SD Wapen op 'n ernstige begroting

User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Jacko »

Carl wrote:
andre007 wrote: Ek dink as jy die booswig nie met 6 skote kan raak skiet nie in die in elkgeval van n rollie is jy in die moeilikheid!
Andre, studies gedoen deur die FBI praat van 30% "hit rate" onder agente. Dus 1.8 uit die 6. Die polisie doen glo beter hulle is op 60%. Beide mense wat meer opleiding kry, meer gereeld bloot gestel word en ook meer gereeld skiet as ons.

Faktor dan in dat daar baie gevalle is waar die een skoot nie die doodskoot of dan die aanval stop nie. (Die eenskoot doodskoot is 'n Hollywood ding)

As jy begin somme maak.... Dit is hoekom meeste ontwikkelde lande se "LEO's" pistole dra.
Puik antwoord, Carl.

Die meeste mense weet ongelukkig min van handwapenkalibers se ballistiek en hoe min "one-shot stops" daar ooit plaasvind. So ook die effek van adrenalien in 'n gunfight.

Die FBI het juis onlangs weer teruggekeer na 9mm Para nadat hulle eers 10mm en toe 40S&W probeer het. 9mm Para het genoeg slaankrag met die regte ammunisie, het relatief min recoil en die pistole is nie bulky nie. Dan is daar die hoe kapasiteit van 9mm's en die beskikbaarheid van ammunisie.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by ZKK »

Ek sal graag julle ouens se opinie wil hoor.

Hoe erg dink julle is die effek van "muzzle blast" op jou ore as jy n skoot in n kleinerige vertrek skiet?
Last edited by ZKK on Thu Dec 04, 2014 3:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Ratel »

Ons kan lank debateer oor die een. Dis amper soos die Toyota draad elders op die forum. Ek lag as ek op ander forums lees hoe die FBI keuse aangehaal word en mense dan reken 'n 9mm is maar net beter as 'n 40 of 'n 45. Beter ten opsigte van wat en onder watter omstandighede? Dit pas net eenvoudig die FBI beter om 9mm te gebruik net soos wat dit my beter sal pas om as ek op die plaas in die nag moet gaan ondersoek instel na verdagtes by die skaapkraal die 12 boor met buck shot by my te he as my primere SD wapen en my pistool as backup.
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Ratel »

ZKK wrote:Ek sal graag julle ouens se opinie wil hoor.

Hoe erg dink julle is die effek van "muzzle blast" as jy n skoot in n kleinerige vertrek skiet?
Dit hang af waarmee jy skiet. 'n 9mm is al klaar baie swaar op die ore. 12 boor en R5 nog slegter.
Maak 'n verskil
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Jacko »

Ratel wrote:Ons kan lank debateer oor die een. Dis amper soos die Toyota draad elders op die forum. Ek lag as ek op ander forums lees hoe die FBI keuse aangehaal word en mense dan reken 'n 9mm is maar net beter as 'n 40 of 'n 45. Beter ten opsigte van wat en onder watter omstandighede? Dit pas net eenvoudig die FBI beter om 9mm te gebruik net soos wat dit my beter sal pas om as ek op die plaas in die nag moet gaan ondersoek instel na verdagtes by die skaapkraal die 12 boor met buck shot by my te he as my primere SD wapen en my pistool as backup.
Ek dink die punt is dat die 9mm se stopkrag met moderne ammunisie nou goed genoeg is dat sy ander voordele (kapasiteit, lae recoil, ens) nou die skaal laat tip.

Niemand het gese die 9mm is "beter" nie. As iemand dit doen, dan vat hulle kanse.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by spekieries »

Ek dink ook nie die 9mm is beter of swakker nie. Ek dink dit gaan oor "Queues en balances". As jy alle faktore opweeg soos terugskop hoë kapasiteit magasyne, vergelykend stop krag, grote van pistool ens. dan kry die 9mm P meer regmerkies vir die doel waarvoor hulle hom aanwend. Daarom is die 9mmP 'n beter pakket vir die FBI.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Ratel »

Ek stem. Dan verstaan ons dit dieselfde.
Maak 'n verskil
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Jacko »

Yes, geen fight nie!

Jislaaik ouens, mense begin aan die einde van die jaar erg baklei op die internet... ek is bly ons kan dit soos volwassenes bespreek.

