Johan van Wyk wrote:Gert,
Baie ouens verkies `n .375 omdat hulle van die kaliber hou en dit vertrou. Ek is een van hulle en alhoewel ek nie noodwendig troppe buffels met `n .375 geskiet het nie, het ek darem al `n hele paar ton vleis in die koelkamer gesit met drie verskillende .375's, insluitende `n paar goed met hanghorings en tande en dik velle. Dit kwalifiseer my darem seker vir `n halwe opinie.
Daar word jaarliks waarskynlik steeds meer grootwild deur sportjagters met `n .375 geskiet as met enigiets anders. Die .375 met die regte ammunisie (soos goeie solids) is steeds een van die kalibers wat die beste penetreer van almal, en soos jy genoem het skop die deursnit .375 nie te erg nie (daar is egter so een of twee uitsonderings op hierdie reel, hoofsaaklik toe te skryf aan kolfontwerp). Al hierdie faktore kombineer om die .375 die sukses te maak wat dit was vir die laaste 102 jaar. Ek ken ook `n hele paar professionele jagters wat niks anders verkies nie, insluitende Rob Style van Zim wat eens op `n tyd die jongste gelisensieerde PH in Zim was op 19. Sy enigste geweer was en is `n Engelse .375 wat hy gekry het toe hy 16 was, en Rob spandeer 90% van sy tyd agter buffels, olifante en leeus aan saam met kliente. Daar is ander voorbeelde ook van ouens wat die .375 verkies. Ek weet ook van geen land in Afrika waar die .375 nie 100% wettig is vir enige van die groot goed nie. Inteendeel, Mosambiek het nie sulke wetgewing op die boeke nie en ek weet van `n ou wat onlangs `n buffel daar geskiet het met `n 6,5 Mannlicher.
Jou stelling dat "regte" gewere by .416 en op begin is nie korrek nie. Die .416 en .404 is fantastiese kalibers en beide geniet `n welverdiende renaissance vandag. Beide daardie kalibers, en veral die .404, is egter steeds nie die alpha en omega nie en daar is ander goeie keuses ook daarbuite. Wat egter wel opvallend is, is dat sekere kalibers `n ongesonde hoeveelheid stront praat ontlok by hulle eienaars. Die 9,3x62 is een so kaliber. Dis `n legendariese kaliber en een van my gunstelinge maar die goed wat sekere ouens beweer hulle 9,3 kan doen is net adem benemend. Die beste wat ek nog ooit gelees het is dat `n 9,3 met `n sekere tipe van solid `n groter wondkanaal veroorsaak as `n .500 NE se 570-grein koeel. So klein bietjie basiese navorsing en common sense behoort dit duidelik te maak dat so iets bloot net nie moontlik is nie, veral as dieselfde tipe koeel in die .500 gebruik word.
Die .404 is ongelukkig die ander kaliber wat ook so uitwerking op sekere ouens het. Dis weereens met goeie reg `n legende maar ek het `n goeie spesmaas daar is meer olifante en buffels met die doodgewone .458 Win Mag geskiet as wat daar ooit met die .404 geskiet is in die ou dae. Dit vat niks weg van die .404 nie, maar die feit dat die kaliber meeste van die werk in Afrika gedoen het voor 1939 maak hom nie meer "dodelik" as enigeen van `n halfdosyn ander nie, dis bloot `n aanduiding van koste en beskikbaarheid in die ou dae, net soos die geval wasmet die .458 van 1956 tot in die 1980's. Net een ou wat ek van weet het 17 000 olifante geskiet in uitdunningsoperasies in Zim in die 1960's, -70's en -80'. Meeste met `n .308 FN virkoeie en kallers en `n .458 vir die bulle.
Wat swaarder-dan-normaal koeels aan betref sweer ouens soos Kevin Robertson by hulle. `n Honderd buffels (om nie van die res te praat nie) met die pad af is ek bereid om Kevin se opinie te aanvaar, en ek het lank met hom hieroor gepraat en na sy teorie geluister. Dit was op sy aandrang, en met so bietjie aanpor van Norma, dat Geoff McDonald swaarder koeels vir baie van die kalibers begin maak het. Die feit dat mens dus `n 450-grein koeel vir die .404 kry is nie ten doel om die .404 "beter" as die .416 te maak nie, dis bloot om ouens wat so voel `n alternatiewe keuse te gee. As mens jou argument verder voer, wat maak mens dan van `n .416 Rigby met `n 450-grein koeel? Die .416 het meer dopkapasiteit as die .404 en kan dus die swaarder koeels so rapsie vinniger skiet as wat die .404 kan doen. "Beter" as wat in hierdie geval? Dalk moet jy maar besluit en ons laat weet.
