Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
andre007 wrote: Ek dink as jy die booswig nie met 6 skote kan raak skiet nie in die in elkgeval van n rollie is jy in die moeilikheid!
Andre, studies gedoen deur die FBI praat van 30% "hit rate" onder agente. Dus 1.8 uit die 6. Die polisie doen glo beter hulle is op 60%. Beide mense wat meer opleiding kry, meer gereeld bloot gestel word en ook meer gereeld skiet as ons.
Faktor dan in dat daar baie gevalle is waar die een skoot nie die doodskoot of dan die aanval stop nie. (Die eenskoot doodskoot is 'n Hollywood ding)
As jy begin somme maak.... Dit is hoekom meeste ontwikkelde lande se "LEO's" pistole dra.
Puik antwoord, Carl.
Die meeste mense weet ongelukkig min van handwapenkalibers se ballistiek en hoe min "one-shot stops" daar ooit plaasvind. So ook die effek van adrenalien in 'n gunfight.
Die FBI het juis onlangs weer teruggekeer na 9mm Para nadat hulle eers 10mm en toe 40S&W probeer het. 9mm Para het genoeg slaankrag met die regte ammunisie, het relatief min recoil en die pistole is nie bulky nie. Dan is daar die hoe kapasiteit van 9mm's en die beskikbaarheid van ammunisie.
Ons kan lank debateer oor die een. Dis amper soos die Toyota draad elders op die forum. Ek lag as ek op ander forums lees hoe die FBI keuse aangehaal word en mense dan reken 'n 9mm is maar net beter as 'n 40 of 'n 45. Beter ten opsigte van wat en onder watter omstandighede? Dit pas net eenvoudig die FBI beter om 9mm te gebruik net soos wat dit my beter sal pas om as ek op die plaas in die nag moet gaan ondersoek instel na verdagtes by die skaapkraal die 12 boor met buck shot by my te he as my primere SD wapen en my pistool as backup.
Ratel wrote:Ons kan lank debateer oor die een. Dis amper soos die Toyota draad elders op die forum. Ek lag as ek op ander forums lees hoe die FBI keuse aangehaal word en mense dan reken 'n 9mm is maar net beter as 'n 40 of 'n 45. Beter ten opsigte van wat en onder watter omstandighede? Dit pas net eenvoudig die FBI beter om 9mm te gebruik net soos wat dit my beter sal pas om as ek op die plaas in die nag moet gaan ondersoek instel na verdagtes by die skaapkraal die 12 boor met buck shot by my te he as my primere SD wapen en my pistool as backup.
Ek dink die punt is dat die 9mm se stopkrag met moderne ammunisie nou goed genoeg is dat sy ander voordele (kapasiteit, lae recoil, ens) nou die skaal laat tip.
Niemand het gese die 9mm is "beter" nie. As iemand dit doen, dan vat hulle kanse.
Ek dink ook nie die 9mm is beter of swakker nie. Ek dink dit gaan oor "Queues en balances". As jy alle faktore opweeg soos terugskop hoë kapasiteit magasyne, vergelykend stop krag, grote van pistool ens. dan kry die 9mm P meer regmerkies vir die doel waarvoor hulle hom aanwend. Daarom is die 9mmP 'n beter pakket vir die FBI.
Ek was ook skrikerig in die begin en veral om one up te dra. As jy genoeg geskiet het en vertroue in die pistool het dat die skoot net loop as jy die sneller druk verdwyn van hierdie vrees. Hoe meer jy oefen hoe gemakliker raak jy.
DWB wrote:Zimbi het tans die CZ P07 Duty vir R6895.
Safari Pta het laas week geen P07s gehad nie.
Ek lê wakker in die nag oor die ding...... Iewers moet dis seker nou tot 'n punt kom...
Koop die CZ en kry klaar,dis n baie goeie prys.Jy gaan hom nie weer kry vir dit nie.
Ek het myne al so paar maande,dis n fantastiese wapen.
Hy is glad nie groot en bulky nie en dra ook maklik sonder om in die pad te wees.
Snaaks hoe al my vriende dieselfde se as hulle die wapen sien,hy is eintlik lekker klein.
Deon ek sal ook daai CZ by Zimbi koop teen daai prys. Die volgende besending wat volgende jaar die land inkom gaan ten minste 40% duurder wees.
Bite the bullet en slaap weer vir 'n slag.
My kop is nou so deurmekaar soos kat kots in 'n tuimeldroeer.............
Iemand het aan my genoem die Dutys gee sekere probleme
Oral anders op die internet skree almal Glock, ek het niks teen Glock nie, dit trek my net nie.
Sig se spares is blykbaar duur
Het moontlik 'n opsie op 'n Vector SP1
Ek dink ek moet begin drink..........
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"