Nes vaste jakkalse

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by JACQUES BOTHA »

oom leeu ek lees ook hierdie daar:

Roepmetode by die teel gate:
Soos vermeld moet die eerste half uur tot uur stil gesit en net waargeneem word. Begin dan met ?n klein jakkalsie in nood. 14;15) Roep vir 30 sekondes en bly lank stil 10 -15 minute. Roep weer 30 sekondes en bly weer stil vir 10+ minute. Hou aan om vir elke 30-40 sekondes te lig. Op die manier word die jakkalse nie roep sku gemaak nie en kom die reun en teef telkens weer in. Daar moet werklik baie min geroep en vir lang tye stilgebly word. Selfs as daar misgeskiet is, moenie opgepak en opgee nie. Dit sal jou verbaas hoeveel keer ?n jakkals jou hier ?n kans sal gee. Moet ook nie moed opgee as die jakkals nie die eerste keer binne skiet afstand kom nie, daar sal weer ?n geleentheid wees.

Indien die grotes na twee tot drie ure nie inkom nie, kan die kleintjies van kant gemaak word. Kom dan weer terug in die vroe? oggend ure (03h00) en probeer weer die grotes inroep. Die grotes loop gewoonlik v?r vanaf die gate wanneer die kleintjies reeds gespeen is en keer eers in die oggend ure terug. Dit het verskeie kere met my gebeur dat ek geen grotes die nag ingeroep kry nie maar ek het hulle net voor ligdag by die gate ingeroep en geskiet.

Baie jagters dink dat daar nie van jakkals roepe by teel gate gebruik gemaak moet word nie. Dit is ?n goeie manier om vas te stel waar die grotes is en hulle reageer baie aggressief indien daar ander jakkalse so naby aan die gate roep. (11;12;13;36;39;41;43)

Die belangrikste ons kloof hare oor niks, die klanke wat voorgestel is was reg en 11 enkel jakkals is mos genoem.
Soos jy tereg se klasifiseer jou klanke en defineer hulle soos jy wil .
Ek het al op dieslefde klank afgekom wat n paar name heet., jakkals aleen , enkel jakkals teef roep , jong reun roep ens wat in sommige se biblioteek le en dan as ek daarna luister is dit presies dieselfde klank.
As ek sosiaal enkel jakkals klanke speel en sosiaal groep klanke en sosiaal met kleintjies moet ons seker ook n groep klanke he van anti- sosiaal en baklei en anti-baklei ens.
Laat ons die jakalse redeneer of laat ons hulle reageer op instink en of drange .. hoe wyd kan ons nog hierdie twee woorde van instink en drange voer?

lekker lees en gesels
Jacques
Groete
JACQUES
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Jakkie 321 »

Louis102 wrote:Moenie my woord vat nie, ek haal aan uit Meester Jaracal se eie geskrifte t.o.v. die gebruik v jakkalsroepe in hierdie seisoen waarin ons onsself nou begewe:

"Territoriale tyd (Middel Julie tot Middel September)(Makliker tyd):
Hierdie is die tyd dat die tewe dragtig is of het net kleintjies gekry. Beide is baie aggressief en reageer uitstekend op jakkals roepe. Dit is dan ook raadsaam om die gedrag uit te buit deur in hierdie tyd met ?n jakkals roep te begin. Weereens gebruik ek enkel jakkals roepe want dit is makliker vir twee jakkalse om een jakkals aan te durf as ?n groep. (36;11;12)"

+1
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by johans »

will-i-am wrote:Baie dankie sover vir die inligting...weet net nie nou of meer verstaan of minder nie!!!hahahahaha sal mar met tyd moet leer.

Net n vinnige vraag: Sal n vroeg oggend(pas lig) of laat skemer dag roep vrugte kan dra aangesien daar baie nader aan die "den" gekom kan word?

Weereens dankie vir almal se posts!

Groetnis
verseker,ekt al in die middag geskiet en 9-30 die oggend
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by tafjak »

Mooi aanhaling daardie Louis

Of jakkalse hordes is of nie, jakkalsroep eerste op die roeper hierdie tyd van die jaar bly wenner. Om die baasjakkalse nou te skiet is goud werd en sal die "floaters" later weer dominant word en word hulle ook weer met jakkalsroep geflous.

Ek probeer maar aan die groter prentjie dink(om jakkalse te wen) en eers die getalle vir die trofee jagters te los. Moenie my verkeerd verstaan nie, getalle maak reuse verbetering, maar kan floaters help om die sterkste(slimste) eers dood te kry. Makliker om met die makliker jakkalse later te sukkel.

