Winston on Whisky

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Winston on Whisky

Post by PWV »

Sir Winston Churchill:
His vocabulary and command of the English language is unparalleled!
Wish we had politicians and statesmen of his calibre around today.

Sir Winston Churchill was once asked about his position on whisky.
Here's how he answered:

"If you mean whisky, the devil's brew, the poison scourge, the
bloody monster that defiles innocence, dethrones reason, destroys the
home, creates misery and poverty, yea, literally takes the bread from
the mouths of little children; if you mean that evil drink that
topples men and women from the pinnacles of righteous and gracious
living into the bottomless pit of degradation, shame, despair,
helplessness and hopelessness, then, my friend, I am opposed to it with
every fibre of my being."

"However, if by whisky you mean the oil of conversation, the
philosophic wine, the elixir of life, the ale that is consumed when
good fellows get together, that puts a song in their hearts and the
warm glow of contentment in their eyes; if you mean good cheer, the
stimulating sip that puts a little spring in the step of an elderly
gentleman on a frosty morning; if you mean that drink that enables man
to magnify his joy, and to forget life's great tragedies and
heartbreaks and sorrow; if you mean that drink the sale of which pours
into our treasuries untold millions of pounds each year, that provides
tender care for our little crippled children, our blind, our deaf, our
dumb, our pitifully aged and infirm, to build the finest highways,
hospitals, universities, and community colleges in this nation... then
my friend, I am absolutely, unequivocally in favour of it..!!!"

"This is my position, and as always, I refuse to compromise on matters of principle.!!!"


Dis hoekom ek whisky drink en eendag gaan ek ook leer om so Engels te praat!!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Winston on Whisky

Post by alecjohnson »

Ai 'n ou lekker whisky sal nou mooi loop, dis my gunsteling drankie, 'n goeie whisky direk op die ys!

Goeie ware woorde!
User avatar
mva2912
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Thu Sep 04, 2014 11:00 am

Re: Winston on Whisky

Post by mva2912 »

Om hierdie tyd van 'n Vrydagmiddag by die werk te sit en die goed te lees maak seer... Vir die van julle wat al mag, geniet dit! Cheers!
Joy in looking and comprehending is nature's most beautiful gift...

.270 Sako WSM (Leupold)
.22 CZ Fullstock (Burris)
User avatar
mva2912
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Thu Sep 04, 2014 11:00 am

Re: Winston on Whisky

Post by mva2912 »

Jy vaar nie te goor met die Latyn nie! Praat jy graag "foreign"?
Joy in looking and comprehending is nature's most beautiful gift...

.270 Sako WSM (Leupold)
.22 CZ Fullstock (Burris)
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Frikkie Coetzee »

Ludwig wrote:Hoor hoor! Give that man a Bells! ;D

Ek het vir Kersfees 'n bottel Jameson Select Reserve en 'n bottel Jameson Gold Reserve gekry, so dit is wat ek nou op ys elke aand 'n bietjie geniet. Beslis van die lekkerste whiskey wat ek al gedrink het. My Engels het nou nog nie intussen vreeslik baie verbeter nie, maar die man se gevleulde woorde hierbo het my hoop gegee. ;D

Ek aanvaar jy sal deel??????
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Frikkie Coetzee »

Daar word vertel dat Dorothy Parker eendag vir Winston gese het hy s dronk. Sy antwoord: "
Dorothy, you're ugly and I'll be sober in the morning"

Op n ander keer het selfde Dorothe vir hom gese: Winston, if you were my husband, I'd poison you".
Sy antwoord: "Dorothy, if you were my wife, I would drink it!"
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Winston on Whisky

Post by PWV »

Ludwig wrote:Hoor hoor! Give that man a Bells! ;D

Ek het vir Kersfees 'n bottel Jameson Select Reserve en 'n bottel Jameson Gold Reserve gekry, so dit is wat ek nou op ys elke aand 'n bietjie geniet. Beslis van die lekkerste whiskey wat ek al gedrink het. My Engels het nou nog nie intussen vreeslik baie verbeter nie, maar die man se gevleulde woorde hierbo het my hoop gegee. ;D
As jy nou daai twee bottels verkoop het, kon jy vir jou 'n nuwe geweer gekoop het - maar, "on second thought" dink ek jy doen die regte ding! :)
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Winston on Whisky

Post by Pappabeer »

Daar is n boekie, nl. "The wit and wisdom of Winston Churchill". Dit bevat n 1000 van sy briljante aanhalings. Baie lekker leesstof
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Winston on Whisky

Post by joe rocket »

PWV wrote:
Ludwig wrote:Hoor hoor! Give that man a Bells! ;D

Ek het vir Kersfees 'n bottel Jameson Select Reserve en 'n bottel Jameson Gold Reserve gekry, so dit is wat ek nou op ys elke aand 'n bietjie geniet. Beslis van die lekkerste whiskey wat ek al gedrink het. My Engels het nou nog nie intussen vreeslik baie verbeter nie, maar die man se gevleulde woorde hierbo het my hoop gegee. ;D
As jy nou daai twee bottels verkoop het, kon jy vir jou 'n nuwe geweer gekoop het - maar, "on second thought" dink ek jy doen die regte ding! :)


