Mis skote

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Mis skote

Post by Piet Pille »

More manne,

Ek gaan nou my pond botter by die baksel voeg......

Ek het nou deur die hele 100 replies gelees en hier teen die einde het die lig aangegaan.....
Ons redeneer oor 'n simptoom maar ignoreer die siekte...

Beide wildboer en jagters in hierdie debat se oorsprong van hulle frustrasies is presies dieselfde - 'n paar kansvatters/slapgatte/skelm bliksems veroorsaak dat die hele jaggemeenskap nou die prys moet betaal..... Beide boere EN jagter voel ingedoen agv 'n situasie waarin hy verloor maar nie noodwendig beheer oor het nie (verlore kwesbokke vs geld verloor vir misskoot) agv ANDER mense wat droogmaak....

Die antwoord is baie eenvoudig en le NIE by die uiteinde van 'n misskoot polis- debat nie.... Gaan lees weer Carl en Ratel se skrywes hierbo..... Daar le die antwoord.

Ek is ook in dieselfde bevoorregte posisie as hulle- maar ek belowe julle - dit het my meer as 10 jaar geneem om dit te verdien. Vat nou maar my raad en probeer my maar verkeerd bewys :

Daar bestaan nie kortpaaie in die lewe meer nie- ALLES vat geduld en harde werk. Waarom sal die jagbedryf dan nou anders wees..? So my raad is- As jy lief is vir die natuur en en jag, begin ASAP om 'n verhouding met die regte boere op te bou. Nie vir jagdoeleindes nie- maar as vriend- dis tog waaroor die lewe gaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie- baie boere daar buite is ook maar poepholle/skelms, maar beslis nie almal nie. Dit geld vir jagters ook. Om 'n paar betroubare vriende (boere) op te bou wat jou lewensuitkyk/normes/idees en waardes deel vat baie lank... dis hoekom jy jouself al gister moes begin beywer het daarmee... Ek ken nie een van my vriende op wildsplase wat my sal laat betaal vir 'n misskoot nie en selfs met kwesbokke moet ek aandring en my stem dik maak om te betaal want hulle wil dit ook afskryf... En dit is nie omdat hulle te veel geld het nie- dis omdat hulle potensiele verlies baie minder is as wat ons jarelange vriendskap werd is. Ek word selfs soms genooi om 'n koedoe/gemsbok/eland verniet te kom jag en moet gereeld jag/oes uitnodigings van die hand wys agv werksverpligting... Maar dit gebeur maar eers die laaste paar jaar.

Repekteer jou mede mens en waardeer ware vriendskap en die lewe begin iewers voorkant toe weer daarvoor dividende uitbetaal. MOENIE VRIENDSKAPPE BEGIN NET OMDAT JY KAN "SCORE" NIE. Dit werk nie en mense sien baie vinnig daardeur. Werp jou brood op die water en dit kom 10voudig terug. So leer die Groot Boek ons. In die proses gaan jy ongelukkig skade kry en misbruik word. Maar mens stamp jou kop net een keer en daardie skelm boer / agterbakse jagter sien jou nie weer nie. Dis maar die skoolgeld. Maar met die tyd sif mens die koring en die kaf en pluk jy die vrugte.

Zack- ek verstaan dat jy ongelukkig voel- jy is 10 teen 1 'n goeie etiese jagter wat amper nooit mis/kwes nie. Indien dit dan wel eendag sou gebeur agv 'n bizarre onverklaarbare rede, is dit heeltemal reg dat jy verontreg voel om te moet betaal. Die punt is- as die boer jou goed genoeg sou ken, het hy dit geweet en nie die koste gehef nie. Netso verstaan ek Wouter se siening- 'n paar narre het drooggemaak op sy plaas en hy was teleurgestel deur mense wat hy vertrou het. Nou kom jy as nuweling daar aan en daar is geen manier om homself te beskerm ander om reels in te stel TOTDAT HY JOU BETER LEER KEN HET NIE.
As hy jou nogsteeds wil melk vir elke sent nadat julle mekaar al baie lank/goed ken, is julle nie vir mekaar aangewese nie en stel ek voor jy beweeg stil, dog vinnig aan na die volgende plaas/boer.

Geen geld koop goeie verhoudings nie. En goeie verhoudings bring jou baie verder as klomp dollars.