Selfde met teelgate, solak die kleintjies leef, is daar goeie kans om van slimouers ontslae te word. Sien dat slimouers goed gejag word by gate na 03h00 in die oggend.

Mooiloop
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by tafjak »

Jacques

As die jagter die ouers se status ken(slimjakkalse wat elke jaar by gate probeer word) is baie keer raadsaam om eers 03h00+ by die gate op te daag.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Heeltemal korrek Jakes. Sien jy enige teenstrydigheid met wat ek in hierdie onderwerp gesê het, in die gedeeltes wat jy aanhaal? Sal bly wees as jy dit vir my kan uitwys.

Jou stelling: "ons kloof hare oor niks", kan ek nie mee saamstem nie. Gaan lees weer James se raad aan Will-i-am, in sy eerste reply op hierdie onderwerp, sy raad verskil wesentlik van dit wat jy hierbo aanhaal en mee saamstem. Dit verskil veral t.o.v die gebruik v jakkalsroepe in hierdie tyd. James reken ook iewers dat hy daardie raad waarskynlik by jou op 'n kursus geleer? Kan jy dit beaam?

Ek wil ook net uitwys dat die roepmetode by teelgate van toepassing is waar die teelgate fisies opgespoor is en waar jy fisies sit waar jy die openinge van die gate kan dophou.

Laastens, James ek dink jy's 'n goeie ou wat baie positiewe bydres op die forum maak, vergewe as ek van jou verskil in hierdie geval. Dit is niks persoonliks nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Eugene »

Manne, vergewe my as ek hier kommentaar lewer, ek wil nie hi-jack nie. Ek is nie 'n jakkalsjagter nie, maar ek vind hierdie gespreke en metodes wat julle hier bespreek, baie interessant. Ek het nie besef dat jakkalsjag so 'n "wetenskap" is, wat betref die tipe roepe en gedrag van jakkalse daarop nie...
Aim small, miss small
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Hi Louis, komende van jou het ek geweet daar is niks persoonlik bedoel nie, dankie. Will, het gese het hy het reeds geroep by n gat en konnie sukses kry nie. hy noem ook dat dit dig by hom is, soos hier by my. bllot daarvan het ek hom die aanbeveling gemaak wat by my met baie sukses werk. ek noem ney weer ek gebruik nie niks jak roeppe nie, ek gebruik net meer gereeld kosroeppe. ek moet baie keer die teef "ooreed" om verder as normaal van die gat te beweeg( uit die bos) tot waar ek haar skoon kan sien en skiet. dit is my ondervinding onder hierdie omstandighede dat ek meer sukses het met kos.

"Roepmetode by die teel gate:
Soos vermeld moet die eerste half uur tot uur stil gesit en net waargeneem word. Begin dan met ?n klein jakkalsie in nood."

so het my roepmetode begin by gate, met die tyd het ek al hoe langer begin stilbly en sukses gehad so. my metode het dus begin by die beproefde en ontwikkel na n variasie daarop. Jacques le altyd klem op geduld en stilte in sy kursusse.

my opset/omstandighede het vir my raakpunte gehad met Wil se omstandighede. dis tog sekerlik aanvaarbaar om taktiek aan te pas volgens omstandighede, en dit dan ook aan te beveel as jy gereeld daarmee sukses het. daar is sekerlik min maniere om jakke te troef, maar sekerlik nie net een nie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Louis, skryf:"Ek wil ook net uitwys dat die roepmetode by teelgate van toepassing is waar die teelgate fisies opgespoor is en waar jy fisies sit waar jy die openinge van die gate kan dophou."

ek kon waarskeinlik dit verkeerd verstaan het maar dit het vir my voorgekom in Wil; se skrywe dat hy juis net hier en daar oop kolle het( hy kan dus nie die gate sien nie?) om op te skiet.(soos by my ook die geval) hy is nie heeltemal duidelik hieroor nie, maar dit is hoe dit vir voorgekom het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

James, in so 'n geval sou ek dan juis voorstel dat die stel jakkals-ouers eerder effe verder v die gate probeer skiet word, want indien die gate nie gesien kan word nie, soek mens vir moeilikheid.

