Ludwig wil jy nie vir ons noem watter verskeidenheid produkte jy gebruik om jou "mash" te maak.Ludwig wrote:Wlm, ek dink as mens goeie witblits net verdun na tussen 40 en 50% drinkbare sterkte, kan jy 'n baie goeie produk hê. Soortgelyk aan amerikaanse moonshine wat onverouderde whiskey is. Daarmee sal ek geen probleem hê nie en in der waarheid sal dit iets wees wat ek self sal wil maak ook.Ek kort net toegang tot genoeg druiwe en nie teen winkel pryse nie.
Die enkele grootste verskil tussen goeie en slegte "craft" drank is die vermoë om die regte "cuts" te kan maak. Dit is waar die kuns inkom. Te veel plaaslike witblits en mampoer stokers maak swak skeidings en mens kan die voorloop en naloop daarin proe. Dis nou waar jy sê mens kan die verskil tussen goeie en minder goeie witblits proe. Absoluut ja. Daarmee stem ek volkome saam.
Groete
Henning


