Nes vaste jakkalse

will-i-am
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Mar 09, 2014 5:54 pm

Nes vaste jakkalse

Post by will-i-am »

Hi manne, ek het gister aand bietjie gan jakkals roep op n plaas net buite uitenhage, so ja oop kolle is maar min maar ek het al voorheen twee jakkalse gekry op selfde plekke n geruime tyd terug. Soos ek verstaan kom die jakkalse nie nou sommer in vir n caller nie agv hulle wat swanger/pas kleintjies gehad het. ek het net "jakkals alleen" geroep en hulle het by twee verskillende denne net eenkeer geantwoord en by altwee plekke was daar meer as een jakkals bymekaar.

Is daar n tip vir my om hulle uit te lok in so geval of moet ek maar wag tot nader aan november??

Enige raad sal waardeur word.

Groetnis
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Hi welkom by ons, en sterkte met die jakke. ek het gedink een van die meer ervare manne sou nou al ge-antwoord het. so kom ek probeer raad gee. bly vir eers weg van sosiale roeppe(mooihuil jak alleen ens ens). die jakke is dragtig of het pas kleintjies gekry. probeer n fyn kosklank. jou staanplek is altyd belanrik, maar soveel te meer as jy by hulle neste roep. as ek n gate werk probeer ek alreeds voor sononder daar wees, dit is gewoonlik nie nodig om baie te roep nie. ek sal egter verbaas wees na gister se roep, as die teef nie die kleintjies geskuif het nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
GERHARD 3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by GERHARD 3 »

Ek het dieselfde probleem in Brandfort met die digte en ruigte doringbome in 'n spruit wat baie diep is en die laning bome/bos is breed. Geen lig kom daar deur al skree die jakkalse vir jou 80 tree van waar jy is. So oop kolle is beperk en skote is nie langer as 60 tree nie. Die gate is ook nie verder as 200m nie en dan is ek weer in die buur plaas. Wat ek geroep het was klein steenbok, so hard dat ek dit net kon hoor. Hoogtens 1 en half minuut lank en dan weer so 13 minute later. Dimmer net sterk genoeg. Altwee reun en teef gedood op 15 tree , half uur uit mekaar nadat die reun sy maat begin soek het. Ek het net weer steenbok distress gespeel om aandag te trek hoogtens 30 sekondes. Die fout wat ek gemaak het is dat sekerlik die kleintjies deur ander jakkals tewe gevoed sal word want ek het hulle nie gedood en dus keer ek gereeld terug maar sit net met twee jakkalse wat ek hoor 'n jaar later. Hulle kom baie vinnig in en dan is hulle weg. Vreeslik lig sku. Maar my dag sal kom glo ek. Na die laaste maand het hulle beslis nog nie geskuif nie. So hulle, die huidige jakkalse het daardie gate weer beset. Lig meer as eenkeer per minuut glo ek. Ek het ook voor son onder gesit en begin roep toe dit mooi donker is maar baie gelig. Sukses was rondom 8 uur. Wees geduldig met jou ore oop. Dis my ervaring en sekerlik een van die mees uitdagenste situasies. Soos hulle , die kleintjies ouer word kry ek hulle al hoe verder van die gate af vernaam einde Jan en begin Feb as hulle self bietjie rond jag. Pa en Ma kry ek weer middel Desember tot eerste week in Jan. Oom Taffie het my daar mooi geleer om die slim jakkalse in daardie tyd by te kom.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Blikemmer, hier het ek nou 'n paar goed raak gelees wat my verstom het.....

Ek het nog altyd Jakkals Alleen as 'n enkel jakkalsroep geklassifiseer en nie 'n sosiale roep nie. Sou reken dis goeie praktyk om juis in hierdie tyd met 'n enkel jakkalsroep weg te spring.

Dan het ek ook nog altyd gereken dis verkeerde praktyk om voor donker jou staanplek te beset, maar nou ja, ek het nog veel te leer.