As jy eers daar is- dink jy later nie eers meer aan hierdie "nitty-gritty" soos miskoot fooie nie- want gewoonlik tel dit nie vir jou nie ;) Dit hang net van jouself af of jy dit verdien.

Vrede
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Mis skote

Post by Eugene »

Dankie vir die waarheid Pieter. Baie waar wat jy sê....
Aim small, miss small
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Mis skote

Post by Dimitri »

Pieter Vorster wrote:
Beide wildboer en jagters in hierdie debat se oorsprong van hulle frustrasies is presies dieselfde - 'n paar kansvatters/slapgatte/skelm bliksems veroorsaak dat die hele jaggemeenskap nou die prys moet betaal..... Beide boere EN jagter voel ingedoen agv 'n situasie waarin hy verloor maar nie noodwendig beheer oor het nie (verlore kwesbokke vs geld verloor vir misskoot) agv ANDER mense wat droogmaak....
Pieter, I don't think it is only about the skelms / cowboys. It also covers the farmer for those shots where everybody genuinely and honestly thinks that it was a missed shot but the animal is later found dead.

As for the rest of your post, I agree 100%. When I was a young boy - about 9 years old or so - my late father took me to the late Oom Tommie Westermann's farm in Rooibokkraal. Just for the day. Just to visit and shoot a bit with the .22. My father had hunted there for a number of years and he was given free reign on the farm. I was only a young boy but when Oom Tommie called me closer and said "Let me tell you something about your father .... he is the Gentleman Of The Bush and is always welcome on my farm" I cannot tell you how absolutely proud I was of my father.

If all hunters conducted themselves as true gentlemen on the farm it would go a long way to creating trust and forming genuine friendships. And one of the benefits of that friendship and trust is often the freedom to hunt alone and on our own terms. Money can't buy that. It may take years to build the trust and friendship so be careful who you share it with because it only takes one idiot that you take along to the farm to do something stupid/unethical and the relationship with the farmer can be soured.
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Mis skote

Post by Jaco123 »

Ek voel 'n mens betaal ook nie vir mis skote nie. Die vraag is wanneer is 'n skoot mis? Elke plaas het sy reels oor wanneer 'n skoot mis is. Die Noord Kaap waar ons jag is 'n mis skoot wanneer die boer se hy is mis. As hy se dit is 'n kwes en ons kry nie die bok nie dan betaal ek die vol prys. Ek vertrou hom en dit is dit. Ongelukkig jag/skiet mens 200m - 300m van die bakkie af en mis skote gebeur. Iemand in of op die bakkie beweeg en die skoot is mis. Ons het al voor sit jag gedoen maar ek het nog niks geskiet daar nie. Van die bakkie af nomineer die boer ook die bok en kyk dan as jy skiet. Hy het 'n hond wat baie goed 'n kwes bok kan opspoor. Hy se ook dat as die hond nie bloed kry nie is dit 'n mis skoot en jy betaal niks.

Ek verstaan hoekom boere vir mis skote geld vra. Die skoot was dalk nie so mis soos jy gedink het hy was nie. Maar boere moet ook besef dat mis skote gebeur.

Mens kan ongelukkig nie meer so baie oefen soos 'n paar jaar terug nie. Gelukkig helaai ek self maar vir die manne wat nie helaai nie is dit 'n duur storie. 'n Vriend van my wou bietjie met my geweer gaan skiet op die skiet baan. Ek het nie genoeg patrone gehad vir hom nie en gedink ons sal sommer koop. Dit kos nou al R350 vir 'n pak 20 bruin PMP vir die 30-06. 3 jaar terug was die PMP Afrikan Elite al R800. Weet nie wat kos hulle nou nie, seker al oor 'n R1000. Nou verwag julle die manne moet kan raak skiet. Wat se julle? 10 skote vir elke skoot op 'n bok om te oefen. 4 bokke = 40 oefen skote. So net om te oefen kos die nie-helaai jagter R2000. Behoed sy siel as hy met die bruin pak oefen en dan op jou plaas met die PMP African Elite kom skiet. 'n Man oefen mos met die patrone waarmee hy jag. Hy mag ook nie met die bruin pak PMP jag nie want dit mors te veel vleis en die lood in die grond en al die ander goed.

Dit was maar net 10 sent.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mis skote

Post by Carl »

Jaco,
Effe van die topic af. Ek oefen nie met jag koeëls nie. Oefen gaan nie oor op dieselfde plek te skiet as X maak ammunisie nie. Oefen gaan oor die regte gewoontes, jou geweer ken, tegnieke, asemhaling ens. As my 270 met Balistic tips 2" links onder 'n groepering skiet is als reg ek stel nie eens nie. Ek skiet dan middel met die GS Custom of indien nodig stel ek vir die jag koeëls, maks 3 skote.

Dit is ongelukkig so 'n man moet ten minste oefen skote skiet. Dalk dit is dit 20 dalk 200. Daar is ook baie maniere om te oefen sonder om 'n regte skoot af te trek. Snapcaps leer 'n man , windbuks of .22.

Nee wat as jy reken daar is nie geld vir oefen dan is jag nie vir jou vriend nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Mis skote

Post by LoveHenties »

...Ek is ook sommer lus om twee van die manne se gewere wat ons vir hulle gekoop het terug te vat....
Wouter, ek sal graag my CV vir jou wil stuur. Ek het nog net gehoor van base soos jy. :)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Mis skote

Post by Eugene »

Carl, ek stem saam! Ek koop nog hier by ons 100 CCI .22 patrone vir onder R100. Jy kan snellerbeheer en vorm net so goed met 'n .22 oefen. Jy kan ook lekker oor skietstokke of ander veldposisies oefen met 'n .22 en as jy die teikens kleiner maak, kan dit lekker uitdagend wees. Koop 'n SA Jagters Rooibok/springbok teiken en laat dit verklein by 'n drukplek tot 25% van die oorspronklike grootte. Skiet nou na daai teiken op 25m of 50m. Baie goeie oefening, goedkoop en lekker ook! ;)
Aim small, miss small
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Mis skote

Post by Cor Jacobs »

Ek hoor wat almal se, en ja Pieter Vortser som dit vir my baie mooi op. Ek dink partykeer ons wat hier in Namibia bly is nogal baie gelukkig om die geleentheid op te bou om met boere en so vriende te maak waar ons jag.

Maar ek wil n ander klip in die bos gooi. Die mis skoot reel tel sekerlik nie op Springbokjagte nie? Ons is so groepie vriende hier wat probeer om elke jaar saam te gaan Springbok jag, en uit ondervinding weet ek dat n mens se "hit ratio" nooit 100% is nie.
Gelukkig waar ons jag betaal ons nie vir daai mis skote nie,(ek praat nou nie van duidelike kwes skote nie) maar ek sal graag wil hoor wat is die ander manne se ondervinding.

My Springbok jag sal taamlik onbekostigbaar raak indien ek daar vir elke mis skoot moet betaal.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mis skote

Post by Carl »

Cor,
Gewoonlik kan mens die kwes bokke mos sien in die oop wêreld. Bloed op die lyf, bok hardloop sleg, been swaai rond ens.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Mis skote

Post by Piet Pille »

Cor Jacobs wrote:Ek hoor wat almal se, en ja Pieter Vortser som dit vir my baie mooi op. Ek dink partykeer ons wat hier in Namibia bly is nogal baie gelukkig om die geleentheid op te bou om met boere en so vriende te maak waar ons jag.

Maar ek wil n ander klip in die bos gooi. Die mis skoot reel tel sekerlik nie op Springbokjagte nie? Ons is so groepie vriende hier wat probeer om elke jaar saam te gaan Springbok jag, en uit ondervinding weet ek dat n mens se "hit ratio" nooit 100% is nie.
Gelukkig waar ons jag betaal ons nie vir daai mis skote nie,(ek praat nou nie van duidelike kwes skote nie) maar ek sal graag wil hoor wat is die ander manne se ondervinding.

My Springbok jag sal taamlik onbekostigbaar raak indien ek daar vir elke mis skoot moet betaal.
Jip, Ek het gewonder wanneer die puntjie aangeraak gaan word.

Net bietjie agtergrond vir die manne- ek weet dat klompie manne frons oor die praktyk en ek wil beslis nie 'n bakkie vs stapjag debat ontketen nie. Ek gee net agtergrond om Cor se standpunt te verduidelik.
Hier in die suide van Namibie is dit die norm op 80% vd plase om springbokke van die jagkar af te skiet. 3-4 dae, 3-4 manne, 50 springbokke.....
Cor kan hier getuig- Met beide van ons laaste twee springbokjagte saam was die reaksie van die onderskeie twee boere presies dieselfde toe ons noem dat ons graag ook 'n paar springbokke te voet wil skiet- Beide het gedink ons is mal en beide het gedink ons gaan ons tyd mors. Groot was beide se verbasing toe ons wel goeie sukses kon behaal...... Nietemin, die norm bly om van die jagkar af te skiet en dan kop en nekskote..... gemiddelde afstand- 200m+. En daar word maar hard gemurmireer met onnodige lyfskote hier voor uit die bakkie uit.....

Die gevolg is dat mens maar jou bes probeer maar dat daar beslis misskote is/sal wees. Ook kwesskote. My ondervinding is darem nog elke keer dat, agv die oop terein, jy baie duidelik kan sien wanner 'n bok raakgeskiet is en 99% van die keer is 'n opvolgskoot geleentheid 'n opsie. Die omstandighede in hiedie geval dikteer die reel. Geen misskoot fooi nie. Volprys vir kwesbok. In die laaste 4 jaar het ons nog net 2 bokke uit die +- 150 verloor as ek reg onthou. En natuurlik betaal.

Ek sal miskien ook 'n nuwe topic begin oor springbokjag spesifiek- sal interresant wees om te hoor hoe die ander manne maak.

Groete
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Mis skote

Post by Cor Jacobs »

Carl wrote:Cor,
Gewoonlik kan mens die kwes bokke mos sien in die oop wêreld. Bloed op die lyf, bok hardloop sleg, been swaai rond ens.
Ek sem saam , dankie. My vraag is oor die mis skote nav die debat.

My ondervinding waar ek Springbok jag, is darem nou ook nie juis heel plat wereld nie. Dis rooi duine en strate, en baie keer lang gras. n Troppie Springbokke tel nogal vinnig spoed op oor n duin as die lood verby vlieg.

Waar ons jag, het ons so 3 manne wat saam "spot" en die spesifieke bok waarop geskiet word, word duidelik genomineer, bv. "die rammetjie 3de van regs". Sodat almal saam kyk of dit mis of kwes of dood is.

My vraag is, wat is julle ondervinding in die situasie? Word daar betaal vir die mis skote?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Mis skote

Post by PWV »

Hierdie betaal-as-jy-mis-skiet, is 'n halwe nuwe ding wat die afgelope paar jaar sy kop uitsteek.
Dus, maar moeilik om daaraan te byt, maar dit bly die boer se voorreg om die reëls te maak en dit is my voorreg om te besluit of ek daar wil jag of nie!
So, ek het geen probleem daarmee nie!
Groetnis.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mis skote

Post by Carl »

Ek het nog nie die kere wat ek in Nam gejag het nie.

Oom PW ek sê nou nie spesifieke manne sleg nie. Maar die laaste ruk het baie manne geweer gekry en jag oor die ander redes. Doodmaak een van hulle, sommige hou van die bus vol entertainment. Wat ookal dit is die manne vat nie die raaksiet so ernstig op nie. Daai dae van hier is 2 patrone ek soek 2 bokke is verby.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Mis skote

Post by PWV »

Ek verstaan, Carl. Daar is seker redes vir sulke reëls.
Waar is die dae toe ons die jagveld ast'ware as heilige grond beskou het?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Mis skote

Post by Piet Breedt »

Volgens my is die antwoord eenvoudig.

Die boer laat elke voornemende jagter eers n realistiese skiet toets ondergaan wat pas by sy plaaslikke omstandighede, en as die skut dit nie slaag nie, is hy nie bevoeg om sy staal te probeer bewys op sy bokke nie, PUNT..!

As jy dan n bok kwes, is dit eenvoudig. Jy betaal die volle bedrag.

Te veel "cowboys" word op boere se plase losgelaat met gewere op "corporate hunts", of so terloops saam genooi vir n lekker "jol"saam sy pelle, en die boer betaal vir die gelag, n week na hulle weg is.

