Wat vang so?
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Wat vang so?
More alle forum lesers wie of al tuis is, of dalk nie met vakansie gegaan het hierdie jaar nie. Ek was weg Swakopmund toe vir 'n paar dae en gister nadat ek terug was, vir buurman geskakel om te groet. Hy noem toe dat hy oor die afgelope 16 dae geweldige verliese (12 SKAPE) gehad het van "iets" wat snags onder sy dorper ooie skade aanrig. Die ongedierte vreet blykbaar slegs ooie se uiers uit en los dan of die karkas, of die lewendige skaap sonder om dit dood te byt of enigsins verder te vreet. Hy het al van die skape wat gevrek het agv bloedverlies asook "gesonde" skape uitgeplaas en slagysters by die diere gestel, geen reaksie. Daar is op geen ander plekke aan die karkasse van die "slagoffers" byt of vreet-plekke nie, ooie is of gus of dragtig en kersnag is selfs twee diere so vermink. Ouer/skraler tipe ooie is blykbaar die eerste keuse. Die grond oppv is te hard om spoor te sny om te bepaal wie/wat die sondaar is. Enige iemand wat kan help wie dalk al 'n soortgelyke ondervinding gehad het, HELP groot ASB!!!!. Duitswes groetnis- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- WOLF
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am
Re: Wat vang so?
FRINAM
Dit klink dan vir my soos jong jakkies wat nou begin jag en te "lig" is om die prooidier vas te trek en dood te byt.Dit klink dan dat daar glad nie meer lammers is nie en nou wend hulle hul tot die ooie.
JAKKIE STEL JOU MOS NOOIT TELEUR NIE.
WOLF

HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: Wat vang so?
Frinam. Ek het ook die probleem teegekom en nadat ek n ou jak geskiet het, het die probleem op gehou. Ek dink jy kan maar een nag deursit by die skaap. Sorg net dat al die skaap in een trop slaap. sit dan en wag by die trop met baie lig en min roep. Sal graag wil hoor as die probleem opgelos is ofek reg was. sterkte Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Wat vang so?
Frikkiefrinam wrote: Ouer/skraler tipe ooie is blykbaar die eerste keuse.
My raaiskoot sou wees jong jakkalse, die swakker goed wat agter hardloop as hulle gejaag word.
Maar jy gaan in elk geval vannaand mos daar wees, so vertel ons as hulle l?.
Groete
Skolla
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Wat vang so?
Skolla, Katjak en Wolf, dankie vir terugvoer. Alle insette is opsies, wat net baie interessant is dat die kwaaddoeners (as dit jong jakke is) nie reageer as die skaap in 'n hok staan met ysters gestel in die omgewing nie. As dit 'n ou jak is hoekom dink jul vreet hy nie verder aan die karkas as die dier later (selfde nag) vrek agv bloedverlies nie? Hierdie vrae maak my nog dommer as wat ek rerig is
. Die werkers op die plaas sweer dit is 'n ratel, het enige van julle al onderviding met die man gehad as hy dalk geleer het om kwaad te doen. Ek gaan verseker vanaand 'n roepie maak, buurman gaan sy skapies kraal vir die nag en ek sal terugvoer gee as/wanneer ek dalk gelukkig is om die sondaar vas te trek. Dankie vir insette, waardeer dit baie. Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Wat vang so?
Frikkiefrinam wrote: Die werkers op die plaas sweer dit is 'n ratel, het enige van julle al onderviding met die man gehad as hy dalk geleer het om kwaad te doen.
Ratel is seker nie uitgesluit nie maar die wat ek al gesien het jaag gewoonlik die skaap so flou dat hy gaan l?. Baie keer is die uier dan gevreet maar in omtrent alle gevalle is die gedeelte van die gesig wat bo l? kaal gevreet, kakebeen is kaal gevreet en die oog is gewoonlik ook uit en patykeer die oor ook afgevreet. Ek het ook nog nie gesien dat hulle so baie skaap vermink in so n kort tyd nie.
Hoop jy kry hom of hulle.
Skolla
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Wat vang so?
Hoop jy kom reg is ook baie nuuskierig hoop dit is jou aand vannaand
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Wat vang so?
sterkte oom frikkie... Hoop jy kry die bliksim(s)
my raaiskoot is ook jakkals. Die agterbakse wetter smaak so met koei wat sukkel om te kalf ook. Vreet sagte uier as die arme dier le.
Lat weet van die sukses, ons hou duim vas.
Stef
my raaiskoot is ook jakkals. Die agterbakse wetter smaak so met koei wat sukkel om te kalf ook. Vreet sagte uier as die arme dier le.
Lat weet van die sukses, ons hou duim vas.
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat vang so?