Wat ek wel sou reken, as jakkalse my nou v hul "den" af antwoord, dit baie waardevolle inligting is, want dit is mos presies waar hul "den" opgespoor kan word (ons hoef nie daaroor te wonder nie, soos Oom Jassie sou sê). Daar is bladsye vol geskryf op hierdie einste forum, oor teelgat hantering, ek sou dit nogal bietjie probeer opswot vir my eie beswil, as ek onseker is.

Verder sal ek ook presies die beste praktyk opswot, oor wat om te doen as jakkalse my antwoord. Onder "Lede Alleen" is daar waardevolle inligting in hierdie verband. Ek sou gaan soek vir die onderwerp waar Heinrich Funck presiese roeptegnieke bespreek, dit werk vir my. So nie, sal ek altyd iemand verwys na die onderwerp "Tafjak Tips en Vrae". Daar lê baie van die regte antwoorde in daardie lywige onderwerp opgesluit.

Net dit as ek 'n opinie,mag waag: Niks verkeerd met Jakkals Alleen nie (miskien 'n paar ander enkelroepe wat effe meer effektief sou wees, maar dis persoonlike smaak) Goeie stukkie stilte daarna en probeer dan die volgende instinkte v die jakkalsstel uitbuit: nuuskierigheid en moedersinstink / beskermings drang. Dit kan met 'n verskeidenheid v klanke gedoen word soos prooi in nood, baklei/vreet klanke, prikkel klanke en op die einde miskien 'n klein stukkie klein jak distres.

Ook goeie praktyk om dan daardie selfde enkelroep te herhaal, as jakkalse jou geantwoord het.

Grootste fout wat jy nou kan maak as jy weer daar gaan roep, is om die selfde staanplekke en klanke te gebruik.

Maar gaan doen bietjie huiswerk, onmoontlik om hier alles te verduidelik.

Mooiloop.
Louis.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Ns. Die enkel jakkalsroep word eers so na 'n halfuur nadat die jakkalse my geantwoord het, herhaal.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Louis102 wrote:Ns. Die enkel jakkalsroep word eers so na 'n halfuur nadat die jakkalse my geantwoord het, herhaal.
So die jakkasl antwoord jou, dan is dit sekerlik niks anders as sosiale roep nie, of is dit n kos roep? Ek het nog altyd gemeen jy kry sosiale roeppe aan die een kant en dan kosroeppe(distress) aan die ander kant. My fout. Ek glo bloot dat fyn kosklanke in die tyd beter is as, noem dit dan nou maar jakkals roeppe.

Het destyds toe ek hier aangesluit het om juis my jak roep op te skerp, by een van die ou hande die tip gekry om, n gat voor donker onder die wind te benader, en dan solank as moontlik te wag(sonder om te roep) totdat ek beweging sien. ( Slegs te roep, as ek na ure niks kon opmerk nie).Sommer die eerste keer wat ek dit probeer het, was dit n sukses. Sedertdien maar nog altyd so aangegaan. Moet sê nog nooit daaroor gewonder nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by BLOK »

James

Enkel jakkals roep is een jakkals wat skree / roep
Groep jakkals roepe (sosiaal) is meer as een jakkals wat skree / roep

Dan is daar ook bakleie, distresse, en laastens kosklanke wat nie jakkals is nie.

Dit is hoe jakkals klanke uiteengesit word.

Jou benadering tot teelgate is heeltemal korrek maar dan sal dit vir dagroep laatmiddag wees en nie met die bakkie nie.

Hoop dit help
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Dankie Blok. My metode wat ek gebruik is juis met n bakkie.

