Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ludwig, my persoonlike opinie is dat daar te veel interpretasies van die bestaande wette is. Dws. elke DFO en amptenaar by die sentrale vuurwapen deurmekaarspul het sy eie persoonlike mening oor wat reg en verkeerd is ten opsigte van die wet.
Ek behoort aan die Kaapse jagters en wilbewarings vereniging of Kaapjag in kort, nie aan 'n jagklub nie. Wat vir 'n ding is dit?
Ek stem saam met die heer Smit: Wys my swart op wit en ek maak so, maar as hy nie in die staatskoerant verskyn het nie kan hy loop akkies.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
joe dis nou n kopie van jou dedicated sertifikaat EN n endorsement. Jy moet n form invul en aan die vereeniging stuur en hulle ryk dan die extra dokument uit. Vriend van my se aansoek is maandag afgewys en hy is gese hy moet sy pakkie maar weer bring wanneer hy daai dok by het
Ek het nog nooit nodig gehad vir so brief nie. Ek het vroeer die week weer 'n aansoek ingedien sonder die blerrie brief en hoop nou nie hy gaan na soveel maande se wag afgekeer word nie. Die nuwe vuurwapen wet was nog net 'n mo#rse mislukking en frustrasie van die dag wat dit geimplimenteer was.
Dries101 wrote:joe dis nou n kopie van jou dedicated sertifikaat EN n endorsement. Jy moet n form invul en aan die vereeniging stuur en hulle ryk dan die extra dokument uit. Vriend van my se aansoek is maandag afgewys en hy is gese hy moet sy pakkie maar weer bring wanneer hy daai dok by het
Jou klub of tak is veronderstel om daai brief vir jou vereeniging te stuur, wat dan opgronde van die brief jou status hernu en jou wapen endoseer. Niks nuut.
Ludwig, eerste wat ek daarvan hoor. Dit gaan hier oor Artikel 16(2) van die Vuurwapenwet. Hierdie gedeelte was van die begin af in die Wet en is nie onlangs ingevoeg nie.
Daar was onlangs in die media geluide gemaak dat Toegewyde Status misbruik word deur mense om soveel moontlik gewere te kan besit en hierdie is waarskynlik wat hulle bedoel het daarmee dat hulle dit gaan stopsit.
Ons was waarskynlik bederf om tot nou toe net die sertifikaat te kon gee en gaan nou ongelukkig daai bykomende sertifkaat/verklaring moet gee. Ek kan egter nie sien hoe dit enige invloed kan hê op 'n geleentheidsjagter wat nie aan 'n klub/liggaam behoort nie, want die bepaling is net in Artikel 16 en is nie in Artikel 15 ook vervat nie.
My ondervinding van die SAPD, was nog altyd dat hulle wetgewing vertolk net soos hulle wil en afhangend van hoe die wind waai, so enige iets kan seker moontlik wees.
Ek sal graag wil hoor van iemand wat geleentheidsjagter is en nie aan 'n klub behoort nie, wie se DFO aan hom/haar hierdie vereiste stel.