Nou wanneer nooi oom ons?
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Winston on Whisky

Post by wlm »

Die Skotsman wat my vriend op die begeleide toer deur die whiskey-kelder geneem het was baie verontwaardig toe die van whiskey en ys praat. Hy het gereken dat dit 12 tot 20 jaar vat om van die water in die whiskey ontslae te raak en dan neuk mense ys by.
Die man werk darem seker nie heeldag in 40 grade Karoo-son nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Winston on Whisky

Post by PWV »

Ludwig wrote:Frikkie, natuurlik sal ek deel. Ietsie vir die koue daar by Rhodes? :)

Wlm, dis darm bietjie oordrewe. Dis distillasie proses raak van die water ontslae, nie die verouderings proses nie. Tydens veroudering verdamp daar van die alkohol deur die hout van die vaatjies. Dit word die "angels share" genoem. Geen water verdamping kan regtig plaasvind tydens veroudering nie. Boonop lig 'n klein bietjie water die geur en smaak profiel van die whiskey uit. Dis moeilik om die volle bouquet van geure waar te neem teen 45% of sterker. Kamer temperatuur in Suid-Afrika is ook oor die algemeen 'n hele paar grade warmer as kamer temperatuur in Europa. Warm whiskey sonder ys is nou nie juis my idee van 'n lekker ontspannende drankie nie.

Ek stook whiskey en rum as 'n hobby. Wettiglik met 'n permit vir eie gebruik. As jy meer as een keer distilleer en die "hart" van die kop en stert geskei het, eindig jy elkgeval op met 'n totale ABV van meer as 70% in sterkte. Hierdie moet verdun word met gedistileerde water tot die regte sterkte vir die perfekte interaksie met die hout. Verskillende sterkte alkohol gaan verskillende geure uit die hout trek tydens veroudering. As jou alkohol % te hoog is van veelvoudige distillasies, gaan jy nie goeie interaksie met die hout kry nie. So daar vind altyd 'n mate van verdunning met water plaas voor veroudering.
En ek dog jy ken net gunne? 8)
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Winston on Whisky

Post by wlm »

Ludwig
Ek hoor jou. Ek wens so dat baie manne wat witblits stook ook wil besef dat dit 'n kuns is en nie net 'n proses is om 'n drank met die hoogste alkohol-inhoud te kry nie. Dink maar net die mooi terme "voorloop" en "na-loop" wat in Afrikaans bestaan vir die kop en stert van die stookproses.
Ek moet bieg dat rum vir my geen bekoring in hou nie, maar ek het 'n passie het vir brandewyn. dankie tog dat daar nou ook mense is wat unieke brandewyne stook, verouder en bemark. Wanneer ek dors is drink ek min brandewyn met baie water, maar om laataand net my lippe nat te maak met goeie brandewyn of whiskey en dan my asem deur my neus uit te blaas is weelde.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Cobus(Cobb) »

Pretensieuse ou ......hyt seker De Kat gelees ook!!
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Gawie(13mm) »

Manne, nou kuier ons lekker. ;D

Ek sit self met 'n paar bottels skaars brandewyn wat ek so met 'n hout-oog beloer. Skaars, omdat ek dit nooit self sou koop nie a.g.v. die prys, maar as jy 'n man 'n guns doen en hy reken dit is 'n botel Alambic werd gaan ek nie stry nie. :-X

Ek en whiskey verstaan mekaar nie so heel lekker nie. My palaat is bederf deur te veel soetgoed kou in my jonger dae.
Nadat ek suiker uit my dieet gesny het begin ek dit darem al "proe". Die whiskey bedoel ek.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Winston on Whisky

Post by wlm »

Cobus(Cobb) wrote:Pretensieuse ou ......hyt seker De Kat gelees ook!!
Ek lees net "de rooikat" deur 'n teleskoop.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Hein M. »

Gawie(7mm) wrote:Manne, nou kuier ons lekker. ;D

Ek sit self met 'n paar bottels skaars brandewyn wat ek so met 'n hout-oog beloer. Skaars, omdat ek dit nooit self sou koop nie a.g.v. die prys, maar as jy 'n man 'n guns doen en hy reken dit is 'n botel Alambic werd gaan ek nie stry nie. :-X

Ek en whiskey verstaan mekaar nie so heel lekker nie. My palaat is bederf deur te veel soetgoed kou in my jonger dae.
Nadat ek suiker uit my dieet gesny het begin ek dit darem al "proe". Die whiskey bedoel ek.
Dis een van daai goed wat groei op jou - soos olywe, rooiwyn en van hierdie vrot kase :laugh: wat jy kry...

Ek is van brannewyn genees destyds een nag op 'n bus vol Klawer rugbyspelers, terug van 'n verloorwedstyd op Calvinia.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Winston on Whisky

Post by tripodmvr »

Met erkenning aan Andrew Leigh

I could imagine the following coming from Sir Winston.

