Jag...is die kool nog die sous werd?

ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by ROBBIE1 »

Kom ons kyk uit n slagter se oogpunt!

Lam R72 pkg
A Graad bees R 48pkg
C Graad bees R 45pkg
Vark R 42pkg
Boerbok R 65kg

Karkas gewig Rpkg
Blouwildebees bul R3500 135kg R 25.93
Kudu koei R3000 95kg R 31.60
Waterbok koei R2800 90kg R 31.10
Blesbok R1500 40kg R 37.50
Rooibok ooi R 1100 28kg R 39.29
Swartwildebees R2700 85kg R 31.76
Vlakvark R 700 30kg R 23.33
Gemsbok R4000 110kg R 36.36
Springbok R650 17kg R 38.23

Net om n paar te noem. As jy jou kostes bytel, maak dit versker nie sin nie, maar dis soos n paar manne bo gese het, dit gaan oor die uit die stad kom, die in die bos wees, kuier saam pelle of jou gesin, ens ens.

Vergeet van die kostes verbonde, en dan kan die kool maar n lekker dik sous kry dink ek.
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by hebron »

As jag eers in jou bloed is.... Ek gaan nie R 800 vir n springbok wil betaal nie; maar ek gaan iets soek om te jag wat meer bekostigbaar is, selfs n Eland teen R 5 000 gaan die meerderheid huisgesin se vrieskas n seisoen besig hou. Daar is plekke wat nog redelike pryse het en as iemand my R 800 vir n springbok vra wat nie eers syne is nie; neem ek aan dat ek eintlik onwelkom is om te kom jag. Voorspoed vir almal wat gaan jag; mag jou drome vervul word en so ook jou vrieskas.

Als in die lewe kom ongelukkig teen n koste; en as dit te duur raak om wild te skiet, soek iets anders om te skiet/eet.
Koop n lamkarkas 18kg @ R74 = R1 332 en die drank smaak nie eers dieselfde as na n lekker jagdag nie.
n Springbok van 18kg moet 2 jaar langer op die plaas loop as die lam voor hy geskiet kan word; nou is dit nou "die kool die sous werd" om met n springbok te boer waarvoor jy nie R 800 kan kry nie?????
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by johans »

ek hoop my vriende wat elke jaar verniet by my kom trekbokke skiet lees die ;D
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by Baasvark »

Johans jy moet laat weet as jy nog vriende kort :)
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by dehacked »

Ek moet se as ek die lees besef ek hoe bevoorreg ek is. Kan nog goedkoop springbok by familie jag en gaan binnekort 'n kudu by 'n mede forum lid jag. Ek tel wel nie die prys van petrol ens by nie want dit is mos elkgeval vakansie onkostes. By gese as ek moes betaal wat party manne hier bo hoes sal ek baie minder kon jag. Die voordeel van die hele wild spekulasie ding is dat daar nou so baie wild oral aangekoop word dat ons binne 'n paar jaar baie meer aanbod gaan ervaar. Of so hoop ek...
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by Dolf014 »

Julle ken seker die storie van die 2 manne wat langs die braai vleis vuur gestaan het?
Sê die een ou; "Weet nie wat gaan ons maak nie, brandewyn raak nou duur!!"
Sê sy maat; " Ons sal maar moet minder vleis koop!!??"
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by henning »

Jag is soos jou vrou. Dit maak dalk nie altyd sin nie maar jy sal omtrent enige iets vir haar doen en baie duisende rande spandeer.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag...is die kool nog die sous werd?

Post by Eugene »

Ek wil begin met 'n vraag: Wat is deesdae nie meer duur nie? As student was 6 blacklabels R12-50 en 'n bottel Klipdrift R23-50. Stuyvesant en ander make was R5-80 vir 20 en die Camels was R6-20. Op Vrydae het ek my bederf met 'n pakkie Camels.... Ek kan nie eers onthou wat skaaptjops toe gekos het nie, maar vir biltong het ons onder R50/kg betaal en ek het my VW Golf volgemaak met R125. Dit was die goeie ou dae. Tog rook, drink, braai en ry ons steeds, ongeag die hemelhoë pryse van al daai goed!

Ek het eers begin jag toe ek begin werk het, so ek weet nie wat bokke toe gekos het nie, maar glo dit was maar in die selfde lyn. Tog het mense toe al in die Magnum gemor oor die "onbekostigbaarheid" van jag.

As jy suiwer vir die pot jag, kan ek jou nou al sê dit gaan goedkoper wees om jou vleis by 'n supermark te koop. Maar soos iemand hierbo gesê het, daar is darem nie dieselfde opwinding om jou vleis van die rak af te haal, soos wat daar is om dit van die veld af te haal nie....

Ek probeer my jagte kombineer met 'n vakansie en gelukkig geniet my hele gesin jag en die veld. Ek gaan alleen saam met my pelle ook, maar het gevind dat die jag baie "goedkoper" raak as ons dit sommer as 'n vakansie doen. Buitendien verkies my gesin die bos bo die see.
Aim small, miss small
Post Reply