Hoe om n roer te pak

Post Reply
User avatar
saimportsuplies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm

Hoe om n roer te pak

Post by saimportsuplies »

ek wil nou vannaand my newe 243 ruger varmint pak maar wil weet wat is nou die regte way om te gaan? :-\ ek weet dat ek die oppervlak waar ek pak grof en olie loos moet kry en ek weet al die gate ens. moet gestop word ens. maar party se jy moet tape plak onder jou aksie sodat nadat jy als weer aan mekaar sit die skroewe darm die tape se dikte kan vastrek en die ander se gebruik g-klamps. ek het nou die regte brownels gekry........ as iemand kemmis het asb. help..........






thanx
francois
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by molopohunter »

Gaan soek op youtube, how to pack n rifle.
Dit lyk na 1 van daai projekkies wat maklik lyk, maar as mens eers begin gaan mens vloek.
Dis ook n spesialis ding, dis hoekom party manne meer aanbevelings as ander het.

Hoop jy kom reg,

Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Christo »

saimportsuplies wrote: ek wil nou vannaand my newe 243 ruger varmint pak maar wil weet wat is nou die regte way om te gaan? :-\ ek weet dat ek die oppervlak waar ek pak grof en olie loos moet kry en ek weet al die gate ens. moet gestop word ens. maar party se jy moet tape plak onder jou aksie sodat nadat jy als weer aan mekaar sit die skroewe darm die tape se dikte kan vastrek en die ander se gebruik g-klamps. ek het nou die regte brownels gekry........ as iemand kemmis het asb. help..........
francois
Ek sal later vandag vir jou 'n link laai wat ek gebruik het. Dit was my eerste maar lyk 200% beter as wat Hugo van Zyl Sports my eerste geweer gedoen het.


ps: ek wag nou vir jou terugvoer i.v.m. my PM
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by JOHANNIC »

Saimport
Dink jy dis nodig om jou ruger te pak myne is nie gepak en skiet soos honeymoon,net so van die rak af :angel:

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerard

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Gerard »

Die beginsel van pak is dat mens onder geen omstandighede oor die las, waar die loop en aksie bymekaar kom, moet pak nie.  Met ander woorde, jy pak die hele aksie en laat die hele loop vry, of jy pak die loop en los die hele aksie vry.  Die tweede opsie is natuurlik die domein van skyfskiet gewere en baie meer moeite as die eerste.  Die gebruik om die eerste deel van die loop saam met die aksie te pak is verkeerd en maak geen sin nie.

As die aksie gepak word moet die onderkant, sykante en voorkant van die "recoil lug" nie aan die kolf raak wanneer mens klaar is nie.  Die aksie skroewe moet nie aan die kolf raak nie en die enigste kontak met die stelsel is onder die skroefkop en op die skroefdraad.

Moet nie "fore end pressure" beskou as pak nie.  Dit is 'n drukpunt tussen loop en kolf, so na aan die voorste punt van die kolf as wat moontlik is en dien om die beweging van die loop, wanneer die geweer gevuur word, te bekamp.  Dit kan tesame met die pak van die aksie gedoen word, indien dit blyk nodig te wees.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by baboonstalker »

ek wil nou vannaand my newe 243 ruger varmint pak
Hokaai!
Doen eers deeglik jou huiswerk voor jy begin pak. As jy oorhaastig is gaan jy meer K>> as plesier oorh? as jy klaar is.

Gerhard het die beginsel goed beskryf. Maak seker dat jy genoeg hout verwyder sodat jy 'n egalige lagie van die "bedding compound" reg rondom die aksie het. (los slegs 'n klein stukkie van die oorspronklike hout waarop die arterste punt van die aksie kan rus.
As jy pillars gaan insit moet jy hulle reg voorberei en ook sekermaak dat jy genoeg spasie rondom hulle het vir die bedding compound.

Op 6mmbr is 'n goeie artikel oor bedding wat jy gerus kan gaan lees.
As jou beplanning reg is en jy weet presies wat jy wil doen sal jou resultate baie beter wees.
P
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Francois Marais »

http://www.6mmbr.com/pillarbedding.html

Link oor pillar bedding......sien die man pak ook die eerste gedeelte v/d loop, soos ek ook ma die laaste 25 jaar, my gewere skiet mooi genoeg, dalk het ek n paar bench guns wat akkuraatheid betref as ek gaan pak soos oom Gerard se.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Gerard

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Gerard »

Die bed van die eerste deel van die loop is die mees algemene fout wat met pak gemaak word.  Wanneer 'n geweer gevuur word, sit die kamer eensklaps uit met tussen 40 en 80 mikron.  Dan is daar 'n 40 mikron uitsetting van die loop wat saam met die koe?l tromp toe beweeg indien gemantelde koodkern koe?ls gebruik word.  Met gladde of gegroefde monometaal koe?ls is dit minder en met dryfband koe?ls, nog minder.

Indien die pakking teen die loop druk, skop die loop teen die pakking en beweeg in die teenoorgestelde rigting.  Dit is een ekstra beweging van die stelsel wat onnodig is in die stelsel waar mens dinge so reelmatig en konsekwent as moontlik wil hou.  Hierdie skop teen die pakking kan baie reelmatig wees en slegs 'n klein invloed op akkuraatheid gee, maar dit is teenwoordig.  Ek het nog nie 'n geweer gehad wat swakker geskiet het wanneer die loop heeltemal vry gemaak word nie en baie wat beter gedoen het. (Tel dit as etlike honderd gewere.)

Dit is vir my gese dat die pakking onder die loop dit ondersteun, veral as dit 'n swaar loop is.  Die skroefdraad en treksterkte van die loop en aksie kan meer as tien ton optel en die kamerdruk van 'n gemiddelde kaliber is 60000 pond per vierkante duim.  Die loop sal hom min daaraan steur indien dit nie in die eerste gedeelte "ondersteun" word nie.
User avatar
saimportsuplies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by saimportsuplies »

dankie vir al die raat..... ek het toe besin en ek kom nou net van skietbaan af baie impresed ;D ek glo nie ek gaan my nuwe ruger pak nie,,,,,,,,,,,, my lesings as volg. 365 kruit cci 200 primer lapua doppe 95gr vld berger........(al die ladings was geskiet op 300 meter en punte teen lans) 1./40gr ex spread 4fps groep 10mm @2902fps..........2./40.5gr ex spread 41fps groep 25.5mm @2940fps...........3.41gr ex spread 36fps groep 55mm @2990fps.........4./41.5gr ex spread 13fps groep 26mm @3027fps...........5./42gr ex spread 33fps groep 35mm @3060fps...................6./42.5gr ex spread 19fps groep 24mm @3102fps.............7./43gr ex spread 8fps groep 12mm @3144fps...........8./43.5gr ex spread 12fps groep 23mm @3190fps........

so ek sal netnou as dit koeler is weer gaan skiet en ek dink ek gaan 42.8gr ,43gr 43.3 gr gaan probeer maar gaan sommer genoeg van elk laai om sommer tpl ook reg te kry.

dankie weer eens vir al die raat manne en ek moet se die 6mm br web is baie kwaai


cheers francois
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by JOHANNIC »

I rest my case :angel: Ek is bly jou Ruger gooi ook mooi ;)

GROETE JOHAN
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Francois Marais »

Oom Gerard

Ek verstaan, en dit maak sin......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Christo »

Francois

Ek sien FM het jou reeds na die regte artikel verwys, goed so.

Ek sien jou geweer skiet doeksag, goed so. Mens karring nie aan 'n wenner nie, jy eindig dalk net op met die hele Springbokspan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Hoe om n roer te pak

Post by Piet Breedt »

Ek stem saam met Gerard. Nie een van my gewere is so gepak dat die eerste deel van die loop ook gepak is, slegs die aksies. Hulle almal skiet baie goed met lope wat geheel en al vry is..
Post Reply