Oom Frikkie
Dit is gewoonlik hierdie tyd van die jaar dat die plaaswerkers kom vertel dat daar 'n ratel is wat skade maak (by my in elk geval). Meermale (omtrent altyd) is dit jong jakkalsies wat leer jag en dit is waar ek sal begin soek. Ek s? egter nie dit sluit die ander goed uit nie - meer die tyd van die jaar wat my suspisieus maak.
Louis
Ns. Dankie vir die "hallo"-s? daar langs die water.

Goeie dade oortref goeie woorde.
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Wat vang so?
Koning Leeu en ander manne wie so gaaf was om tot dusver 'n mening te waag, dankie vir insette. Na twee dae se spoorsny en neus op grond wil dit voorkom asof die "sondaar/s" tog maar jakke is. Dit is die enigste spore wat verdag lyk, wat in die omgewing van die kamp voorkom waar die skape tans loop. My plan is om vanaand (DV) in die omgewing waar die skade plaasgevind het 'n roepie te gaan maak. Afhangend wat reageer en hoe dit afloop, sal ek dan more-oggend vanaf 03h30 weer gaan probeer om reaksie te kry. Hoe is julle manne se raad, watter klankie sal jul aanbeveel om te probeer reaksie uitlok om die boosdoeners te probeer opspoor? Daar was al in die verlede in die spesifieke omgewing geroep en ook jakke afgehaal. Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- WOLF
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am
Re: Wat vang so?
FRINAM
Ek herhaal maar net wat SIR TAF aanbeveel het.
VLEKKIE D
WOLF
Ek herhaal maar net wat SIR TAF aanbeveel het.
VLEKKIE D
WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Frinam
VlekkieD- kleinhasie Combo/javilina - Mooihuil-VlekkieE. Sorg dat van VlekkieD na Mooihuil so 30min verloop. Voorspoed!
VlekkieD- kleinhasie Combo/javilina - Mooihuil-VlekkieE. Sorg dat van VlekkieD na Mooihuil so 30min verloop. Voorspoed!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Frinam
As jy geen reaksie lok met die voorgestelde sequence nie, moenie nou dink alles is verlore nie. Daar is nog so een troefkaart om te dish en dit is: Challenge(016) met Jakkalshuil(036) onmiddelik daarna. Sorg dat daar goeie tyd verloop(15min) het nadat eerste sequence gebruik is.
Wolf
Jammer dat ek jou probeer spring het met my raad. Het dit eers gelees nadat ek ge-reply het.
Mooiloop
As jy geen reaksie lok met die voorgestelde sequence nie, moenie nou dink alles is verlore nie. Daar is nog so een troefkaart om te dish en dit is: Challenge(016) met Jakkalshuil(036) onmiddelik daarna. Sorg dat daar goeie tyd verloop(15min) het nadat eerste sequence gebruik is.
Wolf
Jammer dat ek jou probeer spring het met my raad. Het dit eers gelees nadat ek ge-reply het.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Wat vang so?
Dankie menere, sal jul op hoogte hou. Taf, het jou PM gestuur, kry jou nie op jou sel in hande nie. Stuur asb 'n nr, my sel is + 264 81 129 1295. Groetnis.
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Frinam
Jou PM is alweer op geantwoord met my landlyn nommer.
Jou PM is alweer op geantwoord met my landlyn nommer.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Wat vang so?
Taffietafjak wrote: As jy geen reaksie lok met die voorgestelde sequence nie, moenie nou dink alles is verlore nie. Daar is nog so een troefkaart om te dish en dit is: Challenge(016) met Jakkalshuil(036) onmiddelik daarna. Sorg dat daar goeie tyd verloop(15min) het nadat eerste sequence gebruik is.
Kan jy bietjie meer s? oor die een. Ek het dalk vannaand, as die weer dit toelaat, dieselfde probleem van jakkalse wat ooie se uiers uit vreet.
Skolla
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Skolla
Gelukkig is jakkalse sommer naby vangplekke wanneer vee gekwes word. Reken nie jy sal verder as so 1.5km hoef te soek nie.
Die "VlekkieD- kleinhasie Combo/javilina - Mooihuil-VlekkieE. Sorg dat van VlekkieD na Mooihuil so 30min verloop." sequence is die een wat ek ken wat die meeste sukses verseker. As dit nie werk nie(groot moeilikheid), kan Challenge en Jakkalshuil saam ingespan word. Dit gee ook sukses in die sin dat jakkalse jou sal antwoord en hul posisie verraai, maar dan moet die jagter op sy hoede wees en so bietjie wegkruipertjie moet speel. Ek geen die manne dan nog een kans om nader te skuif en as hulle die kans verspeel ry ek nader en begin met Javilina en Fyn hase daar.
Sorg net dat daar 'n definitiewe stilte/pose is tussen die 2 sequences of skuif die staanplek.
Moet nou asb nie die ander klanke op die roeper miskyk nie, Elsneus, Vlekkie3a, Vlekkie9 en Jakkalsroep1 en Robvlekkie is klanke wat al baie kastaiings uit die vuur gekrap het.

