Baie welkom hier op die forum.
Jy is beslis op die regte plek indien jy raad en hulp nodig het. Die forum manne huiwer glad nie om raad en hulp vrywillig uit te deel nie.
Was weer so rukkie afwesig en sien nou eers weer wat hier aangaan.
Wonder hoekom die forum so vinnig reageer sodra daar een van die skoner geslag hulp nodig het.
Manne baie interresant om na almal se raad en hulp te luister, en wonderlik hoe hierdie forum reageer sodra iemand se moed in sy skoene is.
Ek gaan ook nou maar weer n eiertjie le as ek mag.
Gou so ietsie oor die paar opsies wat geopper is vir Liezl se probleem.
Ratel - Julle is reg gewoonlik n ou wat lief is om aan die gesig te vang en vreet. Kenmerkend is dat hy soms elders aan die prooi ook sal vreet en baie lief is om die tong uit te haal en in die proses dan ook soms die onderkaak breek in die geval van n kleiner lammetjie.Lief om soms agter rondom die anus te begin vreet.
Otter - Ook n ou wat aan die gesig sal byt om te dood, maar baie lief om dan te gaan na die ingewande, by baie jong lammers het ek al baie die geval gehad dat die otter dieselfde gedragspatroon opper as die draaijakkals en baie lief is om die lammers se melkpensies uit te haal.
Jakkalse - Ons almal weet dat veral hierdie tyd van die jaar veral jong jakkalse se vreetpatrone baie varieer, my ondervindig is egter dat iewers op die lam of ooi se lyf ook n bytmerk of twee sal wees.Jong jakkalse is hierdie tyd van die jaar gewoonlik nog redelik naby mekaar as hul opereer snags.
Honde - Hond is n ou wat mors en gewoonlik sal meenigvuldige bytmerke sigbaar wees.Bytblekke kan wees aan die gesig, bene, boude maar is veral baie lief om agter die skaap se blad te byt.Honde verskeur ook gewoonlik die prooi vreeslik en die ingewande kan oor n groot area versprei wees.Wol wat die wereld vol le is ook baie kenmerkend van honde.
Liezl ek gaan my beskeie opinie ook hier saam met my mede forumlede waag.
Na aanleiding van jou fotos is ek amper 100% oortuig daarvan dat die probleem wat jy hier het - ek direk voor die deur van oom Kees gaan le.Hierdie is die tipiese patroon wat bobbejaan se kind volg. Sodra hy sy prooi in die hande kry is die eerste reaksie om die dier aan te vat vanwaar die warm asem vandaan kom, vandaar die vreetplekke aan die gesig van die ooi. Geen verder bytmerke sal aan die ooi gevind word nie aangesien die bobejaan se voorpote net soos ons sn lyk. Die groot slagtand merk onder die ooi se oor is inderdaan die van kees. Sodra die ooi dan dood is weet kees ook nie altyd meer so lekker wat om verder te doen met die ooi en los dit dan gewoonlik net so.Bekommerd kan jy maar wees wat kees het so voorsmakie gekry van wat kan wees.
My beskeie opinie.
Die slim manne op die forum moet help.
Groete en sterkte
Niel