Mahatma Ghandi was known to be a great man but he did have a couple of imperfections. For example there were the very calloused feet due to the sandals he wore and the amount that he walked. He was also not known to be physically strong and often had people supporting him. Finally there was the question of bad breath due to the odd diet he followed, so one would be left wondering if he was a;

Super calloused fragile mystic plagued by halitosis.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Hein M. »

tripodmvr wrote:Met erkenning aan Andrew Leigh

I could imagine the following coming from Sir Winston.

Mahatma Ghandi was known to be a great man but he did have a couple of imperfections. For example there were the very calloused feet due to the sandals he wore and the amount that he walked. He was also not known to be physically strong and often had people supporting him. Finally there was the question of bad breath due to the odd diet he followed, so one would be left wondering if he was a;

Super calloused fragile mystic plagued by halitosis.
;)

Gesien die politiek van die tyd.

Let wel. Ghandi het VERDER gestap as Winston en minder gedrink en gerook as hy... Point taken...

:)
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Johan Reyneke »

alecjohnson wrote:Ai 'n ou lekker whisky sal nou mooi loop, dis my gunsteling drankie, 'n goeie whisky direk op die ys!

Goeie ware woorde!
Whisky moet "single malt" wees en van Scotland kom, anders is dit nie whisky nie.

Jammer manne maar hierdie Amerikaanse en Ierse whiskey is nie vir my whisky nie.

"The difference between whiskey and whisky is simple but important: whisky usually denotes Scotch whisky and Scotch-inspired liquors, and whiskey denotes the Irish and American liquors."
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Dries101 »

Ek is in die bevooregde posisie dat my vrou seker so 6 keer per jaar oorsee gaan. Sy bring maar altyd vir my n bottel iets saam uit die duty free's van regoor die wereld. So ek het n redelike kas vol , single malts, blendid's van verskillende plekke etc. ek is deur my whisky/key snob stadium van net single malts, en net die en net daai. s.a maak n wereld klas blendid whisky in 3 ships en single in Bains. En na jare en jare besef ek toe drink wat vir jou lekker is. Hoe jy hom geniet, met ys, sonder ys, water of nie. Ek persoonlik geniet Taliskers maar meeste mense dink dit is aaklig. Ek dink Jameson is n fantastiese whisky, maar hy proe vir my better met soda. As jy jouself beperk tot een land se whisky en net single malts gaan jou nooit uitvind wat jy op uitmis nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Winston on Whisky

Post by wlm »

Ludwig
Wat is die betekenis van die "bourbon" soos gebruik mat bourbon whiskey?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Dries101 »

Maar ek moet erken ek het nooit die whisky/whiskey ding opgelet nie. In my geval lyk dit maar of drank die wenner is op die einde van die dag
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Winston on Whisky

Post by wlm »

Ludwig
Is dit moontlik om tydens die stookproses met die verandering van die hitte-graad die alkohol-persentasie te beheer of is dit slegs moontlik met verdunning en veroudering.
Ek tref 'n onderskeid tussen mampoer, gestook van vrugte en witblits wat slegs van druiwe gestook word. Goeie witblits, gestook van Hanepoot-druiwe, is iets besonder. Alhoewel dit 'n baie hoe alkohol-inhoud het, moet dit nooit 'n rou smaak gee nie. Wanneer jy die prop afhaal van die bottel moet die hele vertrek na Hanepoot ruik.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Winston on Whisky

Post by Johan Reyneke »

Dries101 wrote: In my geval lyk dit maar of drank die wenner is op die einde van die dag
Stem saam Dries

Ek drink ook Bains en sekere blends. Three ships is een van die beste blends wat ek ook drink, daar stem ek mee saam. Ek kon nog net nooit aan bv Jameson se smaak gewoond raak nie. Dalk is dit ook hoekom ek nie ander Ierse whiskey probeer het nie.

Ludwig op die bier issue weet ek nie, want ek was en is nie 'n groot bier drinker nie. As ek wel bier gedrink het, het ek net Black Label gedrink ;D (dalk omdat daar "beer" >:+ opgestaan het) en omdat ek nie van ander bier se smaak gehou het. Ongelukkig het ek so paar jaar heeltemal opgehou om bier te drink.

Ek glo elke persoon se smaak verskil vir die tipe drankie wat hy geniet. ;) ;D
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Winston on Whisky

Post by wlm »

Ag ou Luddie, die verskil tussen brandewyn en hanepoot-witblits is maar dieselfde as die tussen 'n 30 06 en 'n 300WM. ;)
Ek verbeel my darem ek kan die verskil proe tussen goeie en slegte witblits en dit gaan oor meer as die hoeveelheid alkohol daarin.
Jy het nou my nuuskierigheid geprikkel. Ek gaan die link gebruik en bietjie lees. My ideaal is om 'n witblitskultuur in SA te sien soortgelyk aan Italiaanse Grappa.
Post Reply