:police:
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by johans »

DWB wrote:Ek is eintlik redelik bang om 'n handwapen te besit. Maar ek het 'n vrou en baie binnekort 2 dogters en moet na hulle kyk
as jy hom eers gewoond geraak het kan jy nie meer sonder hom nie
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by alecjohnson »

johans wrote:
DWB wrote:Ek is eintlik redelik bang om 'n handwapen te besit. Maar ek het 'n vrou en baie binnekort 2 dogters en moet na hulle kyk
as jy hom eers gewoond geraak het kan jy nie meer sonder hom nie
+1
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Arnold »

Ek was ook skrikerig in die begin en veral om one up te dra. As jy genoeg geskiet het en vertroue in die pistool het dat die skoot net loop as jy die sneller druk verdwyn van hierdie vrees. Hoe meer jy oefen hoe gemakliker raak jy.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Carl »

Ek Safari het lekker spesiale aanbieding op Sigs. ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by DWB »

Zimbi het tans die CZ P07 Duty vir R6895.

Safari Pta het laas week geen P07s gehad nie.

Ek lê wakker in die nag oor die ding...... Iewers moet dis seker nou tot 'n punt kom...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
GvA
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sat Jan 01, 2011 4:46 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by GvA »

Kyk gerus na ou Browning HP 9mm P. Dit was van die beste pistole en jy gaan dit bilik optel!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by DWB »

Hier lê plaaslik een vir R5000 tweedehands.

Maar dan raak die lyn vir my fyn tussen nuut en 2dehands?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Carl »

GvA wrote:Kyk gerus na ou Browning HP 9mm P. Dit was van die beste pistole en jy gaan dit bilik optel!
Fantastiese pistole, maar:
Specifications
Weight 900g


vs G19 595g en CZ P07 770g

Vir heeldag dra maak dit 'n verskil.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by sako 30-06 »

DWB wrote:Zimbi het tans die CZ P07 Duty vir R6895.

Safari Pta het laas week geen P07s gehad nie.

Ek lê wakker in die nag oor die ding...... Iewers moet dis seker nou tot 'n punt kom...
Koop die CZ en kry klaar,dis n baie goeie prys.Jy gaan hom nie weer kry vir dit nie.

Ek het myne al so paar maande,dis n fantastiese wapen.
Hy is glad nie groot en bulky nie en dra ook maklik sonder om in die pad te wees.
Snaaks hoe al my vriende dieselfde se as hulle die wapen sien,hy is eintlik lekker klein.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by JAGTERSREG-JRM »

Deon koop daai CZ by Zimbi, die oudjies gaan nie lank daar wees nie.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by NEGE3 »

Deon ek sal ook daai CZ by Zimbi koop teen daai prys. Die volgende besending wat volgende jaar die land inkom gaan ten minste 40% duurder wees.
Bite the bullet en slaap weer vir 'n slag. ;D
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Ratel »

Jacko wrote:Yes, geen fight nie!

Jislaaik ouens, mense begin aan die einde van die jaar erg baklei op die internet... ek is bly ons kan dit soos volwassenes bespreek.

:police:
Ja nee wat dis wat hierdie forum lekker maak. Ons praat ons taal en met wedersydse respek teenoor mekaar.
Maak 'n verskil
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by DWB »

My kop is nou so deurmekaar soos kat kots in 'n tuimeldroeer.............

Iemand het aan my genoem die Dutys gee sekere probleme
Oral anders op die internet skree almal Glock, ek het niks teen Glock nie, dit trek my net nie.
Sig se spares is blykbaar duur
Het moontlik 'n opsie op 'n Vector SP1

Ek dink ek moet begin drink..........
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by JAGTERSREG-JRM »

Deon

Ek het my CZ vir 2.5 jaar en nog nie n dag se moeilikheid nie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by Capt. Yoda »

Ken klomp manne met Cz's en nie een het n pyn nie.Ken n paar manne met Vectors ook maar sal nou nie se ek het hul nog nooit hoor huil da oor nie...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by DWB »

Hehehehe Dankie Manne,

Zimbi het ook nie stock nie en S&O wag nog.

Gaan môre met 'n Duty skiet.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: SD Wapen op 'n ernstige begroting

Post by DWB »

Net vir die rekord, ek waardeer elkeen se opinie en verstaan dat daar redelik uiteenlopende opinies oor hierdie onderwerp is.

Ek sal julle op hoogte met die kop krappery hou!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply