Watter .22LR

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Watter .22LR

Post by Swede »

Ek is in die mark vir 'n .22LR. Ek wil dit graag gebruik vir die SA Jagters tabelle. My vereistes is dat dit bekostigbaar, en dieselfde tyd akkuraat moet wees. Watter fabrikaat sal julle voorstel?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Watter .22LR

Post by Pvdw »

Watter prysklas sien jy as bekostigbaar??

Gaan jy scope opsit of oop visier skiet??

Nuut of 2de hands
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Watter .22LR

Post by Swede »

Pvdw wrote:Watter prysklas sien jy as bekostigbaar??

Gaan jy scope opsit of oop visier skiet??

Nuut of 2de hands
Ek wil 'n scope opsit sit en kyk in die R8000-00 pysklas. Verkieslik nuut maar sal nie tweede hands uitsluit nie. Sien S&O adverteer 'n CZ455 American, lyk na 'n goeie opsie en die sneller is ook verstelbaar
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Watter .22LR

Post by Louis Kriel »

Jy stel belang in die regte geweer! CZ
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Watter .22LR

Post by Riaan Kriel »

Safari en Outdoor het 'n Ruger 10/22 semi-auto in die net meer as R8k prysklas wat ek dink goeie waarde vir geld gaan wees. Daar is Savage-modelle ook vir bietjie meer geld wat ook baie goed sal doen.....
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Watter .22LR

Post by andre007 »

n Pel van my skiet n Marlin XT22. Hy gebruik die roerkie uitsluitlik vir S A Jagters tabelle, hy is bekostigbaar en super akuraat
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Watter .22LR

Post by Lamtjop »

Swede met safari se rifle sale was daar n Weirauch .22 vir R8000 en met so bietjie google lyk dit vir my dis eintlik n Krico want Weirauch het hul goed glo net so oorgevat. Dis n baie netjiese geweer daai. Maar die CZ's veral die dikloop ene is net so vrek akuraat. Daai cz455 dikloop wat se sneller kan stel is n wenner. Groete Tjops
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Watter .22LR

Post by Pappabeer »

2de handse Brno of CZ.

Hulle bly wenners, en jy kry gereeld mooi tweedehandse Brnos vir R4-6000k
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Watter .22LR

Post by mossie »

Dis nou miskien nie n welbekenbe top handelsnaam nie, maar ek het onlangs met die nuwe dikloop, sintetiese kolf Mossberg geskiet en ek moet se dat ek regtig aangenaam verras was. Prys nuut R4500-00.

Groete

MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Watter .22LR

Post by alecjohnson »

Ek sal aanbeveel soek n brno mod 1 of 2
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Watter .22LR

Post by Swede »

Baie dankie vir al die insette, het S&O gekontak oor hulle 455 American wat op hulle site geadverteer is, maar soos alles wat deel is van hierdie passie van ons was die antwoord " geen stock nie, weet nie wanner hulle in kom nie" . So Ja sal maar moet wag en sien wanner die stock kom ;)
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Watter .22LR

Post by Johan308 »

Swede, probeer Camdix in Krugersdorp. Hulle het die CZ geadverteer teen 'n goeie prys en hulle het nog stock.
011 6602398
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Watter .22LR

Post by Swede »

Johan308 wrote:Swede, probeer Camdix in Krugersdorp. Hulle het die CZ geadverteer teen 'n goeie prys en hulle het nog stock.
011 6602398
Dankie
Post Reply