Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Kopskoot 1 WP »

Manne, daar is min in die lewe wat my van spoed af bring, maar hier in die Curriebeker-lose Kaap, is 'n vliegie wat net so voor die son sak, sy tereurveldtog begin en sy bes doen om jou op te vreet, voor die son sak en sy verdere agterbakse boetie, muskiet sy verskyning maak.. Die goed vreet jou op, ek het al Tabard gesmeer, dan is hulle eers bedrywig, Dettol en Sitronella gemeng en gespuit, geen verskil, Peace full Sleep sit hulle in aanvals mode!!

Ek oorweeg al om te trek weens die pestelensies. Enige beproefde raad asseblief!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Jean Marais »

Is die goed nie ook bkend as "wit as" nie?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Jean Marais »

Kyk bietjie hierna. Dalk help die ou se raad:

http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?p=728075
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Kopskoot 1 WP »

Ek sal die babaolie probeer. maar ek dink nie dis dieselfde gogga nie, die besigheid is so kwart size van 'n vlieg en jy kyk hom nie mis nie! Lyk my meer white ash is 'n klein onsigbare besigheid wat jou by en jy weet dit eers later, die goed hier swerm om jou kop en raak mal as hulle swart klere sien!!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Jean Marais »

Ek hoop die raad help. Kan n ogals dink dat die goed 'n man waansinnig kan maak. >:( >:(
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by THOMAST »

Hier in die vroeë lente kry ons die muggies op ons skietbaan. Manne praat van hulself met SAVLON smeer wat hulle glo weghou. Ek het dit nog nie self probeer nie, ek het jare terug 'n hele paar buisies "BushMan" van Australieë gekry en dit werk baie goed. Aktiewe bestanddeel is DEET en jy moet maar versigtig daarmee wees.
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Alwyn »

Weet nou nie of dit vir daai goga van jou gan werk nie en dis taamlik duur saam..

Kakiebos olie

Maak jou vingers nat en smeer dit op jou oor lele
NIE DIE HEELE OOR NIE JY GAN DAN VAN JOU SELF AF PROBEER WEG HARDLOOP

Het dit altyd op die Swartland Rally gebruik om die Muggisd weg tehou!!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Jean Marais »

Kakiebos olie werk baie goed vir muskiete ook
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Kopskoot 1 WP »

Sal maar die DEET los, maar gaan die kakiebos olie definief probeer.
Ook Savlon sal probeer.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by RUPERT »

Is dit dan dalk ook die selfde vliegie wat jou so pla in die bosveld.Ek het dit die jaar beleef op Swartwater.As hy jou in die son vang maak hy jou mal maar in die Koelte is jy ok maar hy pla nie so baie as wat jy in die son is nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by mariusr »

Probeer daai fly repellent van bob martin hou vliee weg van honde en perde! Het al op my brakke probeer en werk soos 'n bom! Daai vlieg kom nie naby die hond se ore as jy op gespuit het nie! Ek vergeet die goed elke keer as ek bos toe gaan vir daai mopanie vliegies maar is seker dit gaan werk! :):
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by HennieC »

Gooi bietjie wit asyn in 'n spuit botteljie en spuit so bietjie in die lug.
Ek weet dit werk om vliee weg te hou.
Moet net nie bruin asyn gebruik nie want dit maak vlekke. Jy kan op jou self ook liggies spuit.
Groete
Hennie.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by JohanvB »

Kry Avon Skin-so-soft...dit werk regtig goed.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Kopskoot 1 WP »

Manne dankie vir die raad, ek gaan almal waar prakties moontlik beproef en sal terugvoer gee...
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by HennieC »

Enige terugvoer?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Hein M. »

Spuit jou gras, plante, visdamme en stoepe met Chlorpyrifos. Die wetters broei op die plante - en veral by water uit. Dit sal beslis help - sommer vir die vlieë ook wat nou kop uitsteek ;) Herhaal elke 2 weke.

Hein M
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Kopskoot 1 WP »

Manne, nee nog nie tyd gehad vir die probeer nie, maar sal, die reën het ons nou eers biekie besig en kom min buite, die beproef en terugvoer is opi kaarte, HeinM van Tulbach, as ek sien wat jy die goeters noem, weet ek sommer jy deel my sentiment oor my liefde vir daai insekkies!!!!

Groete
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Dweetster »

Wa kry julle manne kakiebos olie?
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by MJK »

As jy al klaar gezap/ gevreet is - smeer Tiger balm op. Kry nie daardie knop swelsels dan nie en vat die gejeuk onmiddelik weg. Rooi perdeby het my laas naweek gezap - geen probleem - binne 5 min was alles oor en verby.

Die balm is eintlik vir verrekte spiere/ kneusplekke. Die goed ruik darem nie so sterk soos Deep Heat nie maar ek dink sal die goggas weg hou ook

Vra maar jou plaaslike Chinese winkel.
User avatar
Darrylth
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jun 25, 2013 9:43 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Darrylth »

MJK wrote:As jy al klaar gezap/ gevreet is - smeer Tiger balm op. Kry nie daardie knop swelsels dan nie en vat die gejeuk onmiddelik weg. Rooi perdeby het my laas naweek gezap - geen probleem - binne 5 min was alles oor en verby.

Die balm is eintlik vir verrekte spiere/ kneusplekke. Die goed ruik darem nie so sterk soos Deep Heat nie maar ek dink sal die goggas weg hou ook

Vra maar jou plaaslike Chinese winkel.
Zambuk werk net so good vir die byte
Dus kant die boerewors gordyn..
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Alwyn »

Dweetster wrote:Wa kry julle manne kakiebos olie?
Ek het dit altyd by die "hebal" shops gekry...... die wat al die kruie meds verkoop
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Dawie Malan »

Die "Bytvliegies" wat julle van praat is "Black Flies" of Buffelvliegies soos ons in die Bosveld noem. Hulle byt deur jou vel te sny en dan met 'n verdowende spoeg in te spuit. En dit veroorsaak 'n klipharde bytplek amper soos 'n kors wat vreeslik jeuk. Hulle klim ook in jou moue, broekspype en waar jou broek en hemp bymekaarkom in.

Spuit maar Peacefull Sleep daar.

Groete

Dawie
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Willie »

Kopskoot
Al enige terugvoer oor die voorgestelde produkte ?
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by Jonie »

As jy nou alles probeer het stel ek voor so 10 verkleurmannetjies op jou hoed, of hou op vir die stormers skree dan sal hulle weggaan. >:+ >:+ >:+ >:+ :laugh: :laugh:

groete

Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies

Post by mariusr »

Ou kan altyd daai towenaar in die Hobbit kry met daai voeltjies wat in sy hare bly en sy kop so beskuit?! Hulle behoort daai vliegies weg te hou?
Post Reply