Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Manne, daar is min in die lewe wat my van spoed af bring, maar hier in die Curriebeker-lose Kaap, is 'n vliegie wat net so voor die son sak, sy tereurveldtog begin en sy bes doen om jou op te vreet, voor die son sak en sy verdere agterbakse boetie, muskiet sy verskyning maak.. Die goed vreet jou op, ek het al Tabard gesmeer, dan is hulle eers bedrywig, Dettol en Sitronella gemeng en gespuit, geen verskil, Peace full Sleep sit hulle in aanvals mode!!
Ek oorweeg al om te trek weens die pestelensies. Enige beproefde raad asseblief!
Ek oorweeg al om te trek weens die pestelensies. Enige beproefde raad asseblief!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Is die goed nie ook bkend as "wit as" nie?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Kyk bietjie hierna. Dalk help die ou se raad:
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?p=728075
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?p=728075
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Ek sal die babaolie probeer. maar ek dink nie dis dieselfde gogga nie, die besigheid is so kwart size van 'n vlieg en jy kyk hom nie mis nie! Lyk my meer white ash is 'n klein onsigbare besigheid wat jou by en jy weet dit eers later, die goed hier swerm om jou kop en raak mal as hulle swart klere sien!!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Ek hoop die raad help. Kan n ogals dink dat die goed 'n man waansinnig kan maak.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Hier in die vroeë lente kry ons die muggies op ons skietbaan. Manne praat van hulself met SAVLON smeer wat hulle glo weghou. Ek het dit nog nie self probeer nie, ek het jare terug 'n hele paar buisies "BushMan" van Australieë gekry en dit werk baie goed. Aktiewe bestanddeel is DEET en jy moet maar versigtig daarmee wees.
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Weet nou nie of dit vir daai goga van jou gan werk nie en dis taamlik duur saam..
Kakiebos olie
Maak jou vingers nat en smeer dit op jou oor lele
NIE DIE HEELE OOR NIE JY GAN DAN VAN JOU SELF AF PROBEER WEG HARDLOOP
Het dit altyd op die Swartland Rally gebruik om die Muggisd weg tehou!!
Kakiebos olie
Maak jou vingers nat en smeer dit op jou oor lele
NIE DIE HEELE OOR NIE JY GAN DAN VAN JOU SELF AF PROBEER WEG HARDLOOP
Het dit altyd op die Swartland Rally gebruik om die Muggisd weg tehou!!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Kakiebos olie werk baie goed vir muskiete ook
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Sal maar die DEET los, maar gaan die kakiebos olie definief probeer.
Ook Savlon sal probeer.
Ook Savlon sal probeer.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Is dit dan dalk ook die selfde vliegie wat jou so pla in die bosveld.Ek het dit die jaar beleef op Swartwater.As hy jou in die son vang maak hy jou mal maar in die Koelte is jy ok maar hy pla nie so baie as wat jy in die son is nie.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Probeer daai fly repellent van bob martin hou vliee weg van honde en perde! Het al op my brakke probeer en werk soos 'n bom! Daai vlieg kom nie naby die hond se ore as jy op gespuit het nie! Ek vergeet die goed elke keer as ek bos toe gaan vir daai mopanie vliegies maar is seker dit gaan werk! 
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Gooi bietjie wit asyn in 'n spuit botteljie en spuit so bietjie in die lug.
Ek weet dit werk om vliee weg te hou.
Moet net nie bruin asyn gebruik nie want dit maak vlekke. Jy kan op jou self ook liggies spuit.
Groete
Hennie.
Ek weet dit werk om vliee weg te hou.
Moet net nie bruin asyn gebruik nie want dit maak vlekke. Jy kan op jou self ook liggies spuit.
Groete
Hennie.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Kry Avon Skin-so-soft...dit werk regtig goed.
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Manne dankie vir die raad, ek gaan almal waar prakties moontlik beproef en sal terugvoer gee...
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Enige terugvoer?
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Spuit jou gras, plante, visdamme en stoepe met Chlorpyrifos. Die wetters broei op die plante - en veral by water uit. Dit sal beslis help - sommer vir die vlieë ook wat nou kop uitsteek
Herhaal elke 2 weke.
Hein M
Hein M
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Manne, nee nog nie tyd gehad vir die probeer nie, maar sal, die reën het ons nou eers biekie besig en kom min buite, die beproef en terugvoer is opi kaarte, HeinM van Tulbach, as ek sien wat jy die goeters noem, weet ek sommer jy deel my sentiment oor my liefde vir daai insekkies!!!!
Groete
Groete
- Dweetster
- Sr. Member

- Posts: 455
- Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Wa kry julle manne kakiebos olie?
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
As jy al klaar gezap/ gevreet is - smeer Tiger balm op. Kry nie daardie knop swelsels dan nie en vat die gejeuk onmiddelik weg. Rooi perdeby het my laas naweek gezap - geen probleem - binne 5 min was alles oor en verby.
Die balm is eintlik vir verrekte spiere/ kneusplekke. Die goed ruik darem nie so sterk soos Deep Heat nie maar ek dink sal die goggas weg hou ook
Vra maar jou plaaslike Chinese winkel.
Die balm is eintlik vir verrekte spiere/ kneusplekke. Die goed ruik darem nie so sterk soos Deep Heat nie maar ek dink sal die goggas weg hou ook
Vra maar jou plaaslike Chinese winkel.
- Darrylth
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Tue Jun 25, 2013 9:43 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Zambuk werk net so good vir die byteMJK wrote:As jy al klaar gezap/ gevreet is - smeer Tiger balm op. Kry nie daardie knop swelsels dan nie en vat die gejeuk onmiddelik weg. Rooi perdeby het my laas naweek gezap - geen probleem - binne 5 min was alles oor en verby.
Die balm is eintlik vir verrekte spiere/ kneusplekke. Die goed ruik darem nie so sterk soos Deep Heat nie maar ek dink sal die goggas weg hou ook
Vra maar jou plaaslike Chinese winkel.
Dus kant die boerewors gordyn..
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Ek het dit altyd by die "hebal" shops gekry...... die wat al die kruie meds verkoopDweetster wrote:Wa kry julle manne kakiebos olie?
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Die "Bytvliegies" wat julle van praat is "Black Flies" of Buffelvliegies soos ons in die Bosveld noem. Hulle byt deur jou vel te sny en dan met 'n verdowende spoeg in te spuit. En dit veroorsaak 'n klipharde bytplek amper soos 'n kors wat vreeslik jeuk. Hulle klim ook in jou moue, broekspype en waar jou broek en hemp bymekaarkom in.
Spuit maar Peacefull Sleep daar.
Groete
Dawie
Spuit maar Peacefull Sleep daar.
Groete
Dawie
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Kopskoot
Al enige terugvoer oor die voorgestelde produkte ?
Al enige terugvoer oor die voorgestelde produkte ?
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
As jy nou alles probeer het stel ek voor so 10 verkleurmannetjies op jou hoed, of hou op vir die stormers skree dan sal hulle weggaan.
groete
Jonie
groete
Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Kaapse-netvoordi-sonsak-f...-bytvliegies
Ou kan altyd daai towenaar in die Hobbit kry met daai voeltjies wat in sy hare bly en sy kop so beskuit?! Hulle behoort daai vliegies weg te hou?