Is ek verkeerd as ek sê, n enkel roep van n jak is n sosiale roep, omdat dit n invloed het op die gedrag(hopelik) maw sy sosiale optrede. Jy gebruik een jak( die roepper) om hopelik ander jakke se sosiale gedrag te be-invloed. Enige roep dus van een jak na n ander jak sien ek as sosiale roeppe. Hopelik kan jy die gedrag manipuleer. Miskien was my eerste jak kursus te lank terug, maar dit is hoe ek dit onthou.menende dit is hoe ek die teoretiese benamings onthou.
Wat ons dit noem ,maak seker nie soveel saak as die sukses wat ons hopelik het nie. My ondervinding in die tyd bly dat n fyn kos klank meer sukses het. Dit voel vir my die teef sal die pad vat, met haar kleintjies, as hier n n vreemde jak naby haar gat roep.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by G-force »

Hoe ek dit min of meer het:
Enkel jakkals roep soos Rooialeen is n enkel jakkals wat maat soek of skoor soek in n gebied.
Sosiale roepe is gewoonlik meer as een jakkals wat roep sonder aggressie nie.
n Challenge is volgens my nie n sosiale roep nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by BLOK »

James Wilson wrote:. Dit voel vir my die teef sal die pad vat, met haar kleintjies, as hier n n vreemde jak naby haar gat roep.
Teef se beskermings instink sal juis intree om haar jonges te beskerm, maw sy sal die indringer wil verjaag aanval of wat ookal.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by BLOK »

[quote="J
Is ek verkeerd as ek sê, n enkel roep van n jak is n sosiale roep, omdat dit n invloed het op die gedrag(hopelik) maw sy sosiale optrede. Jy gebruik een jak( die roepper) om hopelik ander jakke se sosiale gedrag te be-invloed. Enige roep dus van een jak na n ander jak sien ek as sosiale roeppe.[/quote]


Aleen jakkals is virseker net een jakkals wat skree (hy roep want luister, hy skree met stiltes tussen in om te luister of daar iemand terug antwoord), het hom nounet weer geluister. Wat jy dalk bedoel is die reaksie op die roep is gewoonlik sosiaal met n hele klompie wat gewoonlik antwoord selfs die jonges as hulle al so groot is. Dit is ook reg maar jou benaming van die kategorie is net dan verkeerdom haha.

Soos jy se solank die resultate net wys.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
GERHARD 3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by GERHARD 3 »

Graag vra ek onverskoning as ons so bietjie warm onder die kraag geraak het, voel dit vir my. Ek het ook dalk misleidende inligting t.o.v. my ervaring gedeel. My modes operande is met 'n klein 12V battery op my rugsak en dan normale toerusting. Dus geen bakkie nie , so kan ek effens meer vrylik beweeg deur die klowe en op berg plato's en in ruigtes of diep donga slote waar daar nie paaie is vir bakkies nie. Die goue reels geld dieselfde t.o.v. beweging en dit is om nie te roer 'n uur en half voor son onder en dan twee ure nadat ek begin roep het nie, al skree jakkalse 500m of verder soos ek hulle hoor. Die nadeel is natuurlik jy werk net in die kamp waar gevang word soms deur die nag sonder beskutting. Ek dek dus nie 'n groot area nie. Dus moet jou dors geles wees en jou krop gevul. 'n Ander voordeel is wat uitstaan is om teen 'n skuins helling stelling in te neem met die vlakte voor jou en hul spore of diere voetpadjies voor jou verby. Met tyd kom ek gou agter of die probleem jakkals daar teel of net inkom om te vang. Gedurende die verskillende tye van die jaar leer ek die spesifieke plaas ken en gewoonlik slaap ek oor vir 2 nagte per geleentheid. Dus naweke of my lang vakansie. In my opinie is wat en hoe jy roep die mees belangrikste om nie die dier af te skrik en te verjaag nie vir ingeval hy nie altyd sy verskyning wil maak nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Blok, soos ek dit sien is alle roeppe tussen jakkalse sosiale roeppe. G Force, ek voel weer N challege is juis n sosiale roep, dit het te make met die sosiale strukture van die plaaslike jakkals. N jak alleen of n challenge is n vorm van kommunikasie, dit is dus n sosiale roep. Dit is niks ander as die sosiale strukture en interaksie nie.

