.458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Gert Odendaal wrote:
DWB wrote:Oom Gert,

Hier glo ek verwys jy na my en Dries se pogings met die 450gr.

Oom is baie vinnig om vir almal te sê die 404 skop minder as die 416, en hy doen moontlik, maar dan moet jy altwee kombinasies met dieselfde gewig koeel teen dieselfde spoed in dieselfde gewig gewere toets.

Ek weet oom skiet 320gr Impalas in die 404 teen 2400ft/s. Hulle sal nie recoil gee nie.

Ek en Dries speel met die 450gr want dis vir ons lekker en die dood eenvoudige rede is omdat ons kan....

Goed soos 'n 450 Rigby en 500Jeff is nie vir almal maklik om te skiet nie, maar nou kan ons in die 404 'n 450gr swaarder koeel benut teen sy selfde spoed waarmee hy sy faam gemaak het. Dus sit dit hom nou in nog 'n beter klas, of maak dit hom meer versatile en ons kan iets doen wat die 416 manne nie kan doen nie.

Oom praat al dieselfde goed op 4 verskillende forums, dit is dus nie nodig om my hier te antwoord nie.

Jammer dat ek nou die dinge hier versuur, maar iewers het als 'n breekpunt.
Jammer jy is nou ongelukkig Deon, ek gee maar my opinie oor die swaarder koeels en `n mens mag mos verskil, as ons almal saamgestem het oor alles dan sou daar nie so baie verskillende kalibers gewees het nie.. :laugh: :laugh: Ek wil nou nie `n geveg begin nie, dit is glad nie nodig nie, kom ons stem saam om te verskil met mekaar sonder om nou die gesprek te versuur, dit is glad nie nodig nie...dit is tog waarom hier `n forum geskep is, om saam te stem en te verskil...ek kan net nie so opgewonde en kwaad raak oor spesifieke aspekte rakende gewere nie...dit maak nie vir my sin nie...daar is baie erger dinge om `n geveg oor te begin...ons is almal groot mense en jagters..`n bekgeveg is nie nodig nie... ::)
::)
Goeie dag Deon
Ek wil tog graag verduidelik waarom ek op vier verskillende forums van die projekte oplaai...ek laai van die projekte op die Engelse forums, die manne het gevra want hulle verstaan nie Afrikaans nie...ek vertaal dan/skryf in Engels en dan kan die manne op die forums dit volg...ek hou die draad dieselfde want dit is wat ek op die Afrikaanse forum geplaas het en dit is net makliker om dieselfde fotos op die forum te plaas want soos ek uitgewys het ek het nie altyd die tyd om so lank op `n forum te wees nie..die oplaai van fotos en verduideliking neem regtig baie tyd...

ek laai ook van die projekte op buitelandse forms waar die manne werklik baie kennis het wat nie altyd op ons forums gekry kan word nie omdat hulle net meer toegang tot hulp bronne het..soos die Amerikaanse en Australiaanse forums...die oplaai van projekte was ook op versoek van die manne en ek is dus ook gevra om `n moderator te wees wat ek toe aanvaar het...daarom is dit goed vir my om kennis met die mense ook te deel...

Dit is maar die rede waarom jy sien dat meeste van die projekte wat opgelaai is op ander forums dieselfde is..die enigste verskil is dat dit in Engels is...want die mense verstaan regtig nie Afrikaans nie..maar hulle het baie respek vir ons Suid Afrikaners...al is van die projekte dieselfde is die gesprekke en reaksies en menigs/opinies in `n heel ander klas omdat die mense toegang het tot baie produkte, kennis en materiaal wat ons nie in ons eie land kry nie...

Ek hoor graag van jou en geniet jou bydraes/kundigheid rondom jag /grootwild jag op die forum.

