Ek gaan nou my pond botter by die baksel voeg......
Ek het nou deur die hele 100 replies gelees en hier teen die einde het die lig aangegaan.....
Ons redeneer oor 'n simptoom maar ignoreer die siekte...
Beide wildboer en jagters in hierdie debat se oorsprong van hulle frustrasies is presies dieselfde - 'n paar kansvatters/slapgatte/skelm bliksems veroorsaak dat die hele jaggemeenskap nou die prys moet betaal..... Beide boere EN jagter voel ingedoen agv 'n situasie waarin hy verloor maar nie noodwendig beheer oor het nie (verlore kwesbokke vs geld verloor vir misskoot) agv ANDER mense wat droogmaak....
Die antwoord is baie eenvoudig en le NIE by die uiteinde van 'n misskoot polis- debat nie.... Gaan lees weer Carl en Ratel se skrywes hierbo..... Daar le die antwoord.
Ek is ook in dieselfde bevoorregte posisie as hulle- maar ek belowe julle - dit het my meer as 10 jaar geneem om dit te verdien. Vat nou maar my raad en probeer my maar verkeerd bewys :
Daar bestaan nie kortpaaie in die lewe meer nie- ALLES vat geduld en harde werk. Waarom sal die jagbedryf dan nou anders wees..? So my raad is- As jy lief is vir die natuur en en jag, begin ASAP om 'n verhouding met die regte boere op te bou. Nie vir jagdoeleindes nie- maar as vriend- dis tog waaroor die lewe gaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie- baie boere daar buite is ook maar poepholle/skelms, maar beslis nie almal nie. Dit geld vir jagters ook. Om 'n paar betroubare vriende (boere) op te bou wat jou lewensuitkyk/normes/idees en waardes deel vat baie lank... dis hoekom jy jouself al gister moes begin beywer het daarmee... Ek ken nie een van my vriende op wildsplase wat my sal laat betaal vir 'n misskoot nie en selfs met kwesbokke moet ek aandring en my stem dik maak om te betaal want hulle wil dit ook afskryf... En dit is nie omdat hulle te veel geld het nie- dis omdat hulle potensiele verlies baie minder is as wat ons jarelange vriendskap werd is. Ek word selfs soms genooi om 'n koedoe/gemsbok/eland verniet te kom jag en moet gereeld jag/oes uitnodigings van die hand wys agv werksverpligting... Maar dit gebeur maar eers die laaste paar jaar.
Repekteer jou mede mens en waardeer ware vriendskap en die lewe begin iewers voorkant toe weer daarvoor dividende uitbetaal. MOENIE VRIENDSKAPPE BEGIN NET OMDAT JY KAN "SCORE" NIE. Dit werk nie en mense sien baie vinnig daardeur. Werp jou brood op die water en dit kom 10voudig terug. So leer die Groot Boek ons. In die proses gaan jy ongelukkig skade kry en misbruik word. Maar mens stamp jou kop net een keer en daardie skelm boer / agterbakse jagter sien jou nie weer nie. Dis maar die skoolgeld. Maar met die tyd sif mens die koring en die kaf en pluk jy die vrugte.
Zack- ek verstaan dat jy ongelukkig voel- jy is 10 teen 1 'n goeie etiese jagter wat amper nooit mis/kwes nie. Indien dit dan wel eendag sou gebeur agv 'n bizarre onverklaarbare rede, is dit heeltemal reg dat jy verontreg voel om te moet betaal. Die punt is- as die boer jou goed genoeg sou ken, het hy dit geweet en nie die koste gehef nie. Netso verstaan ek Wouter se siening- 'n paar narre het drooggemaak op sy plaas en hy was teleurgestel deur mense wat hy vertrou het. Nou kom jy as nuweling daar aan en daar is geen manier om homself te beskerm ander om reels in te stel TOTDAT HY JOU BETER LEER KEN HET NIE.
As hy jou nogsteeds wil melk vir elke sent nadat julle mekaar al baie lank/goed ken, is julle nie vir mekaar aangewese nie en stel ek voor jy beweeg stil, dog vinnig aan na die volgende plaas/boer.
Geen geld koop goeie verhoudings nie. En goeie verhoudings bring jou baie verder as klomp dollars.
As jy eers daar is- dink jy later nie eers meer aan hierdie "nitty-gritty" soos miskoot fooie nie- want gewoonlik tel dit nie vir jou nie
Vrede