Ek was al menigte male by waar ek nooit sulke manne op my wild sou loslaat nie. Te min respek word getoon vir die lewende dier waarop ons jag maak, deur sulke "saam vir die jol" manne.

Ek besef dat selfs die top skuts ook bokke kwes, en dit sluit myself ook in, maar gewoonlik neem sulke skuts die verantwoordelikheid vir sy dade op en doen die regte ding deur dadelik op te hou jag en soek die gekwesde bok tot hy hom kry, of doen alles in sy vermoe om die gekwesde dier op te spoor, voordat hy weer sy jag op iets anders hervat.

Ek het ak vir my foute betaal, dit is die regte ding om te doen.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Mis skote

Post by Heinz Petersen »

Ek het n vriend van my gaan help met twee groepe wat daar kom jag het. die eerste naweek was daar n groep gewees wat REGTIG nie kon skiet nie. Hulle skiet nie verder as 100m nie. Daar was n hele klomp pens skote en nie eers te praat van die kwes bokke nie.

Die volgende naweek het hy vir die ander groep gesê n mis skoot is vier honderd rand. Die rede, dat daar te veel kwesbokke is wat die manne nie wil verantwoording vat nie.
Ek het al so n onderwerp begin van wie is verantwoordelik vir kwesbokke.???

Die jagters skiet te min en nou wil hulle op die plaas kom inskiet met gewere wat nie op n 100m kan groepeer nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Mis skote

Post by Flip Nel »

Nou om 'n klip in die bos te gooi die, Iemand reel 'n "Coperate Jag) al waaraan hy belang stel is dat die manne dit geniet, hy is heel gemaklik om ekstra vir kwesbokke etc. te betaal, sy vriende is baie meer "Werd" vir hom. Nou wat maak die boer wat rerig die geld nodig het, Hier is 'n klomp ouens wat nie kan skiet nie, daar is net soveel naweeke , Knyp hy maar oog toe of verloor 'n groot paycheck. Dinge gaan partymaal swaar op 'n plaas, baie maal moet boere dinge doen wat hulle rerig nie wil nie. Nou hoe maak mens
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mis skote

Post by Jakkalsgat »

As 'n fooi vir misskote die kartonhouer jagters van my af sal weghou, vra ek van vandag af ook misskoot fooi! Moet se ek is al mooi gatvol om te hoor van wat boere en jagondernemers verkeerd doen maar kla en en hulle self beskerm deur bv. misskoot fooie te implementeer mag hulle nie. Geen wonder al hoe meer plase maak net voorsiening vir buitelandse jagters nie. Soos tereg gese is in die onderwerp as dit jou reel is jag ek nie by jou nie en sal jy nie my geld kry nie, guess what, daar is jagters wat die reel verstaan en maar te gelukkig is om 'n skoot te vat op 'n dier wat nie senuweeagtig geskiet is nie. Ek wonder net hoe kan die boer of jagondernemer maak om homself te beskerm teen 6 jagters wat by hom opdaag vir 'n naweekjag en hy ken nie een van hulle nie.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Mis skote

Post by Ratel »

Pieter Vorster wrote:More manne,

Ek gaan nou my pond botter by die baksel voeg......

Ek het nou deur die hele 100 replies gelees en hier teen die einde het die lig aangegaan.....
Ons redeneer oor 'n simptoom maar ignoreer die siekte...

Beide wildboer en jagters in hierdie debat se oorsprong van hulle frustrasies is presies dieselfde - 'n paar kansvatters/slapgatte/skelm bliksems veroorsaak dat die hele jaggemeenskap nou die prys moet betaal..... Beide boere EN jagter voel ingedoen agv 'n situasie waarin hy verloor maar nie noodwendig beheer oor het nie (verlore kwesbokke vs geld verloor vir misskoot) agv ANDER mense wat droogmaak....

Die antwoord is baie eenvoudig en le NIE by die uiteinde van 'n misskoot polis- debat nie.... Gaan lees weer Carl en Ratel se skrywes hierbo..... Daar le die antwoord.