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Geno
Ek beskou die .375 H&H Magnum nie as `n swaar kaliber nie, volgens my opinie is dit wel `n veeldoelige kaliber wat deur baie jagters gebruik word, die .375 H&H Mahnum is nie baie groter (fisiese afmetings/deursnee) as die 9.3x62 kaliber nie en word in sekere lande nie toegelaat om gevaarlike diere mee te jag nie....`n swaar kaliber beskou ek as niks kleiner as `n .416 Rigby en op...weereens..dit is my opinie...ek kan nie kwalik gehou word as ek met jou verskil nie...onthou my idee van swaar kaliber is nie dieselfde as jou idee nie..ek skiet elke dag `n .375 H&H Magnum...dit is nie `n groot geweer volgens my nie..dit is nie `n kaliber wat groot terugskop het nie...ek het dit aan jou verduidelik waar jong jagters /seuns van hulle pa se .375 H&H Magnum skiet en mee jag...as dit `n waarskuwing regverdig omdat ek my opinie opper dan kan dit my nie skeel nie..dan moet baie manne op die forum deur die moderators gewaarsku word dat hulle afgesny gaan word en verbied gaan word op die forum as hulle enigsins hulle opinie opper en met mede lede verskil...as jy voel ek het jou te na gekom neem dit op met die moderators dit is tog immers hulle werk om die tipe ding te hanteer..

..ek gaan weereens noem dat jy die stukke noukerig moet lees en probeer verstaan dat my en jou opinie rakende wat `n werklike swaar kaliber is van mekaar verskil...as dit jou ongelukkig maak kan ek dit nie verhelp nie..dit is soos ek dit sien en hoe ek oor swaar kalibers voel...daar is `n rede waarom dit `n swaar kaliber genoem word, dit is duur om die geweer aan te koop, dit is duur om die geweer te onderhou, dit is nie elke man wat die tipe geweer aankoop nie, en dit is nie elke man wat die tipe geweer wil skiet nie...omdat die kalibers `n swaar terugskop het....swaar kalibers is net vir een doel ontwerp en dit is om gevaarlike diere mee te skiet en te jag...`n gemiddelde jagter soos ek wat nooit `n gevaarlike dier sal kan jag nie omdat die finansies dit nie sal toelaat nie gebruik die kalibers in sport skiet /gewone jag.

Om kwaad te word vir my maak nou nie sin nie, al verskil ons oor ons opinies rakende wat `n swaar kaliber werklik is...

;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Johan van Wyk »

Gert,

Baie ouens verkies `n .375 omdat hulle van die kaliber hou en dit vertrou. Ek is een van hulle en alhoewel ek nie noodwendig troppe buffels met `n .375 geskiet het nie, het ek darem al `n hele paar ton vleis in die koelkamer gesit met drie verskillende .375's, insluitende `n paar goed met hanghorings en tande en dik velle. Dit kwalifiseer my darem seker vir `n halwe opinie.

Daar word jaarliks waarskynlik steeds meer grootwild deur sportjagters met `n .375 geskiet as met enigiets anders. Die .375 met die regte ammunisie (soos goeie solids) is steeds een van die kalibers wat die beste penetreer van almal, en soos jy genoem het skop die deursnit .375 nie te erg nie (daar is egter so een of twee uitsonderings op hierdie reel, hoofsaaklik toe te skryf aan kolfontwerp). Al hierdie faktore kombineer om die .375 die sukses te maak wat dit was vir die laaste 102 jaar. Ek ken ook `n hele paar professionele jagters wat niks anders verkies nie, insluitende Rob Style van Zim wat eens op `n tyd die jongste gelisensieerde PH in Zim was op 19. Sy enigste geweer was en is `n Engelse .375 wat hy gekry het toe hy 16 was, en Rob spandeer 90% van sy tyd agter buffels, olifante en leeus aan saam met kliente. Daar is ander voorbeelde ook van ouens wat die .375 verkies. Ek weet ook van geen land in Afrika waar die .375 nie 100% wettig is vir enige van die groot goed nie. Inteendeel, Mosambiek het nie sulke wetgewing op die boeke nie en ek weet van `n ou wat onlangs `n buffel daar geskiet het met `n 6,5 Mannlicher.

Jou stelling dat "regte" gewere by .416 en op begin is nie korrek nie. Die .416 en .404 is fantastiese kalibers en beide geniet `n welverdiende renaissance vandag. Beide daardie kalibers, en veral die .404, is egter steeds nie die alpha en omega nie en daar is ander goeie keuses ook daarbuite. Wat egter wel opvallend is, is dat sekere kalibers `n ongesonde hoeveelheid stront praat ontlok by hulle eienaars. Die 9,3x62 is een so kaliber. Dis `n legendariese kaliber en een van my gunstelinge maar die goed wat sekere ouens beweer hulle 9,3 kan doen is net adem benemend. Die beste wat ek nog ooit gelees het is dat `n 9,3 met `n sekere tipe van solid `n groter wondkanaal veroorsaak as `n .500 NE se 570-grein koeel. So klein bietjie basiese navorsing en common sense behoort dit duidelik te maak dat so iets bloot net nie moontlik is nie, veral as dieselfde tipe koeel in die .500 gebruik word.

Die .404 is ongelukkig die ander kaliber wat ook so uitwerking op sekere ouens het. Dis weereens met goeie reg `n legende maar ek het `n goeie spesmaas daar is meer olifante en buffels met die doodgewone .458 Win Mag geskiet as wat daar ooit met die .404 geskiet is in die ou dae. Dit vat niks weg van die .404 nie, maar die feit dat die kaliber meeste van die werk in Afrika gedoen het voor 1939 maak hom nie meer "dodelik" as enigeen van `n halfdosyn ander nie, dis bloot `n aanduiding van koste en beskikbaarheid in die ou dae, net soos die geval wasmet die .458 van 1956 tot in die 1980's. Net een ou wat ek van weet het 17 000 olifante geskiet in uitdunningsoperasies in Zim in die 1960's, -70's en -80'. Meeste met `n .308 FN virkoeie en kallers en `n .458 vir die bulle.

Wat swaarder-dan-normaal koeels aan betref sweer ouens soos Kevin Robertson by hulle. `n Honderd buffels (om nie van die res te praat nie) met die pad af is ek bereid om Kevin se opinie te aanvaar, en ek het lank met hom hieroor gepraat en na sy teorie geluister. Dit was op sy aandrang, en met so bietjie aanpor van Norma, dat Geoff McDonald swaarder koeels vir baie van die kalibers begin maak het. Die feit dat mens dus `n 450-grein koeel vir die .404 kry is nie ten doel om die .404 "beter" as die .416 te maak nie, dis bloot om ouens wat so voel `n alternatiewe keuse te gee. As mens jou argument verder voer, wat maak mens dan van `n .416 Rigby met `n 450-grein koeel? Die .416 het meer dopkapasiteit as die .404 en kan dus die swaarder koeels so rapsie vinniger skiet as wat die .404 kan doen. "Beter" as wat in hierdie geval? Dalk moet jy maar besluit en ons laat weet.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Johan van Wyk wrote:Gert,

Goeie dag Johan
Dankie vir jou bydra, dit is `n goeie verduideliking...ek het egter nie gese dat "regte gewere by die .416 Rigby begin nie"..ek het geskryf dat volgens my opinie ek nie die .375H&H Magnum as `n swaar kaliber geweer beskou nie..omdat ek een skiet en dit definitief nie vir my soos `n swaar kaliber voel nie...maar as `n veelsydige kaliber, dat die 350/380 grein punte wat beskou word as swaar genoeg om die .375 H&H Magnum in `n "charge stopper" verander wat volgens kommentaar na die punte verskyn het nie so blyk te wees nie..swaarder punte maak nie van die .375 H&H Magnum `n "charge stopper nie...punt...korrekte skootplasing is die enigste kreteria... .volgens my opinie beskou ek die .416 Rigby en 404 Jeffery as `n swaar kaliber en opwaarts na die baie swaar kalibers soos die .458`s tot die .600 Nitro en groter...ek het ook dit baie duidelik gestel dat die motivering om swaarder punte met die 404 Jeffery te skiet net om die .416 Rigby manne te wys dat die 404 Jeffery kan doen wat die .416 Rigby nie kan doen nie soos deur Deon gestel is glad nie `n grondige rede is nie...elke kaliber het sy eie eienskappe en doel...as dit nie vir die manne sin maak nie sal niks sin maak nie... ++>:

Soos jy nou noem dat die .416 Rigby groter dop kapasiteit het en in elke geval beter as die 404 Jeffery sal skiet as dit nog swaarder gelaai word behoort dit nog duideliker vir Deon te maak dat watter swaarder punt hy ook gaan skiet die .416 Rigby manne nie iets gewys gaan word nie... ;D

Deon, die "geweer in my gat afbreek " getuig van gebrek aan opvoeding en onvermoee om `n logiese redenasie en beskaafde gesprek te voer, ek dreig gewoonlik nie lede op `n forum nie, as ek nie saam stem met jou opinie nie sal ek dit in jou gesig vir jou se...nie oor `n forum waar jy my nie kan wys of jy die dreigment kan uitvoer nie...woorde beteken nie veel nie...vernaam as dit dreigmente is wat jy nie instaat is om uit te voer nie, maar dit laat jou seker beter voel ou bul.. ;D ;D

Johan jou spesmaas dat die .458 kaliber die meeste diere in Afrika geskiet het kan moontlik reg wees, ek vra myself net af hoeveel diere is met die 404 Jeffery geskiet toe die Afrika lande soos Tanzania, Botswana , Rhodesia( Zimbabwe) ens. gebruik gemaak het van die 404 Jeffery in die natuur bewarings eenhede waar die veldwagters/scouts die plaaslike bevolking se landerye en gewasse moes beskerm teen groot grvaarlike wild soos olifante /buffels ens....ek het `n spesmaas dat die die .458 miskien nie saam met die 404 Jeffery gaan staan nie...

Johan , ek wil dit ook aan jou uitwys dat ek die stellings elke keer motiveer met" dit is slegs my opinie" jy wat kennis het van die wet behoort sin te maak met die kwalifikasie...ek sien nie die nodigheid dat jy in die bresse moet tree vir die manne wat nie `n redenasie en logiese gesprek kan voer nie...hulle is mos nou almal groot seuns wat `n gesprek en redenasie behoorlik te kan voer... :laugh:

Ek huldig die siening dat as jy kan uitdeel moet jy kan vat ook...moet ook nie `n vraag vra as jy nie van die antwoord hou nie... Lees ook dit wat `n mens skryf baie duidelik en moet nie te gou afleidings maak van dit wat `n persoon skryf voordat jy nie seker is van dit wat die persoon bedoel nie..miskien is dit ook goed om in gedagte te hou dat elke persoon geregtig is op sy opinie, as jy daarmee verskil, doen dit op so `n manier dat jy nie jou opvoeding in gedrang bring nie...om kru taal te gebruik op `n openbare forum getuig van swak smaak...gewoonlik sal dit nie `n persoon laat skrik nie... :):
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Francois Marais »

Manne
Ek het hier posts weggeneem soos goed gedink, vra dat ons maar die forum se styl respekteer.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Wouter Roets »

Francois

Jy sal die hele draad moet verwyder om sence hier te probeer maak. ;)

Groetnis
Wout
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Wouter Roets »

Gert

Jy skryf hier mense moet mekaar se skrywes eers mooi deurlees alvorens jy kommentaar lewer. Wel meskien moet jy so bietjie jou eie raad volg. Deon het geensins met jou gepraat toe hy die grap met n groot vriend van hom gemaak het nie. Selfs n graad 1'tjie sou hierdie kon raaksien! So die feit dat jy nou in sy karakter inklim wys ons maar net weereens die stofasie waarvan jy aanmekaar gesit is.

