Koue en Klanke

Post Reply
BosHond
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Sat Mar 15, 2014 8:35 pm

Koue en Klanke

Post by BosHond »

Middag manne,

Behalwe nou vir die gewone, wat sou julle se is die klanke wat nou die beste sal werk? Veral met hierdie koue...wat sou julle voorstelle wees...
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Koue en Klanke

Post by Dawie Malan »

Boshond

Probeer die Jakkalsvasvries Combo 2.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Cobus(Cobb) »

Malan is nou weer net 'n eier!!!

Boshond, nee die koue snaps is maar jou keuse of jy wil uitgaan...net soos vlekkie maar ook besluit of hywil uitgaan...dit gaan nie soseer oor die koue nie maar oor die tyd van die jaar wat moeilike tyd is (en wat hand aan hand loop met koue).
Dis hier waar jy moet terugval op die basics en die Standaard roep metodes moet toepas...klanke is jou keuse....(maar soos Blok sê, "nooit Mooihuil nie ;)"
Jakkals moet eet en sy gebied kyk, as dit nou vanaand kwaai koud is, sê maar dag 1 van koue front of iets en hy was gisteraand uit, gaan hy vanaand net lê en tv kyk, maar dan moet hy dag 2 en definetief dag 3 weer loop..
Daar is al baie jakke in baie koue weer afgeneem met trailcams en baie jakke in baie koue weer geskiet, (behalwe deur Nico, want hy gaan nie uit in koue nie.)
My favourit klanke vir die koue tyd, ......en warm tyd is vlekkie 1,rooi alleen, locator, blafroep/jakblaf, Javelina en kliphasie en Doekvoet.
Die geheim egter is kerngebied en staanplek..as jy reg is daarmee sal die klank van 'n poep hom ook kom laat kyk.
Als hierbo is vir gauteng jakkalse wat rook en drink...ek weet niks van Karoo jakke af nie....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Geno »

Cobus(Cobb) wrote:maar soos Blok sê, "nooit Mooihuil nie ;)"

Snaaks, Mooihuil het mooi gewerk vir my so week of wat gelede.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Koue en Klanke

Post by BLOK »

Geno wrote:
Cobus(Cobb) wrote:maar soos Blok sê, "nooit Mooihuil nie ;)"

Snaaks, Mooihuil het mooi gewerk vir my so week of wat gelede.

Nooit gebruik as jou eerste roep nie, maar later in die siklus kan hy dodelik werk.
Last edited by BLOK on Tue Jun 10, 2014 9:25 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Geno »

Juis waar ek hom gebruik het. Rondom 55min in die sessie in.
Goed, beter, 6millimeter!
BosHond
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Sat Mar 15, 2014 8:35 pm

Re: Koue en Klanke

Post by BosHond »

Ek het so week gelede goeie sukses met baie baklei gekry...6 omgedop
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Cobus(Cobb) »

Ek koggol maar net vir ou Blok oor sy "cheat sheets".....
Ek het my Mooihuil bietjie gemix ...kry maar gewoonlik mooi reaksie op dit...maar nie my favourit nie..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Koue en Klanke

Post by NicoSmit »

Wat vir my baie goed werk nou met die koue is die bed roep darem baie lekkerder in die warm bed as agter op 'n bakkie in minus grade. Cobus ek sien ek en jy moet eendag om 'n bier of 'n OBS hierdie koue ding bespreek en jou tot ander insigte bring Sorry vir die hijack :laugh:
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Geno »

NicoSmit wrote:Wat vir my baie goed werk nou met die koue is die bed roep darem baie lekkerder in die warm bed as agter op 'n bakkie in minus grade. Cobus ek sien ek en jy moet eendag om 'n bier of 'n OBS hierdie koue ding bespreek en jou tot ander insigte bring Sorry vir die hijack :laugh:

Toemaar. Kom lamtyd, dan smile ons kliente by wie die fabrieke in die winter toegemaak is.
Skiet 'n tefie hier, en 'n stelletjie daar, dan klim 'n speenpersentasie nogal mooi op.
Sit maar snoesig in jou warm huisie, ou mooiweer-jagter...
Goed, beter, 6millimeter!
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Koue en Klanke

Post by jamalley »

Stem, maar dit is ongemaklik en baie koud - voete voel of hulle wil afval en jy haat jouself, maar as jy @ 2uur die nag 'n klompie geskiet het, gaan jy sommer deur dagbreek toe. Die koffie moet net warm bly.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Koue en Klanke