Wanneer van sosiale strukture of interaksie gerpaat word in die diere reik, word verweis na hulle unieke gedrag teenoor mekaar. Ek dink selfs n jak in distress is n sosiale roep. Sosiaal hier niks te doen met "social" te doen nie. Maw ons het lekker sosiaal om die braai verkeer. Dit is nie wat sosiale optrede gedrag strukture roeppe in die dierereik beteken nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Neewat, geen rede vir, "warm onder die kraag" raak nie. Elke ou het reg tot 'n opinie en is welkom om tips uit eie ervaring te deel. So leer ons by mekaar en elkeen kan mos maar self besluit watter raad hy wil gebruik.

Klasifikasie v klanke (en die benaming van die klasifikasie) is ook vir elke jagter om self oor te besluit. Dat 'n enkel jakkalsroep (soos deur 'n hele paar manne hierbo beskryf) huidiglik goeie vrugte afwerp, sal baie v ons van kan getuig. Inteendeel, sommige roepe waar meer as 1 jakkals in "skreeu" werk ook soms in hierdie tyd. Jakkals-stelle verdra nie sommer vreemde jakkals(e) in/naby hul kerngebiede soos die seisoen nou staan nie, vandaar die sukses daarmee. Meeste van ons verkies egter huidiglik 'n enkel roep omdat die stel wat ons probeer inroep, waarskynlik minder versigtig vir 1 jakkals sal wees, as vir 2 of meer jakkalse.

Jonger, minder ervare jakkalsstelle (of versigtiger loslopers) mag dalk afgeskrik word deur 'n roep v 'n dominante stel of 'n groep vreemde jakkalse. Dit is die teorie, gaan toets dit maar in die praktyk, dis die beste manier om uit te vind.

Mooiloop.
Louis.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

James, kan jy die verskil tussen 'n "jakkals challange", 'n bang onervare jakkals se geskreeu, 'n spontane roep van 'n alleen jakkals en die manier waarop 'n enkel jakkals op 'n ander roep reageer, vir ons aandui? Sommer ook die manier waarop jy die onderskeie klanke sal gebruik asb. Ek vind jou benadering tot jakkalsklanke baie interesant, dalk kan ek iets daaruit leer.

Mooiloop.
Louis.
will-i-am
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Mar 09, 2014 5:54 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by will-i-am »

Baie dankie sover vir die inligting...weet net nie nou of meer verstaan of minder nie!!!hahahahaha sal mar met tyd moet leer.

Net n vinnige vraag: Sal n vroeg oggend(pas lig) of laat skemer dag roep vrugte kan dra aangesien daar baie nader aan die "den" gekom kan word?

Weereens dankie vir almal se posts!

Groetnis
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Louis, ek neem aan jy stem nie saam met hoe ek die woord sosiaal gebruik nie?

Ek gaan probeer om jou te antwoord oor die metode wat maar vir my werk. Ek gebruik n jakkals roep( maw waar n jak n roep doen) baie spaarsaamig. Op n staduim het Mooihuil baie goed gewerk, maar ek dink ek kom te veel deesdae op plekke waar mooihuil voos geroep is. Ek kry baie meer sukses met sagte of dan nou fyn kosklanke. Ek is ook geneig om my kosklanke sagter te speel as ander jagters saam met wie ek al geroep het. Maar dan wag ek ook langer voordat ek skuif. Kosklanke waarop ek resultate kry is, Hasie combo, springhaas Hasie jager rooihasie. Verlede jaar het javulina goed gewerk ,maar ek kannie dieselfde sê die jaar nie. Wanneer ek wel roep met n jakroep, sal ek met jakroep soos Locater begin, ek sal dan daarna lank stilbly.( ek het vir baie lank met jakkals distress en Mooihuil begin) Gewoonlik gaan ek dan oor na kosklanke.