Ek is ook in dieselfde bevoorregte posisie as hulle- maar ek belowe julle - dit het my meer as 10 jaar geneem om dit te verdien. Vat nou maar my raad en probeer my maar verkeerd bewys :

Daar bestaan nie kortpaaie in die lewe meer nie- ALLES vat geduld en harde werk. Waarom sal die jagbedryf dan nou anders wees..? So my raad is- As jy lief is vir die natuur en en jag, begin ASAP om 'n verhouding met die regte boere op te bou. Nie vir jagdoeleindes nie- maar as vriend- dis tog waaroor die lewe gaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie- baie boere daar buite is ook maar poepholle/skelms, maar beslis nie almal nie. Dit geld vir jagters ook. Om 'n paar betroubare vriende (boere) op te bou wat jou lewensuitkyk/normes/idees en waardes deel vat baie lank... dis hoekom jy jouself al gister moes begin beywer het daarmee... Ek ken nie een van my vriende op wildsplase wat my sal laat betaal vir 'n misskoot nie en selfs met kwesbokke moet ek aandring en my stem dik maak om te betaal want hulle wil dit ook afskryf... En dit is nie omdat hulle te veel geld het nie- dis omdat hulle potensiele verlies baie minder is as wat ons jarelange vriendskap werd is. Ek word selfs soms genooi om 'n koedoe/gemsbok/eland verniet te kom jag en moet gereeld jag/oes uitnodigings van die hand wys agv werksverpligting... Maar dit gebeur maar eers die laaste paar jaar.

Repekteer jou mede mens en waardeer ware vriendskap en die lewe begin iewers voorkant toe weer daarvoor dividende uitbetaal. MOENIE VRIENDSKAPPE BEGIN NET OMDAT JY KAN "SCORE" NIE. Dit werk nie en mense sien baie vinnig daardeur. Werp jou brood op die water en dit kom 10voudig terug. So leer die Groot Boek ons. In die proses gaan jy ongelukkig skade kry en misbruik word. Maar mens stamp jou kop net een keer en daardie skelm boer / agterbakse jagter sien jou nie weer nie. Dis maar die skoolgeld. Maar met die tyd sif mens die koring en die kaf en pluk jy die vrugte.

Zack- ek verstaan dat jy ongelukkig voel- jy is 10 teen 1 'n goeie etiese jagter wat amper nooit mis/kwes nie. Indien dit dan wel eendag sou gebeur agv 'n bizarre onverklaarbare rede, is dit heeltemal reg dat jy verontreg voel om te moet betaal. Die punt is- as die boer jou goed genoeg sou ken, het hy dit geweet en nie die koste gehef nie. Netso verstaan ek Wouter se siening- 'n paar narre het drooggemaak op sy plaas en hy was teleurgestel deur mense wat hy vertrou het. Nou kom jy as nuweling daar aan en daar is geen manier om homself te beskerm ander om reels in te stel TOTDAT HY JOU BETER LEER KEN HET NIE.
As hy jou nogsteeds wil melk vir elke sent nadat julle mekaar al baie lank/goed ken, is julle nie vir mekaar aangewese nie en stel ek voor jy beweeg stil, dog vinnig aan na die volgende plaas/boer.

Geen geld koop goeie verhoudings nie. En goeie verhoudings bring jou baie verder as klomp dollars.

As jy eers daar is- dink jy later nie eers meer aan hierdie "nitty-gritty" soos miskoot fooie nie- want gewoonlik tel dit nie vir jou nie ;) Dit hang net van jouself af of jy dit verdien.

Vrede
+100000

Ek wil byvoeg dat 'n moontlike probleem dalk kan le by die feit dat baie ouens noodgedwonge in die jagtydskrif gou kyk vir jag plek en bespreek. Daar is niks mee verkeerd nie maar die nadeel is dat jy en die boer mekaar nie ken nie en nie die verhouding het wat Pieter hier bo van praat nie. Kortom weet jy nie watter tipe boer jy by gaan jag nie en die boer weet nie watter tipe jagter hy kan verwag nie.
Maak 'n verskil
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Mis skote

Post by Eugene »

Jakkalsgat wrote: Ek wonder net hoe kan die boer of jagondernemer maak om homself te beskerm teen 6 jagters wat by hom opdaag vir 'n naweekjag en hy ken nie een van hulle nie.
Jaco, is maar die tamaletjie vir beide partye.... Hoe gaan 6 ywerige jagters weet die boer/jagondernemer, wat hulle ook nie ken nie, gaan hulle nie verneuk met die deposito, hoeveelheid bokke en verskuilde koste nie? Erens moet mens maar tree van geloof gee en vertroue in mekaar stel en hoop jy word nie teleurgestel nie. Gelukkig is daar aan die einde van die dag meer eerlike jagters en boere as oneerlikes, maar die vrot appels maak ongelukkig dat beide partye mekaar wantrou. Soos Zack genoem het, die "fly by nights" veroorsaak ongelukkig dat die reels strenger word en die wantrou en agterdogtigheid meer....