Post by NicoSmit »

Ek los maar vir julle jong manne met die dik bloed my bloed het heeltemal te dun geword
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Koue en Klanke

Post by C.J. »

Geno,

Wat jy se is waar. Die hier-en-daar Jakke in die winter help baie later. Ek jag ook beter in die winter want dan waai die simpel Ooste-wind nie meer in die Oos-Vrystaat nie. Die gras is ook beter in die winter, so al is dit "moeilike tyd" is dit partymaal vir my makliker. Om 18:00 al te roep help ook om meer staanplekke te doen. Kern gebiede en jag gebiede werk vir my. Geduld en regte klanke, ek gebruik Javelina baie. Ek sal ook sommer tussen die Skape gaan sit en wag sonder om te roep. Dit het ook al baie gewerk.

C.J.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Koue en Klanke

Post by prohunt »

Ja-nee manne, die koue is nie 'n man se maat nie. Ek was gisteraand uit en die bakkie se dak was al net na 21h00 spierwit gevries. Vanoggend vroeg was dit -1. Hard gewerk vir 2 jakke :o
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Geno »

Ek sien vanmore op RadioJakkals dat SP gisteraand teen 9uur 7 jakkalse en 'n rooikat gelaai het. Dit wil gedoen wees vir dié tyd van die jaar!
Goed, beter, 6millimeter!
BosHond
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Sat Mar 15, 2014 8:35 pm

Re: Koue en Klanke

Post by BosHond »

Dis hoekom ek se, dit raak vreemd...ek het dit die afgelope paar jaar nie regtig so ervaar nie...so week gelede 6 geskiet, maar nou lyk dit asof dinge TE stil raak?

Sal maar kyk wat lewer die bosveld op die naweek...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Louis102 »

Dink man kry veral nou (hierdie tyd v/d jaar) te doen met jakkalse wat nie noodwendig almal op die selfde klanke sal reageer nie. Daar is die ou ervare oorbly jakkalse, nuwe jong stelletjies, nuwe intrekkers wat vreemd is in hul omgewing (nou baie in voorheen "skoon" gebiede), jong (verlede jaar se werpsel) sku alleen loper, jakkalse wat paar, wat klaar gepaar het, wat nog moet paar, agressiewe jakkalse, sku/bangerige en daar is seker nog 'n hele paar katagoriee.

Dit is seker maar die vernaamste rede hoekom die standaard roepmetode meestal aanbeveel word vir hierdie tyd. Egter nooit te se dat ander tenieke en roep sequences nie dalk kan werk in sekere gevalle nie. Een "instink" wat jy nou kan prikkel met jou roepry en wat by meeste jakkalse behoort te werk, is nuuskierigheid.

So raai ek maar.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Koue en Klanke

Post by Dawie »

:'(
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Koue en Klanke

Post by Jan-Hendrik »

jamalley wrote:Stem, maar dit is ongemaklik en baie koud - voete voel of hulle wil afval en jy haat jouself, maar as jy @ 2uur die nag 'n klompie geskiet het, gaan jy sommer deur dagbreek toe. Die koffie moet net warm bly.




DAAR BY JOU IS DIT RERIG KOUD GEWEES SIEN EK.....STERKTE
JAN-HENDRIK
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Koue en Klanke

Post by johans »

Prohunt wrote:Ja-nee manne, die koue is nie 'n man se maat nie. Ek was gisteraand uit en die bakkie se dak was al net na 21h00 spierwit gevries. Vanoggend vroeg was dit -1. Hard gewerk vir 2 jakke :o
dis warm,9uur die aand -7 gewees hier
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Koue en Klanke

Post by Henry 7 »

Geno wrote:
NicoSmit wrote:Wat vir my baie goed werk nou met die koue is die bed roep darem baie lekkerder in die warm bed as agter op 'n bakkie in minus grade. Cobus ek sien ek en jy moet eendag om 'n bier of 'n OBS hierdie koue ding bespreek en jou tot ander insigte bring Sorry vir die hijack :laugh:

Toemaar. Kom lamtyd, dan smile ons kliente by wie die fabrieke in die winter toegemaak is.
Skiet 'n tefie hier, en 'n stelletjie daar, dan klim 'n speenpersentasie nogal mooi op.
+1 Geno!
Post Reply