Goeie dag Johan
Dankie vir jou bydra, dit is `n goeie verduideliking...ek het egter nie gese dat "regte gewere by die .416 Rigby begin nie"..ek het geskryf dat volgens my opinie ek nie die .375H&H Magnum as `n swaar kaliber geweer beskou nie..omdat ek een skiet en dit definitief nie vir my soos `n swaar kaliber voel nie...maar as `n veelsydige kaliber, dat die 350/380 grein punte wat beskou word as swaar genoeg om die .375 H&H Magnum in `n "charge stopper" verander wat volgens kommentaar na die punte verskyn het nie so blyk te wees nie..swaarder punte maak nie van die .375 H&H Magnum `n "charge stopper nie...punt...korrekte skootplasing is die enigste kreteria... .volgens my opinie beskou ek die .416 Rigby en 404 Jeffery as `n swaar kaliber en opwaarts na die baie swaar kalibers soos die .458`s tot die .600 Nitro en groter...ek het ook dit baie duidelik gestel dat die motivering om swaarder punte met die 404 Jeffery te skiet net om die .416 Rigby manne te wys dat die 404 Jeffery kan doen wat die .416 Rigby nie kan doen nie soos deur Deon gestel is glad nie `n grondige rede is nie...elke kaliber het sy eie eienskappe en doel...as dit nie vir die manne sin maak nie sal niks sin maak nie...
Soos jy nou noem dat die .416 Rigby groter dop kapasiteit het en in elke geval beter as die 404 Jeffery sal skiet as dit nog swaarder gelaai word behoort dit nog duideliker vir Deon te maak dat watter swaarder punt hy ook gaan skiet die .416 Rigby manne nie iets gewys gaan word nie...
Deon, die "geweer in my gat afbreek " getuig van gebrek aan opvoeding en onvermoee om `n logiese redenasie en beskaafde gesprek te voer, ek dreig gewoonlik nie lede op `n forum nie, as ek nie saam stem met jou opinie nie sal ek dit in jou gesig vir jou se...nie oor `n forum waar jy my nie kan wys of jy die dreigment kan uitvoer nie...woorde beteken nie veel nie...vernaam as dit dreigmente is wat jy nie instaat is om uit te voer nie, maar dit laat jou seker beter voel ou bul..
Johan jou spesmaas dat die .458 kaliber die meeste diere in Afrika geskiet het kan moontlik reg wees, ek vra myself net af hoeveel diere is met die 404 Jeffery geskiet toe die Afrika lande soos Tanzania, Botswana , Rhodesia( Zimbabwe) ens. gebruik gemaak het van die 404 Jeffery in die natuur bewarings eenhede waar die veldwagters/scouts die plaaslike bevolking se landerye en gewasse moes beskerm teen groot grvaarlike wild soos olifante /buffels ens....ek het `n spesmaas dat die die .458 miskien nie saam met die 404 Jeffery gaan staan nie...
Johan , ek wil dit ook aan jou uitwys dat ek die stellings elke keer motiveer met" dit is slegs my opinie" jy wat kennis het van die wet behoort sin te maak met die kwalifikasie...ek sien nie die nodigheid dat jy in die bresse moet tree vir die manne wat nie `n redenasie en logiese gesprek kan voer nie...hulle is mos nou almal groot seuns wat `n gesprek en redenasie behoorlik te kan voer...
Ek huldig die siening dat as jy kan uitdeel moet jy kan vat ook...moet ook nie `n vraag vra as jy nie van die antwoord hou nie... Lees ook dit wat `n mens skryf baie duidelik en moet nie te gou afleidings maak van dit wat `n persoon skryf voordat jy nie seker is van dit wat die persoon bedoel nie..miskien is dit ook goed om in gedagte te hou dat elke persoon geregtig is op sy opinie, as jy daarmee verskil, doen dit op so `n manier dat jy nie jou opvoeding in gedrang bring nie...om kru taal te gebruik op `n openbare forum getuig van swak smaak...gewoonlik sal dit nie `n persoon laat skrik nie...