Ek is ook nou keelvol vir al die PM's en oproepe van manne wat oor die draad wil praat. Ek weet nie eers waar om te begin om vir jou te wys op al jou foutiewe opmerkings nie, want dit is net te baie. Uit ondervinding met jou weet ek ook dat dit geensins eers sal help nie.

Gaan skiet vir ons darem net ten minste een bok met die kalibers alvorens jy jou enorme kennis en ondervinding so mildelik hier en elders met ons kom deel.

Groetnis
Wouter
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Stefan764 »

Appels
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Capt. Yoda »

Francois Marais wrote:Manne
Ek het hier posts weggeneem soos goed gedink, vra dat ons maar die forum se styl respekteer.

Mooi loop
Francois

Ek mis ook altyd die lekker goed
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Pappabeer »

Goeie genade...

Ek het nou drie keer deur hierdie draad gelees en dit is meer onsamehangend as n argument in Weskoppies se skisofrenie saal...

Ek sukkel om te verstaan wat die doel van die gesprek was, vêrder as om fotos van die geweer te wys.
'n Kaliber-debat kan dit ook nie genoem word nie, want vir n reaksie op n standpunt is begrip nodig, en ek sien nie enige nie.

Ek dink ons moet waak teen stellings te maak, gebaseer op emosie, en dit dan te probeer vêrder staaf met ongegronde, en selektiewe aanhalings. So kan ek vir Ron Thomson, Paul Phelan, en Richard Harland aanhaal oor die .458 se sukses as grootwild kaliber, terwyl Jack Lott anders gevoel het as hulle. Terwyl ek die selfde argument staaf oor die .375 en 9,3x62 vanuit Harry Manners en Werner Von Alvensleben se ervaringe as bron sal ek C. Fletcher Jameson kan aanhaal om te "bewys" dat die .500 Jefferey eintlik die andwoord is, en so my self kontrasteer.
Ek kan in die selfde asem dan vir Kevin Robertson beslis n onbetroubare bron noem, want in sy skrywes besing hy die 9,3x62 se prys, maar skryf ook die .505 Gibbs hoog aan vir gevaarlike wild. Wat ek hier probeer sê is dat jy iets moet begryp voor jy dit aanhaal, en as evangelie aanvaar.

Gun elke ou om met sy koeëlgewigte te maak wat hy wil. Ons veg nie oorloë oor 165 vs 180 gr of TSX vs Partition in ons .30 kalibers nie, want elk het sy aplikasie. As ek sê my 6,5x55 met n 160gr Woodleigh laat boks hom bo sy kaliber, dan word dit positief opgeneem. Hoekom dan negatiewe reaksie oor swaar vir kaliber koeëls in 'n sentimentele kaliber? Weereens aplikasie. Die olifant jagter skiet n swaar koeel vir kaliber met rede en die BASA skut n ligte koeel wat nie skop nie.

En laastens, passop maar wat jy publiseer op 'n forum. Ons weet daar is baie mense wat alles glo wat hulle raaklees, en behalwe dat jy jou naam kan slaan met n plank, maak jy ook ander deurmekaar. Almal maak nou en dan n tikfout, maar feitelike inligting, veral as dit kontroversieel is, moet darem gesubstansieer kan word, soos dat daar nie 'n enkele land in die Wêreld is waar enige jagbare soogdier nie met 'n .375 gejag kan word nie.
Last edited by Pappabeer on Thu Nov 13, 2014 12:48 pm, edited 1 time in total.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by DWB »

