Ek wil graag by julle uitvind of dit wettig sal wees om n pistool in n kluis by my kantoor ook te stoor, deur die dag as ek nie daar is nie. Ek het my eie kantoor wat kan toesluit.
My gedagte is om die pistool gereeld by my te dra, ek gaan nie elke dag , oral die pistool kan saamvat nie. Ek is baie tussen kliente, en van die plekke is bv. "Nasional Keypoints", myne ens. waar jy deeglik ondesoek word, en deur "metal detectors" beweeg. Ek gaan verseker ook nie die wapen so versteek of eers daardeur probeer gaan nie, en gaan my kliente se reels respekteer.
In die laaste 5 maande, het ek 6 voertuie wat ge-hijack was, namens klient wat nie in die omgewing gebasseer is, gaan oorteken van die "recovery" spanne. 4 Daarvan was tydens normale werksure, en 3 keer was dit in minder gegoede omgewings.Die laaste keer het die poliesie man vir my gese dat ons eerder die voertuig moet skuif, na die stasie toe, sodat die vinger afdruk manne daar kan werk want hy is bang.
My idee is om n kluis in my kantoor te installeer, en sou so n situasie opduik weer, dan het ek dit by my. Soos genoem gaan dit baie gebeur dat ek nie op kantoor is nie, en selfs ook kom ek eers later, nadat almal weg is weer by die kantoor.
Mag ek, of mag ek dit nie so werk nie?
Daar is n Beretta by S&O wat erg my aandag trek
Dank byvoorbaat,
Groete,
Michiel

