir my te veel lyk soos 'n muishond sonder penne . Ek glo dis net die idee !!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Ystervark spit

Post by sako 30-06 »

Omnia wrote:Sako jys heeltemal reg het nog nie , ... maar eish sal hom try maar hy wil vir my te veel lyk soos 'n muishond sonder penne . Ek glo dis net die idee !!
Baie lekker vleis,maar verseker nie die mooiste vleisie op die spit nie.

Probeer dit bietjie, jy sal dalk baie verbaas wees.
User avatar
Blesbok
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm

Re: Ystervark spit

Post by Blesbok »

Manne as julle hom skoonmaak trek julle penne uit of vel af?
;D SMLE and shoot ;D
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Ystervark spit

Post by sako 30-06 »

Penne uit.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Ystervark spit

Post by SakoTrippel2 »

Vat baie tyd en moeite maar 'n gebraaide rugvel is ook bitter lekker! Maak net mooi skoon (penne uit trek met 'n draad tang)...skroei hare af met 'n torch of vuur se vlamme (meeste mense trek hier kop uit...ruik nie wel nie) maar dan pappie sit hom op die kole en Spice en Sous na smaak. Jy sal jou vingers af eet


Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Ystervark spit

Post by Eduard Venter »

Vir die manne wat ystervark eet, gaan skiet julle spesifiek een met die .22 om skade te beperk of kan mens hom gaarmaak as jy hom met 'n Vmax skiet teen 3000 fps?

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Ystervark spit

Post by SakoTrippel2 »

Skiet hom in die kop


Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Ystervark spit

Post by Ashley »

Ystervark eet...
Daar leer ek ook nou iets nuut!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Ystervark spit

Post by Plaashaas »

Ek hoor al baie lank dat dit lekkker is. Maar as jy hom wil eet moet iemand anders hom skoon maak.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Ystervark spit

Post by Jake1 »

Toe ek klein was het ons dit baie in die karoo geeet en dit was flippen lekker, ek sien net nie kans vir die skoonmaak nie en ja ons sn is gewoonlik met n vinnige koeel geskiet wat dit vol derms maak.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Blesbok
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm

Re: Ystervark spit

Post by Blesbok »

Manne ek het nou 'n dilemma. Ek wil graag Sondag varkie spit, maar kan eers Saterdag kry. Hoe maak ek nou?
;D SMLE and shoot ;D
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Ystervark spit

Post by Basjan123 »

Blesbok wrote:Manne ek het nou 'n dilemma. Ek wil graag Sondag varkie spit, maar kan eers Saterdag kry. Hoe maak ek nou?
Spit iets anders......... :laugh:
Post Reply