Last edited by tafjak on Thu Dec 30, 2010 3:30 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- WOLF
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am
Re: Wat vang so?
Sir TAFtafjak wrote: Frinam
As jy geen reaksie lok met die voorgestelde sequence nie, moenie nou dink alles is verlore nie. Daar is nog so een troefkaart om te dish en dit is: Challenge(016) met Jakkalshuil(036) onmiddelik daarna. Sorg dat daar goeie tyd verloop(15min) het nadat eerste sequence gebruik is.
Wolf
Jammer dat ek jou probeer spring het met my raad. Het dit eers gelees nadat ek ge-reply het.
Mooiloop
Geen probleem,dis mos maar jou raad van n vorige post ook.
WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Wat vang so?
Taffietafjak wrote: Gelukkig is jakkalse sommer naby vangplekke wanneer vee gekwes word. Reken nie jy sal verder as so 1.5km hoef te soek nie.
Die "VlekkieD- kleinhasie Combo/javilina - Mooihuil-VlekkieE. Sorg dat van VlekkieD na Mooihuil so 30min verloop." sequence is die een wat ek ken wat die meeste sukses verseker. As dit nie werk nie(groot moeilikheid), kan Challenge en Jakkalshuil saam ingespan word. Dit gee ook sukses in die sin dat jakkalse jou sal antwoord en hul posisie verraai, maar dan moet die jagter op sy hoede wees en so bietjie wegkruipertjie moet speel. Ek geen die manne dan nog een kans om nader te skuif en as hulle die kans verspeel ry ek nader en begin met Javilina en Fyn hase daar.
Sorg net dat daar 'n definitiewe stilte/pose is tussen die 2 sequences of skuif die staanplek.
Moet nou asb nie die ander klanke op die roeper miskyk nie, Elsneus, Vlekkie3a, Vlekkie9 en Jakkalsroep1 en Robvlekkie is klanke wat al baie kastaiings uit die vuur gekrap het.
Dankie, klink vir my na n fyn ene die. Ek kon toe nie gaan as gevolg van die weer nie.
Skolla
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Skolla
Nee, dit is nie fyn ene nie. Ek hou net nie daarvan om van dieselfde staanplek 'n klomp planne te maak nie. As ek nie kan skuif nie wag ek net redelik ruk voordat ek anders probeer. Daar is al jonges wat so 5maande oud is en hulle kan lekker ronddwaal en wysneus wees. Gewoonlik sal die enkel jonge so bietjie meer reageer as hy enkeljakkals hoor.

Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Wat vang so?
Sir T en alle ander persone wie so getrou deelgeneem en raad gegee het. Ek het toe 'n "trailcam" eergister-aand by 'n waterpunt opgestel, waar ons vermoed het die sondaar sal kom water drink. Vir jul info 3 van die foto's van ta by die water. Wat interessant is, is die tyd wanneer meneer die eerste maal ingekom het, blykbaar toe onttrek het agv die "flash" wat hom laat skrik het en toe weer 01h55 ingekom het. Het nou kamera daar gelos en sal elke oggend monitor vir paar dae om roetine te probeer bepaal. Baie dankie vir almal se insette, sal laat weet as/wanneer meneer 'n foutjie gemaak het. Groetnis-Frinam
[img width=800 height=600]http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... CT0195.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... CT0197.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... CT0199.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... CT0195.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... CT0197.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... CT0199.jpg[/img]
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Frinam
Ek is 99% seker dit is 'n jongjakkals darie. Ore te groot vir die lyf. Is daar in die omgewing nie jonges die afgelope 2maande geskiet nie?
Ek is 99% seker dit is 'n jongjakkals darie. Ore te groot vir die lyf. Is daar in die omgewing nie jonges die afgelope 2maande geskiet nie?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Wat vang so?
Taffie, gedurende die afgelope 4 mnde geen jakke in die spesifieke blok geskiet nie. Wel 2 buite die blok so 3 mnde gelede geskiet, het detail gepost, reun, 2-3 jr en teef, so 1-2 jr. Het vanoggend 04h00 in die omgewing van die pos waar die foto's eergisteraand geneem is, gaan roep, niks. Slegs jak huil geroep soos jy voorgestel het, geen reaksie. Afgesluit so teen 05h45 kort voor sonsopkoms, met mooihuil, geen reaksie. Jak huil slegs eenkeer gespeel, verder net gelig tot so 05h45. Groetnis-Frikkie
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat vang so?
Frinam
Nee, ek is nou raadop, want dit lyk regtig na jaongjakkals. Gee maar weer so 2weke kans en kyk wat gebeur, miskien vang ou kakeman hom.
Voorspoed.
Nee, ek is nou raadop, want dit lyk regtig na jaongjakkals. Gee maar weer so 2weke kans en kyk wat gebeur, miskien vang ou kakeman hom.
Voorspoed.
Mooiloop en Geseende Kersfees!