Pappabeer wrote:.375 en 9,3x63 ????
En laastens, passop maar wat jy publiseer op 'n forum. Ons weet daar is baie mense wat alles glo wat hulle raaklees, en behalwe dat jy jou naam kan slaan met n plank, maak jy ook ander deurmekaar. Almal maak nou en dan n tikfout, maar feitelike inligting, veral as dit kontroversieel is, moet darem gesubstansieer kan word, soos dat daar nie 'n enkele land in die Wêreld is waar enige jagbare soogdier nie met 'n .375 gejag kan word nie.
Dewald, is dit wat gebeur as ek nie my 9.3x62 doppe trim nie? :D ;D :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Wouter Roets wrote:Gert

Jy skryf hier mense moet mekaar se skrywes eers mooi deurlees alvorens jy kommentaar lewer. Wel meskien moet jy so bietjie jou eie raad volg. Deon het geensins met jou gepraat toe hy die grap met n groot vriend van hom gemaak het nie. Selfs n graad 1'tjie sou hierdie kon raaksien! So die feit dat jy nou in sy karakter inklim wys ons maar net weereens die stofasie waarvan jy aanmekaar gesit is.

Ek is ook nou keelvol vir al die PM's en oproepe van manne wat oor die draad wil praat. Ek weet nie eers waar om te begin om vir jou te wys op al jou foutiewe opmerkings nie, want dit is net te baie. Uit ondervinding met jou weet ek ook dat dit geensins eers sal help nie.

Gaan skiet vir ons darem net ten minste een bok met die kalibers alvorens jy jou enorme kennis en ondervinding so mildelik hier en elders met ons kom deel.

Groetnis

Wouter
Wouter, ek en jy het al voorheen `n stel afgetrap moet my dus nie kwalik neem as ek nie jou opinie as geldig ag nie. Wat my betref is die geding afgehandel. Ek het vir Francois gevra om al die onnodige gesprekke wat nie spesifiek handel oor die .458 Mannlicher Schoenauer te verwyder...ek sal hom weer versoek om `n groter deel te verwyder dit sal natuurlik jou sarkastiese opmerkings insluit. Miskien sal dit goed wees as jy enige toekomstige opinies nie op een van my drade opper nie, ons twee het nie baie om oor te gesels nie, ek glo ook nie dat jy `n kundige op die .458 Mannlicher Schoenauer is nie, ek wil graag die draad fokus op die spesifieke geweer .
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Wouter Roets »

Gert

Dan gaan ek maar myself versoek om jou te verwyder. ;)

Vaarwel
Wouter
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1837
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Rudi Fischer »

Wouter Roets wrote:Gert

Dan gaan ek maar myself versoek om jou te verwyder. ;)

Vaarwel
Wouter
Ek sekondeer dit
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by DWB »

Jammer dat dit nou so moes uitdraai.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Eugene »

Net om seker te maak, ons praat hier van 'n Mannlicher Schoenauer geweer in .458 WM kaliber?
Aim small, miss small
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by DWB »

Ja
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Stefan764 »

Eugene wrote:Net om seker te maak, ons praat hier van 'n Mannlicher Schoenauer geweer in .458 WM kaliber?
Hahahaha

Eugene ek is nou self al deurmekaar

Dis die dat ek maar n 450 Rigby gebou het, skiet die k&k uit die aarde uit
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Frikkie Coetzee »

Eugene. Jy is nou lekker aspris. Maar ek moet toegee ek het gedink Dries se vraag was heel redelik en ordentelik gewees sonder by bedoelings.

Dit is jammer dat dinge so moes uitdraai.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Armand Steenkamp »

Stefan764 wrote:
Eugene wrote:Net om seker te maak, ons praat hier van 'n Mannlicher Schoenauer geweer in .458 WM kaliber?
Hahahaha

Eugene ek is nou self al deurmekaar

Dis die dat ek maar n 450 Rigby gebou het, skiet die k&k uit die aarde uit
Met hardebaard ladings! ;) ;)

Groetnis
User avatar
Wilhelm Schultz
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Wilhelm Schultz »

Lekker nou gelees en gelag vir die topic die laaste paar dae.
Hou die lood in die lug
Post Reply