SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Gawie(13mm) »

Ludwig, my persoonlike opinie is dat daar te veel interpretasies van die bestaande wette is. Dws. elke DFO en amptenaar by die sentrale vuurwapen deurmekaarspul het sy eie persoonlike mening oor wat reg en verkeerd is ten opsigte van die wet.

Ek behoort aan die Kaapse jagters en wilbewarings vereniging of Kaapjag in kort, nie aan 'n jagklub nie. Wat vir 'n ding is dit?

Ek stem saam met die heer Smit: Wys my swart op wit en ek maak so, maar as hy nie in die staatskoerant verskyn het nie kan hy loop akkies. :police:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Jake1 »

Beteken dit geleentheidsjagters wat nerens n lid is gaan nie lisensies kry nie of lees ek nou mis?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Joe308 »

Dit is nog altyd n vereiste gewees vir toegewyde status aansoeke....
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Dries101 »

joe dis nou n kopie van jou dedicated sertifikaat EN n endorsement. Jy moet n form invul en aan die vereeniging stuur en hulle ryk dan die extra dokument uit. Vriend van my se aansoek is maandag afgewys en hy is gese hy moet sy pakkie maar weer bring wanneer hy daai dok by het
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
HeinrichPrinsloo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 314
Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by HeinrichPrinsloo »

Joe308 wrote:Dit is nog altyd n vereiste gewees vir toegewyde status aansoeke....

Dankie - Ek wou nie uit my beurt uit praat nie
Don't get confused between my personality and my attitude

My personality is who I am, my attitude depends on who you are
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Hein22 »

Ek het nog nooit nodig gehad vir so brief nie. Ek het vroeer die week weer 'n aansoek ingedien sonder die blerrie brief en hoop nou nie hy gaan na soveel maande se wag afgekeer word nie. Die nuwe vuurwapen wet was nog net 'n mo#rse mislukking en frustrasie van die dag wat dit geimplimenteer was.
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Joe308 »

Dries101 wrote:joe dis nou n kopie van jou dedicated sertifikaat EN n endorsement. Jy moet n form invul en aan die vereeniging stuur en hulle ryk dan die extra dokument uit. Vriend van my se aansoek is maandag afgewys en hy is gese hy moet sy pakkie maar weer bring wanneer hy daai dok by het
Jou klub of tak is veronderstel om daai brief vir jou vereeniging te stuur, wat dan opgronde van die brief jou status hernu en jou wapen endoseer. Niks nuut.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Eugene »

Ludwig, eerste wat ek daarvan hoor. Dit gaan hier oor Artikel 16(2) van die Vuurwapenwet. Hierdie gedeelte was van die begin af in die Wet en is nie onlangs ingevoeg nie.

Daar was onlangs in die media geluide gemaak dat Toegewyde Status misbruik word deur mense om soveel moontlik gewere te kan besit en hierdie is waarskynlik wat hulle bedoel het daarmee dat hulle dit gaan stopsit.

Ons was waarskynlik bederf om tot nou toe net die sertifikaat te kon gee en gaan nou ongelukkig daai bykomende sertifkaat/verklaring moet gee. Ek kan egter nie sien hoe dit enige invloed kan hê op 'n geleentheidsjagter wat nie aan 'n klub/liggaam behoort nie, want die bepaling is net in Artikel 16 en is nie in Artikel 15 ook vervat nie.
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAPD: Nuwe bykomende Vereistes?

Post by Eugene »

My ondervinding van die SAPD, was nog altyd dat hulle wetgewing vertolk net soos hulle wil en afhangend van hoe die wind waai, so enige iets kan seker moontlik wees.

Ek sal graag wil hoor van iemand wat geleentheidsjagter is en nie aan 'n klub behoort nie, wie se DFO aan hom/haar hierdie vereiste stel.
Aim small, miss small
Post Reply