QL vir 243 Win asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Johan Reyneke »

Oupa

My skoonmaak stokke is almal male, maar dit maak sin dat as dit female is dat jy dalk langer mate gaan meet agv die "hollow" gedeelte wat gaan toelaat dat die punt, veral as dit skerp punt is, in die "hollow" gedeelte kan ingaan.
Dit sal interesant wees om te sien wat die werklike effek is, as jy die gaatjie toemaak mate teenoor die oop gaatjie mate.

Ek stem saam die tweede opsie gaan nie sommer plaasvind nie, aangesien die meeste skoonmaak stokke redelik kaliber spesifiek is, of ten minste naby aan kaliber grootte is.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: QL vir 243 Win asb

Post by OupaZA »

Johan,

Ek het 'n female en 'n male... ek gaan bietjie toets vanaand... Skiet die Hornady interbond wat redelik skerp is, sal bietjie terugvoering gee of dit 'n verskil maak.

Omdat die punt indruk glo ek jy sal 'n korter lesing kry.. maar sal toets.

Groete
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Piet Pille »

Ek gebruik ook maar die metode met die stok. Myne het 'n "male" punt en dit sal dus nie 'n probleem wees met die gaatjie nie. Die stok het ook te min speling in die loop om die punt van die koeel mis te druk. By groter kalibers en dun stokke is dit wel teoreties moontlik.

Wat wel 'n rol speel is die hoeveelheid waarmee die los koeel in die lande ingaan as jy hom "net-net" insit - dit kan maklik met 0.5mm verskil tussen "net-net raak", en "effens jam". Ook die vorm van die koeelpunt- veral as dit lood is soos bv SGK, kan hulle effens vervorm wees en die mates kan gevolglik varieer. Onthou, volgens Wouter en Ludwig -hulle maak 'n verstelling van so min as 0.2mm TPL alreeds 'n moontlike verskil. Die metode sal dus seker 'n goeie aanduiding van max TPL binne 'n 0.5-1mm toleransie. Vir baie fyn lesings is dit egter seker nie die alfa en omega nie.

Met hierdie metode meet ek maar altyd so 10 koeels, gooi die heel hoogste en heel laagste lesings weg, en kry die gemiddeld van die ander 8 mates. Dit behoort 'n meer akurate mate te lewer.
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: QL vir 243 Win asb

Post by OupaZA »

Dankie Pieter... Dit maak baie sin!!
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Capt. Yoda »

Myne doen ek so maar ek verf die koel swart ook met n kokipen sodat ek mooi kan sien wa die merke op hom sit. Gaan bq die stok metode ook probeer

http://www.youtube.com/watch?v=kaA3GECbbVA

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Gian_dP »

Het ook n "female"punt op my stok. Gebruik "male" koppelstuk wat voor indraai as ek tpl wil meet. Dit gee so .2mm verskil, afhangende van tipe punt.

Om variasie met loodpunte te voorkom gebruik ek n koeel wat die langste ploodpuntjie het om maks tpl mee te meet. Gebruik dan dieselfde punt om eerste rondte te laai as wat ek maks tpl mee gemeet het. Kan dan comparator daarna gebruik om seker te maak res van rondtes se basis to ogief is ewe lank. Baie klein verstellings in tpl moet ook verkieslik dan dmv comparator gedoen word aangesien punte van koeels heelwat kan verskil, veral loodpunt.(maar selfs met polimeer of metaal kan daar variasies tussen koeels wees )
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by tripodmvr »

Verstaan julle nou my ingeboude variasie met my 1mm weg van die lande. Ek kompenseer nou vir swak meet sowel as afwykings op die koeëls. Tensy jy bankskiet of F-klas doen is my metodes meer as genoeg vir jag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Piet Pille »

Capt.

Sien mens daai merkies op die ingekleurde koeel duidelik? Ek het gehoor hulle gebruik "ingeneursblou" ook, maar ek het nie sulke goed nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Capt. Yoda »

Pieter Vorster wrote:Capt.

Sien mens daai merkies op die ingekleurde koeel duidelik? Ek het gehoor hulle gebruik "ingeneursblou" ook, maar ek het nie sulke goed nie.

Pieter ja dit werk goed vir my veral om te sien as die koel terug in die dop gedruk word ook, ek weet die ingeneursblou werk ook mooi en ek dink hy sal ligter merkies beter wys as die koel nie lekker grip in die dop se nek nie maar tot nou sien ek al die merkies met my koki metode. n Maat het vir my van die ingeneursblou gegee maar ek dink my laaiti het iets met dit geverf want ek kry dit nerens nie

As jy nog fyner wil kyk maak die koel swart in n kers vlam
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
EddieTaute
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Mon May 26, 2014 2:33 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by EddieTaute »

Johan/Tripod

Ek het geleentheid gehad om weer te gaan skiet vir 'n laaste keer.

Net my TPL verander na 67.6mm na deeglike meting soos met die metodes beskryf.

36gr S365 Lot 64 - 3 skote as volg:

2737
2743
2688

Ave is 2722.

Kry julle ook 'n burn rate van 0.5005 en node by 39.8gr? Lyk dit reg?
Eddie T

Sako Finnbear: .30-06 Spr
Musgrave: .243 Win
Ruger 10/22
Tikka T3 260 Rem
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Johan Reyneke »

Sal vir jou loer sodra ek by my laptop kom vanmiddag, as marius nie dalk meer spoed as ek het nie
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: QL vir 243 Win asb

Post by Johan Reyneke »

Eddie
Jou burnrate van .5005 is presies soos wat ek dit ook gekry het.
As dan nou reg uitwerk, jou vlg node is op 2831fps(37,9gr), die hoogste node spoed is 2938fps ql voorspel 39.8, bekruip maar hierdie spoed versigtig.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Post Reply