Ek het ook meer sukses deur net met kosklanke te roep, weereens roep ek saggies. Ek het baie bloujties geloop deur te hard te speel of om n jakroep( locater/mooihuil) te veel te doen. Ek voel altyd met n sagte kosklank word geen jak afgeskrik of verwilder nie, dit vat party keer langer, maar dit werk. Die ander rede waarom ek oorwegend kosklanke gebruik is omdat hier ook baie rooikatte is. Deur kosklanke te speel, weet ek, ek staan n kans om beide spesies nader te trek. Wanneer ek roep, roep ek ook min, maar lig baie. Selfs al speel ek n combo, sal ek die stiltes wat voorkom selfs nog langer rek. Ek voel ook staanplek geniet te min aandag. In die moeilike tyd sal ek baie keer hier teen sononder, naby n krip gaan staan. Ek sal niks roep nie, maar die resultate is daar. Ek ook daarvan om die plaas te ken, en loopgebied te probeer bepaal. Hier werk die info van die plaaswerkers mooi. Die jagters wat saam met my gejag het, sal jou vertel ek is n groot fan van die fluitjie, alhoewel ek maar min geluide suksesvol kan doen. Tog as niks anders wil werk nie, bring die fluitjie baie keer sukses.

Ek kom maar uit die agtergrond waar ek destyds my eerste kursus by Jacques Botha gedoen het. As Jacques altyd by my kom jag, steel ek maar met die oë, dit is dan ook hier waar ek liefde vir sagte kosklanke gekry het. As ek ek wel met kos geen sukses het nie, sal ek by die volgende staanplek jak baklei of jakkals distress, probeer. My gevoel/ondervinding oor roeppe is dus eenvoudig: waar jakroeppe party jakke, sal nader kom en ander sal laat vlug, sal kos roep( as jy geduldig is) nooit n jak wegjaag nie. Teensy hy natuurlik slim geroep is, maar dan sal geen roep werk nie.

Ek het natuurlik n lekker intresante metode vir dag roep juis vir slim jakke, maar dit is weer n ander lang verduideliking, sou jy dit ook wil hoor.

Ek hou daarvan om n gat te werk as die honde al n bietjie groter is, maw as hulle uit die gat begin kom en speel op die rand. Dit net natuurlik n bietjie moeiliker geraak om te bepaal. In 2011 het ek twee tewe geskiet in een week, die een se kleintjies was al sterk en die ander een was nog dragtig. By ons is die gate gewoonlik in digte bos( maar nie te ver van die water nie). Staanplek met genoegsame sig op die gat en die krip, is gewoonlik maar n groot uitdaging. As die hondjies dan n bietjie groter is, maak hulle maar so speel speel een of ander tyd hulle verskeining. As ek dan n jak alleen of so roep, dan raak hulle dadelik weg. Ek het nog nooit albei ouers by n gat kon skiet nie. Net altyd een en dan so miskien twee kleintjies, was nog my beste.

Natuurlik hier Desember en Januarie kan jy maar enige kosroep doen die jong honde kom sommer in gestorm.

Ek, Blok en Jacques Botha probeer om so eenkeer n jaar by my te jag. Jy is meer as welkom om ons op die volgende geleentheid te vergesel. Ek het nie besef my metode is onortodoks nie, maar die resultate is seker maar al wat tel.

Ns, my Buurman(Turfjakkals) is n vas gekontrakteerde jakkalsjagter by die plaaslike feedlot se grond. Die grond is 1800ha groot, en in twee seisoene het hy 207 jakke op daardie plaas gedood. Slagysters honde maar hoofsaaklik roep en skiet. Hy glo vas in die roep: luscious lips. Hy glo ook in min roep maar geduldig te wees. Meeste manne hierond gebruik maar min of meer die metode. Hier is natuurlik soveel jakke hier by ons, dat jy baie sukses sal hê, deur net te ry en lig.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Neewat James, oor hoe jy die woord "sosiaal" gebruik, skeel ek my min.