Wat dalk lekker sal werk, is 'n databasis deur ons "grootste" jagterorganisasie waar eerlike boere en jagters mekaar kan vind en die vrotappels genoem en vermy kan word. Dit geld natuurlik vir beide boere en jagters. Ek weet die besware en probleme met so iets sal natuurlik nou weer legio wees, maar as ons kommunikasie wil verbeter en die vort appels, veral aan jagtersgeledere wil uitsny, is dit in my opinie die beste manier....
Aim small, miss small
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Mis skote

Post by win270 »

Dit maak sin, Eugene. Alles gaan maar op die ou einde oor vertroue, respek, eerlikheid, vaardigheid. Terloops, ek dink hoe groter die groep jagters (of die sg. korporatiewe uitstappies waarvan ons hier gelees het), hoe groter is die kans dat daar iewers drooggemaak word van die jagters se kant af.

Dis maar een of ander gesonde balans wat gevind moet word d.w.s. prys, gehalte van diens, gedrag van alle partye.

Op ligter noot, dit lyk my die buitelanders skiet ook nooit mis nie ... of dalk is misskote se skades wel in hulle pryse ingereken. ++>:
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Mis skote

Post by Eugene »

Win270, ek moet vir jou eerlik sê dat meeste buitelanders baie meer toegewyd is as meeste plaaslike jagters. Ek was altyd bevooroordeeld teenoor oorsese jagters, omdat ek betrokke was by 2 baie swak groepe buitelandse jagters. Die laaste paar waarmee ek te doene gehad het, was baie professioneel en baie meer toegewyd. Baie van hulle spaar jare lank vir 'n "safari" hier en gaan dit beslis nie opneuk deur te drink tot sonsopkoms en deur swak voorbereiding nie.

Natuurlik skiet hulle ook mis, maar hulle betaal in meeste gevalle dubbeld wat ons betaal. My gevoel oor misskote van oorsese jagters is dat dit meer gaan oor verwarring oor ons bokke se "kill zones" as bloot slapg@tgeid.

Ongelukkig beteken groter groepe dat daar meer "onervare/geleentheids" jagters by is en is daar maar foute daar. Dit beteken ook meer geld in dagfooie en bokke geskiet, met gepaardgaande groter moeite vir die boer.... Op ten minste 2 van die plase waar ek jag, vat die boer nie meer as 6 jagters op 'n jag nie, vir juis bovermelde rede.
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mis skote

Post by Carl »

More Manne
Gou vir julle wys hoe lyk 'n "misskoot Oom"
https://lh5.googleusercontent.com/-nOigiYyUWbQ/U41SufPmkMI/AAAAAAAAFAA/2UVSHDNc1qI/w450-h800-no/20140530_121155.jpg
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Zack Benade

Re: Mis skote

Post by Zack Benade »

Carl

Geen dier wat ek ken is al dood van 'n misskoot nie. Dis gewoonlik kweskote wat die dier laat sterf.

Alles kom in by kwaliteit en akkuraat roep maak tussen kwes skoot en 'n misskoot.
Dis waar boere en gidse inkom.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Mis skote

Post by johans »

Zack Benade wrote:Carl

Geen dier wat ek ken is al dood van 'n misskoot nie. Dis gewoonlik kweskote wat die dier laat sterf.

Alles kom in by kwaliteit en akkuraat roep maak tussen kwes skoot en 'n misskoot.
Dis waar boere en gidse inkom.
zack nou hoe gemaak waar ek nie gidse het nie,ek laai die jagters in die veld af.ek kan mos nie by elke ou wees as hy n skoot skiet nie.dis mos grootmense hulle moet mos verantwoordelikheid kan vat?
Post Reply