As die ouers (veral die teef) reeds gedood is, verder v die gate af, sal die jongspan nie sommer geskuif kan word nie en behoort hulle makliker in die hande gekry te word. (dink Taffie verwys ook daarna as ek hom reg verstaan)

Sou mens op of baie,baie naby die gate met "kos-roepe" sukkel, mag jy net moeilikheid maak. (verwys na jou eerste antwoord in hierdie onderwerp) Mens moet maar die ingange v die gate kan sien as jy daar naby roep om tragedie te voorkom en juis wegbly van daai kos-roepies....
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Ek mag Will-i-am ook verkeerd verstaan het, maar my lees v sy skrywe was dat hy hul slegs by die "den" gehoor het en nie dat hy fisies self vandaar geroep het nie (groot verskil).
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Louis102 wrote:Ek mag Will-i-am ook verkeerd verstaan het, maar my lees v sy skrywe was dat hy hul slegs by die "den" gehoor het en nie dat hy fisies self vandaar geroep het nie (groot verskil).

Ok, so daar is dan n verskil. So is dit dan in orde dat die metodes mag verskil?

Louis, ek sê jou wat, ek dink Wil moet sak vir ses :o
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by BLOK »

Nou gaan hier niks meer gesels word nie, die tips het dan nou so mooi geloop. :-\
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Abrie Smit »

Baie dankie aan Louis en Taffie vir julle insette. Hier is weer 'n klomp tips en inligting tot ons beskikking gestel wat gebruik kan word. Dankie dat julle probeer om ons manne op die regte pad te hou sodat die gesamentlike doel van jakkals jag bevorder kan word en so min as moontlik slim jakkalse in die veld agter gelaat word. Slim jakkalse roof boere van baie geld.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by tafjak »

Abrie

Jakkalse roof nie net die boere nie, hulle stroop die land se geldkoffers.

Stof jou roeper af vir die volgende week. Die vroee neste gaan sing soos kanaries.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Taffie, hier's 'n vraag vir jou. As net die teef geskiet is, gaan die werpsel steeds vokaal wees?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by tafjak »

Louis

As die ma geantwoord het naby die nes toe sy geroep is, is daar 'n kans. Anders gewoonlik so eers so dag of wat daarna en of as die reun ook antwoord.

Ook as hulle redelik sterk is naby of wanneer hulle al wissel.Maar vleKkie stel nie teleur nie

Mooiloop
will-i-am
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Mar 09, 2014 5:54 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by will-i-am »

Aan almal se bydreas baie dankie. Sal in die week al my nuwe tips gaan probeer en terug voer gee. Hopenlik net goeie nuus van bakkie ryende jakkalse....

Ek het nie vlekkie een of elsneus roep nie en wil ook weet waar ek die beskrywings van al die tafjak roepe kan koop so gou as moontlik asb. Ek het nie n foxpro caller nie mar wel n primo turbo dogg.

Enige hulp/inligting sal baie waardeur word.

Groetnis
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Henry 7 »

Ander ou het Woensdagaand reun en teef op vangplek ingeroep-baie naby is 'n gronddam en rante wat die kerngebied sal wees-hy was Vrydagaand weer daar en kan nie die kleintjies opspoor nie-klanke wat hy gebruik het was Elsneus en SR E&F-ek het nie regtig ander raad vir hom nie-daai boere voel 'n veer om te help om neste te kry en sê hulle het nie jakke nie (jy sal sweer dis 'n skande as hulle by jou bly!)
Het julle dalk ander raad hoe daai ou daai nes kan kry?
Henry
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by johans »

Henry 7 wrote:Ander ou het Woensdagaand reun en teef op vangplek ingeroep-baie naby is 'n gronddam en rante wat die kerngebied sal wees-hy was Vrydagaand weer daar en kan nie die kleintjies opspoor nie-klanke wat hy gebruik het was Elsneus en SR E&F-ek het nie regtig ander raad vir hom nie-daai boere voel 'n veer om te help om neste te kry en sê hulle het nie jakke nie (jy sal sweer dis 'n skande as hulle by jou bly!)
Het julle dalk ander raad hoe daai ou daai nes kan kry?
Henry
se vir hom hy moet sy velskoene aantrek saterdag middag dan skiet hy hulle fu...up
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

As die boer nie wil help om die neste op te spoor nie, hoekom sukkel? Los die kleinspan dat hul nog bietjie vreet en gaan skiet hul in Januarie, dan behoort hul maklik in te roep as hul van nou af doodstil gelos word.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Biker »

M.A.W. Die sosiale roepe is dan nie net vir Saterdae aande nie ,o help my
Post Reply