Ek was meer geïntereseerd hoe, waar en in watter situasies jy onderskeie jakkalsroepe aanwend. Gedink ek kan dalk 'n nuwe triek of 2 by jou leer. Jou laaste antwoord help my baie om jou benadering beter te verstaan en met die grootste respek, beïndruk dit my nie geweldig nie. Ek dink jy gebruik rofweg omtrent so 5de van die potensiaal van jou roeper. Solank dit egter vir jou werk, is die saak mos reg en glo ek nie jy moet jou benadering verander nie. Dit waarin jy vertroue het, sal vir jou meer sukses bring. As dinge (veral kosklanke) vir jou ophou werk, kan ons weer gesels.

Mooiloop.
Louis.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Will-i-am, ek gaan my nie uitspreek oor dagroepe nie, alhoewel ek al 'n paar suksesse daarmee gehad het. Ek weet egter dat Heinrich Funck 'n redelik interesante dagroep DVD vrygestel het. Ek het nou die dag by Taffie een gekoop en daarna gekyk. Dink dis 'n goeie belegging, eerder as om na my kwakke-gesang te luister.

Mooiloop en raakskiet.
Louis
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by roux cf »

Naand manne,

James, daar is n groot verskil tussen sosiale jakkalsroepe en sosiale gedrag van jakkalse.

Alhoewel alle klanke in n mate n invloed op sosiale gedrag van jakkalse het,
kan ons nie alle klanke as sosiale klanke klassifiseer nie.

Hier in die karoo is jakkalse wat sommer self aan die skrou gaan as jy jou bakkie afsit op n staanplek,
beteken dit dat die " hilux enjin" ook n sosiale klank is???

Ek skiet seker te min jakkalse om raad te gee, maar jou verduideliking het my baie deurmekaar.

Maar uit my bietjie ondervinding het ek geleer dat jakkalse nie altyd dieselfde reageer op jakkalsroepe nie, sosiaal of nie! En baie jakkalse het al ingestorm op staanplekke hierdie tyd van die jaar, sonder dat daar n kosklank gespeel is. Hulle kom beslis nie bladskud met daai jakkals wat so op sy voorstoep staan en skrou nie.

Net my 2c

CF
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nes vaste jakkalse

Post by James Wilson »

Roux, ons het nou al die nuwe lid se topic so ge-hijack dat ons seker nooit weer terug op die pad sal kom nie. Noem die klanke net wat jy wil, maak hulle net dood.

Wat sal ons die Hi-lux metode noem? Roep en trap? ;)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by BLOK »

James Wilson wrote: Wat sal ons die Hi-lux metode noem? Roep en trap? ;)
Ek weet nie wat die metode is nie maar daai jecol wat antwoord sal ek Geleerd noem.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by G-force »

BLOK wrote:
James Wilson wrote: Wat sal ons die Hi-lux metode noem? Roep en trap? ;)
Ek weet nie wat die metode is nie maar daai jecol wat antwoord sal ek Geleerd noem.
Dalk is dit Jan-grootskrik se jakkals daai? ???
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Hier is 'n handige stukkie inligting Will-i-am:

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=93&t=30#p14236.

(hoop die link werk)
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nes vaste jakkalse

Post by Louis102 »

Moenie my woord vat nie, ek haal aan uit Meester Jaracal se eie geskrifte t.o.v. die gebruik v jakkalsroepe in hierdie seisoen waarin ons onsself nou begewe:

"Territoriale tyd (Middel Julie tot Middel September)(Makliker tyd):
Hierdie is die tyd dat die tewe dragtig is of het net kleintjies gekry. Beide is baie aggressief en reageer uitstekend op jakkals roepe. Dit is dan ook raadsaam om die gedrag uit te buit deur in hierdie tyd met ?n jakkals roep te begin. Weereens gebruik ek enkel jakkals roepe want dit is makliker vir twee jakkalse om een jakkals aan te durf as ?n groep. (36;11;12)"
Post Reply